TV Plus (Afrikaans)

CASTLE ROCK

-

Seisoen 2 M-Net (*101)

22:00 Episode 2 (sci-fi) Saterdag 23 Mei

Kathy Bates het die Oscar gewen as beste aktrise vir haar rol as die psigotiese houtkapper Annie Wilkes in die 1990-fliek van Stephen King se roman Misery. ’n Ietwat jonger weergawe van die karakter word uitgebeeld in Castle Rock (2019-nou), vertolk deur Lizzy Caplan ( Virginia in Masters Of Sex, 2013-2016). Annie is ’n verpleegst­er en enkelma wat van haar verlede probeer wegkom. En te oordeel na die seisoen se eerste episode, kan sy ’n skep roomys in iemand se keel afdruk sonder om ’n oog te knip.

Hoe het Lizzy by haar weergawe van Annie, met haar vreemde platvoet gewaggel, uitgekom? “Ek is nie lank of fisiek imposant nie, ek moes dus probeer om iets te doen wat verontrust­end was,” sê sy. “Daar is ’n reël in die boek wat sê Annie klink na ’n vals liedjie wanneer jy met haar praat – dit was heeltyd in my kop. Ek wou iets effens bisar hê en mense op die agtervoet dwing. Dit lyk of Annie se manier van loop net reg is.” Sy is ook ietwat van haar wysie af, voeg Lizzy by. “Sy het nie ’n spesifieke afwyking nie. Sy gebruik haar eie medikasie, wat sommige van haar simptome vererger.”

 ??  ?? Die bylswaaien­de Annie maak seisoen 2 van Stephen King se Castle Rock nóg grillerige­r.
Die bylswaaien­de Annie maak seisoen 2 van Stephen King se Castle Rock nóg grillerige­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa