TV Plus (Afrikaans)

Oorgemaak en opgeknap

Daar is hope franchise-vernuwings om op Showmax te stroom.

-

Voel jy steeds vasgevang deur die inperking? Raak ontslae van die Covid- depressie deur ouskool vermaak met ’n moderne vernuwing te herleef. Hier is ’n paar flieks en reekse wat splinternu­ut is danksy hul oormaakses­sie, nou op Showmax beskikbaar.

OCEANS 8

Dié fliek van 2018 is ’n opgeknapte weergawe van die oorgemaakt­e Ocean’s 11-fliek van 1960 met Frank Sinatra, Sammy Davis jr. en Dean Martin. George Clooney, Brad Pitt en Don Cheadle het in 2001 oorgeneem met Ocean’s Eleven. In dié jongste weergawe, waarin net vroue speel, vertolk Sandra Bullock die suster van George Clooney se karakter, Danny Ocean. Sy het ’n dodelike span met Cate Blanchett, Anne Hathaway, Rihanna en Mindy Kaling wat ’n juweliersr­ooftog beplan wat Danny trots sal maak.

JURASSIC WORLD

Die oorspronkl­ike Jurassic Park-flieks van die 1990’s – ook op Showmax te sien – is in 2010 afgestof. Allen en Ellie (Sam Neil en Laura Dern) is weg, maar Ian Malcolm (Jeff Goldblum) word teruggesle­ep, tesame met Chris Pratt en Bryce Dallas-Howard, die nuwe helde. Maar mense word steeds geëet en die dinosourus­se maak weer amok. Hulle is dié keer net baie meer realisties en skrikaanja­end danksy rekenaarge­skepte verbeterin­gs en Ingen (die bio-ingenieurs­wesemaatsk­appy) se drang om prehistori­ese roofdiere te muteer.

BUMBLEBEE

Hierdie fliek is ’n opknapping van die hoogs suksesvoll­e Transforme­rs-franchise (2007-nou, Showmax het almal op sy skedule). Onthou julle nog vir Bumblebee, die geel Chevy Camaro van die eerste fliek? Dié weergawe gaan terug na 1987, tot voor Bee Sam Witwicky (Shia LaBeouf) gevind het en teen Megatron baklei het vir die AllSpark. Bee is ’n klein, geroeste VW-kewer, en hy vind aansluitin­g by ’n jong vrou wat by ’n skrootwerf werk terwyl hulle hul plek hier op Aarde probeer bepaal.

21 JUMP STREET

Die ikoniese polisiepro­gram van die 1980’s, 21 Jump Street (met Johnny Depp), het in 2010 ’n komedie-oormaakses­sie gekry met Jonah Hill en Channing Tatum as die onpaar polisiemaa­ts Schmidt en Jenko. Daar is ook ’n tweede fliek (22 Jump Street, ook op Showmax). In albei soek hulle na dwelmhande­laars. Dit sluit ook kameerolle van die oorspronkl­ike spelers in.

KING KONG

Dié fliek is in 2005 oorgemaak en geskoei op die 1933-fliek oor die reuse-aap wat Manhattan terrorisee­r nadat hy van Skull Island verwyder is. Dis ’n slim draaiboek met sterre soos Jack Black, Naomi Watts en Adrien Brody wat in tyd teruggaan na 1933. Weens ’n reeks ongelukke, beland hulle op Skull Island, waar Kong ’n band vorm met Naomi se karakter voor hulle hulle op die Empire State-gebou bevind.

MISSION: IMPOSSIBLE FALLOUT

Dié fliek is ’n oorgemaakt­e weergawe vir TV met Tom Cruise en sy span wat die 1966-reeks vernuwe wanneer agent Hunt (Tom) opdrag kry om gesteelde plutonium te koop. Dis die sesde fliek in die oormaak-franchise, maar dis oukei as jy nie die voriges gesien het nie – dié fliek is losstaande. En agent Hunt het genoeg speelgoed om die ruimteorga­nisasie Nasa jaloers te maak.

 ??  ?? Die Oceans-franchise kry ’n nuwe voorkoms met die bende vroue in dié misdaadfli­ek.
Die Oceans-franchise kry ’n nuwe voorkoms met die bende vroue in dié misdaadfli­ek.
 ??  ?? Bumblebee het ’n nuwe vriendin.
Bumblebee het ’n nuwe vriendin.
 ??  ?? Agent Hunt (voor) en sy span kry byna onmoontlik­e sendings.
Agent Hunt (voor) en sy span kry byna onmoontlik­e sendings.
 ??  ?? Kong is terug!
Kong is terug!
 ??  ?? Die onbeholpe polisievri­ende Schmidt (links) en Jenko.
Die onbeholpe polisievri­ende Schmidt (links) en Jenko.
 ??  ?? Daar’s nuwe dinosourus­drama.
Daar’s nuwe dinosourus­drama.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa