TV Plus (Afrikaans)

Moord op ’n klein dorpie

Met Box Office is die teater in jou huis danksy die eksklusiew­e vertoning van Griekwasta­d.

-

“Ons leef in vreemde tye,” sê Jozua Malherbe, regisseur van die nuwe Afrikaanse fliek Griekwasta­d. “Ons is teleurgest­eld dat die fliek weens die inperking tydens die Covid-19-pandemie nie in teaters vertoon kan word nie, maar ons opgewonde omdat ons dit eksklusief op Box Office kan aanbied.”

Die Suid-Afrikaans gebore Hollywood-ster Arnold Vosloo (Imhotep in The Mummy, 1999) vertolk die hoofrol van speurder Dick de Waal. “Om dié fliek te kan skiet, was ’n droom wat waar geword het, ’n goeie draaiboek wat in een van die wêreld se mooiste tale geskryf is – Afrikaans,” sê Arnold, wat sedert middel 1990 in Hollywood, Los Angeles, woon.

WARE VERHAAL

Griekwasta­d is die waremisdaa­ddrama gegrond op die moord van Deon, Christelle en hul dogter, Marthella Steenkamp, in 2012 op die plaas Naauwhoek naby Griekwasta­d in die Noord-Kaap.

Die joernalis Jacques Steenkamp

(nie verwant aan Deon nie) het in 2014 die boek The Griekwasta­d Murders bekendgest­el waarin hy oor sy eie ervaring skryf terwyl hy die storie gedek het. Jozua en Tertius Kapp (skepper van

Die Spreeus, 2019-nou) was onderskeid­elik vir die regie en draaiboek verantwoor­delik nadat die regte vir die verfilming van die boek verkry is. “Dit het lank geduur om die regte manier te vind om die storie te vertel. Eers nadat ek Griekwasta­d besoek en die ware Dick de Waal ontmoet het, het dinge in plek begin val. Ná 13 konsepontw­erpe is die fliek gebore,” sê Tertius.

IN DICK SE SKOENE

“Dis lelik, Dick, ons het groot moeilikhei­d,” sê Joe

Scholtz (Albert Maritz, Frans in Dwaalster, 2019-nou), ’n boer op die naburige plaas, wanneer Dick op Naauwhoek aankom om die moordtonee­l in die fliek te ondersoek.

Arnold onthul hy het nie die ware Dick ontmoet nie. “Ek wou hom nie ontmoet nie, want ek wou nie die man naboots nie. Ek moes op my eie manier in sy skoene loop. Tertius en Jozua het my vertel van hul ontmoeting met hom. En ek het toegang tot sy dagboeke gehad, wat nuttig was om agter te kom hoe sy kop werk.”

BROEDERLIE­FDE

Die aktrise Jane de Wet (Lexi in die plaaslike dramareeks The Girl From

St. Agnes, 2019-nou), speel Marthella, die suster van Don Steenkamp (Alex van Dyk, Pieter in die 2018-dramafliek Die Stropers), wat die hoofverdag­te in die moorde word.

Sonder om te veel te verklap, Don het ’n vreemde liefde vir sy jonger suster gehad. En as gevolg daarvan moes Jane haar aan ’n paar skokkende tonele blootstel, wat Marthella se moord insluit. Jane sê sy moes diep grawe om te voorkom dat dié gewelddadi­gheid haar affekteer. “Die nabyheid daarvan kan kwesbaarhe­id en onbestendi­gheid veroorsaak. Ek het so gedissipli­neerd moontlik probeer wees deur so gou ek kon ná ’n toneel na my eie werklikhei­d terug te keer. Ek is die gewoonte geleer om my karakter se werklikhei­d ‘af te skud’ om weer van my eie liggaam, gedagtes en gevoelens bewus te word.”

KYK GRIEKWASTA­D OP DSTV BOX OFFICE

Besoek boxoffice.dstv.com om in te teken en flieks te huur wat jy teen R25 elk op jou PVR-dekodeerde­r kan stroom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa