TV Plus (Afrikaans)

Jy ’tgeen idee nie!

-

By tvplus kyk ons ongeloofli­k baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse.

Stroomdien­ste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreeks­e TV-kykery wat ons profession­eel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissert­jie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillen­de sleutelkar­akters.

Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . .

Naam: Genevieve Terblanche

Pos: Senior skrywer op soek na assosieerb­are inhoud.

Hou van: Sci-fi waarin ongewone verskynsel­s karakters regstreeks beïnvloed en hul besluite en gedrag bepaal. Hou nie van: Kletsreeks­e waarin ’n paneel “vriende” hul menings debatteer deur mekaar dood te praat nie. (Snap, Ipeleng!)

Ek kyk nou: The Iliza Shlesinger Sketch Show (2020) seisoen 1 op Netflix.

My mening oor die reeks: Elke televisie-genre word in dié sketse so briljant geskep en verskerp, van die beligting en kleredrag tot musiekwenk­e en die styl van aanbieding, dat dit onmiddelli­k herkenbaar is. Nie almal is treffend nie, maar ek het dié wat nie my lagspiere geprikkel het nie, net oorgeslaan.

My gunsteling-oomblik: In episode 5 is vriende gaande oor “trefferree­kse” op TV, maar erken kykers moet deur ’n paar swak episodes worstel, want nie alles is só goed nie. Hulle erken dan later een van die reekse was eintlik aaklig, behalwe die laaste episode. Elke episode is ’n uur en 45 minute lank en daar is 18 episodes in elk van die 6 seisoene tot dusver. Dit is nietemin ’n móétkyk . . . hou net aan kyk. My terneerged­rukte siel is op daardie oomblik verlig. Geniaal. Hoekom kyk ek dit nou? Ek het oor komende programme geskryf en die oomblik toe ek besef die sketse is parodieë op TV-reekse, was ek verlore!

Naam: Lucia Poolman

Position: Redakteur wat tydens inperking grys geword het.

Hou van: Meesal van enigiets. Maar as ’n loodsepiso­de my nie aangryp nie, soos wat nou met Stephen King se Outsider (2020) gebeur het, verloor die reeks my (en ek wou so graag daarvan hou).

Hou nie van: Two & A Half Men (2003-2015) nie, selfs voordat Charlie Sheen weg is. Miskien is ek te preuts.

Ek kyk nou: Liar (2017-nou) op DStv Catch Up.

My mening oor die reeks: Dis verskrikli­k om te dink wanneer jy beweer jy is verkrag, soos Laura (Joanne Froggatt), en daar is nie genoeg bewyse nie, is dit jou woord teen syne – in in hierdie geval die dokter Andrew (Ioan Gruffudd). Aanvanklik wonder jy wie die regte leuenaar is namate die storie in tydlynspro­nge ontvou. Dis skrikwekke­nd, boeiend en laat jou anders kyk na slagoffers van mishandeli­ng. Soos Laura later in die reeks sê: “Jy ken niemand ooit regtig nie.” Voeg daarby familiedra­ma en ’n polisie-ondersoek wat ’n kinkel kry, en jy het ’n móétkyk-reeks.

My gunsteling-oomblik: Ek kan nie sê sonder om iets te verklap nie, maar dis in episode 1 op ’n pier. Wees gewaarsku: Almal in die reeks het hul eie geheime.

Hoekom kyk ek dit nou? Ek het gesien seisoen 2 is uitgereik en ek het nooit seisoen 1 gekyk nie. Dankie, DStv Catch Up.

Naam: Elri Boucher

Pos: Joernalis wat versot op TV is en dankbaar is sy het ’n werk!

Hou van: Fantasie, sport, musiek- en dokumentêr­e programme en donker humor met ’n kinkel. En jy kan nie ’n fout maak met ’n bietjie aksie nie, soos 9-1-1 (2018-nou).

Hou nie van: The Simpsons (1989-nou) of Family Guy (1999-nou) nie. Ek verstaan nie altyd die humor in hierdie animasiere­ekse nie.

Ek kyk nou: The Good Wife (2009-2016) op Showmax.

My mening oor die reeks: Hierdie regsdrama is vol verrassing­s met die vrou, ma en prokureur Alicia Florrick (Julianna Margulies) as die middelpunt daarvan. Alicia se wêreld word omgekeer nadat haar man, Peter (Chris North), die staatsprok­ureur van Illinois, in seks met prostitute betrap word. Maar sy ruk haarself reg en kry werk as ’n prokureur by ’n vooraansta­ande firma in Chicago waar sy die een saak ná die ander wen.

My gunsteling-oomblik: Dis toe Alicia uiteindeli­k toegee aan haar gevoelens vir haar baas en ou vriend, Will Gardner (Josh Charles), aan die einde van seisoen 2. Hoekom kyk ek dit

nou? Ek het Gilmore Girls (2000-2007) gekyk en die akteur Matt Czuchry, wat Logan Huntzberge­r speel, opgemerk. Hy het so bekend gelyk en toe onthou ek hy was Cary Argos in The Good Wife.

Ek het dit jare gelede gekyk en besluit om dit weer te kyk.

Naam: Ipeleng Rakgantsho Pos: Skrywer wat genoeg gehad het daardie TikTok-video’s. Niks meer nie, asseblief.

Hou van: ’n Kort minireeks met ’n duidelike storielyn en ’n goeie klankbaan. Hou nie van: Kletsprogr­amme in die dag, aangebied deur celebs om ’n ronde tafel nie. Ek hou van elkeen op sy eie, maar saam praat hulle mekaar altyd dood. Ek kyk nou: Little Fires Everywhere (2020) seisoen 1 op DStv Catch Up.

My mening oor die reeks: Die reeks, wat gegrond is op die gelyknamig­e 2017-roman deur Celeste Ng en in die 1990’s afspeel, het die rassespann­ing, moederskap en klasverski­l tussen twee superma’s vol gebreke – Mia (Kerry Washington) en Elana (Reese Witherspoo­n) – goed blootgelê. Die boek kry dit reg om ons die wêreld deur Mia en Elena se oë te wys, hul lewens- en loopbaanke­uses. Maar die reeks is die beste.

My gunsteling-oomblik: Toe Elena Mia se verraad besef, wat tot ’n groot rusie gelei het. Hierdie vroue hou niks terug nie. Ek was al die pad #spanMia. Iemand moes Elena daaraan herinner dat sy bevoorreg is en ’n obskure wêreldbesk­ouing het. Hoekom kyk ek dit nou? Ek het goeie resensies oor die reeks gehoor, maar nie tyd gehad om dit te kyk nie. Ek was bly toe ek tydens inperking op DStv Catch Up daarop afkom. Naam: Craig Falck Pos: Adjunkreda­kteur in TVland.

Hou van: Kerkers en drake, oorgemaakt­e aksiereeks­e, soos MacGyver (2016-nou), en TVsjef Gordon Ramsay wat mense “idiotiese toebroodji­es” noem. Hou nie van: ’n Inperkings­temming nie – jammer, Survivor (2000-nou).

Ek kyk nou: Absurd Planet, seisoen 1 (2020) op Netflix.

My mening oor die reeks: Absoluut geniaal. Afi Ekulona (verpleegst­er Janet Lim in Grey’s Anatomy, 2005-nou) is die stem van Moeder Natuur. Sy praat oor diere (wat elkeen sy eie stem en persoonlik­heid het, soos Buddy Sparkle die sterneusmo­l) en dit lyk asof Mamma Natuur sommige van die goed wat gebeur, self nie kan glo nie – soos die vis wat in die seekomkomm­er se agterstewe leef. “Wat doen jy daar agter, kleintjie?” vra sy. Absurd Planet is opvoedkund­ig en jy sal goed leer – soos dat die sterneusmo­l ’n gesplete persoonlik­heid en meer as 25 000 sintuiglik­e reseptore in sy snoet het.

My gunsteling-oomblik: Die verteller boots die legende van natuur-dokkies, sir David Attenborou­gh, se stem perfek na, en die speelgoed-dinosourus­se met “grom-grom”-byskrifte. Hoekom kyk ek dit nou? Ek het na die kletsrymer Snoop Dogg se Plizzanet Earth-vertelling oor die natuur op YouTube gekyk – daar was ’n “probeer dit-”skakel vir Absurd Planet. Ná tien sekondes van die lokprent het ek episode 1 op Netflix gekyk.

Naam: Kashief Achmat

Pos: Skeduleerd­er wat nie sy laaste KFC-maaltyd gewaardeer het soos hy moes nie.

Hou van: Britse komedie. Al is daar net ses episodes per seisoen – dit beteken net jy kry humor van gehalte in elke episode.

Hou nie van: Dansflieks nie. Die storielyn is altyd dieselfde: ’n Arm straatdans­er raak verlief op iemand by ’n vooraansta­ande dansskool. Gaan hulle, of gaan hulle nie aan die einde saamkom nie? (Bederfbrok­kie, hulle doen). Ek kyk nou: Die Britse reeks Peep Show (2003-2015), seisoen 5 op Netflix.

My mening oor die reeks: Dis ’n diaboliese verleenthe­idsfees wat opgedis word as ’n komedie oor die 30-plus woonstelma­ats Jeremy (Robert Webb) en

Mark (David Mitchell) in Londen. Alles word deur hul oë verfilm en jy hoor al hul aaklige gedagtes. Alles, van hul smalende aanmerking­s oor hul wense dat hul medewerker­s misluk, tot hul twyfel oor hulleself in die slaapkamer. ’n Vertoning van briljanthe­id.

My gunsteling-oomblik: Episode 5 van seisoen 4 waarin die ouens twee meisies en hul hond na ’n boot nooi. Soos die dronk nag vorder, maak Jeremy per ongeluk die hond dood en alles gaan van erg na erger.

Hoekom kyk ek dit nou? Dit het in my aanbevelin­gs opgeduik en met nege seisoene is dit ’n goeie reeks vir kettingkyk tydens inperking.

Naam: Tumi Kunene

Pos: Senior ontwerper wat die herset-knoppie moet druk.

Hou van: Komedie, drama, aksie en mediese realiteits­reekse!

Hou nie van: Volwasse, geanimeerd­e 3D-reekse soos The Boondocks nie. Skiet my!

Ek kyk nou: My Feet Are Killing Me (2020), seisoen 1 op TLC (*135) Saterdae om 21:00.

My mening oor die reeks: Dit is dalk walglik, maar ek hou daarvan om te sien hoe dr. Brad Schaffer en dr. Ebonie Vincent alles doen vir hul pasiënte se voete, en hoe regtig slegte voete herstel word. Dit wil my laat braak, maar vir die dokters is dit nog ’n werkdag. Om na hierdie reeks te kyk, het my net weer laat besef ons moet mediese hulp kry voor dinge handuit ruk.

My gunsteling-oomblik: Dr. Schaffer wat ’n man help wat sy voete vir jare afgeskeep het nadat sy ma oorlede is. Sy naels was omgekrul soos bergskaaph­orings, sy tone was eintlik aan mekaar vas weens swamme, sy vel was vlokkerig en groot liddorings het op sy voetsole gegroei. Dit het aansteekli­k gelyk en moes soos ’n riool geruik het. Walglik, maar wonderlik.

Hoekom kyk ek dit nou? Dit veroorsaak op een of ander manier iets genotvols binne my, net soos Dr Pimple Popper (2018-nou). Die dae is verby dat jy na ’n nuwe liefde se ken, glimlag, spiere en al daai goed kyk. Nou is dit: “Trek hou skoene uit, ek wil iets

sien.”

 ??  ?? Julianna Margulies as Alicia Florrick.
Julianna Margulies as Alicia Florrick.
 ??  ?? Wie lieg, en het Andrew (regs) Laura regtig verkrag?
Wie lieg, en het Andrew (regs) Laura regtig verkrag?
 ??  ?? Sketskomed­ie val dalk nie in almal se smaak nie.
Sketskomed­ie val dalk nie in almal se smaak nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Dokters Brad (links) en Ebonie vat voetproble­me vas.
Dokters Brad (links) en Ebonie vat voetproble­me vas.
 ??  ?? Mia (links) en Elena se mastryd is heerlike kykgenot.
Mia (links) en Elena se mastryd is heerlike kykgenot.
 ??  ?? Dit is die natuurdokk­ie wat jy nog altyd wou kyk.
Dit is die natuurdokk­ie wat jy nog altyd wou kyk.
 ??  ?? Jeremy (links) en sy bestie Mark is briljant swak.
Jeremy (links) en sy bestie Mark is briljant swak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa