TV Plus (Afrikaans)

Van Lucia

- Stuur jou kommentaar na tvplus/ Jy vra, Posbus 784161, Sandton 2146, of e-pos dit na tvplus@media24.com of SMS dit na 35982 met die woorde TVPLUS YOUASK en jou naam. R1,50/SMS.

Dit het soos ’n ewigheid gevoel, maar ons is uiteindeli­k weer op die rak. Ons is oorval met boodskappe van mense wat wou weet hoekom tvplus nie te koop is nie, waar hulle dit kan kry en wanneer dit weer beskikbaar sal wees. Dit gaan my soveel plesier verskaf om weer ’n tvplus in ’n winkel te sien. Maar as jy nuuskierig is oor alles wat jy misgeloop het in die vorige drie uitgawes wat net digitaal uitgegee is, kan jy gerus op Netwerk24 gaan loer. Vir net R99 kan jy al die tydskrifte en koerante in ons stal na hartelus lees. En tvplus is ook daar. Probeer dit en dalk is jy verbaas oor hoe maklik dit is om aanlyn te lees. Al is ons inperking nou tot vlak 4 verlig, het die korona-pandemie steeds ’n massiewe impak op programme. In Amerika is die verfilming van Bold en Y&R stopgesit (lees meer op bl. 32) en kykers daar sien nou net spesiale episodes, soos troues. Verfilming, plaaslik en internasio­naal, sal geleidelik weer begin. Intussen, lekker lees en kyk!).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa