TV Plus (Afrikaans)

Hoërskool-musiekflie­ks is dood op Disney-kanaal

Zombies 2 is terug uit die graf op DStv hierdie Mei.

-

Die eerste Disney-zombie-fliek in 2018 het rasieleier­s, hoërskoolk­lieks, konserwati­ewe klein dorpe en lewend-dooie studente bymekaar gevoeg. Dit het ’n sterk boodskap oor die aanvaardin­g van mense vir wie hulle is, lewend of lewend dood.

“Dis ongeloofli­k dat kinders met hierdie flieks kan grootword, want hulle het altyd ’n boodskap om aan die wêreld te vertel. Dis ook pret om daarna te kyk. Die karakters sing en dans, wat my laat glimlag,” sê Meg Donnelly, wat die blonde pompon-meisie Addison in die flieks speel.

In Zombies 2 is Addison steeds saam met haar oulike voetbalste­r-zombiekêre­l, Zed (Milo Manheim). Sy is ook liewer vir haarself. “Addison is meer selfversek­erd as voorheen. Sy probeer steeds uitvind tot watter groep sy behoort – maar sy’s ’n bietjie meer volwasse. Sy was eers baie skaam, maar dit het verander. Sy kom nou op vir die dinge waarin sy glo,” sê Meg.

Maar as haar dorp nie heeltemal gereed was vir zombies nie, wonder ons wat hulle sal doen wanneer ’n trop weerwolwe opdaag. Addison voel vreemd aangetrokk­e tot die trop wolwe. “Hul storie is sentraal in die misterie van die fliek,” sê Meg. “Ek is opgewonde dat mense hul kant van die storie sien en waar hulle vandaan kom. Daar is zombies en weerwolwe, wat spookagtig klink, maar eintlik verteenwoo­rdig hulle mense uit verskillen­de agtergrond­e. Dis baie interessan­t om die wisselwerk­ing tussen die zombies, weerwolwe en mense te sien.”

HARDE WERK

Om ’n fliek oor zombies te maak beteken ’n klomp werk agter die skerms. “Ons het vier weke lank gerepeteer voor ses tot sewe weke se verfilming,” sê Meg. “Ons moes elke dag ’n ander dans leer sodat ons die bewegings in ons kop kon hê wanneer die verfilming begin.” En daar was min kans vir rus, voeg Meg by: “Ons moes ook proewe met hare en grimering doen. Ons het filmtoetse gedoen om te sien hoe die kostuums op die skerm lyk. Ons moes kostuums aanpas en liedjies opneem. Die repetisiew­eke was dol.”

VIND DIE MAATSLAG

Elke sosiale groep in die nuwe Zombiesfli­ek het sy eie musiekstyl. Die rasieleier­s sing pop, die zombies slof saam op hip-hop, en die weerwolwe sluip rond en tjank in ’n anderwêrel­dse styl. Die musiekstyl­e sluit regstreeks by hul danse aan. “Die mense is pompons, dus het hul style baie duidelike, saamgevoeg­de bewegings. Die zombies hou van hip-hop, derhalwe is daar baie vryvloeien­de bewegings. Die weerwolwe geniet als wat met die voete te doen het. Hulle hou naby die grond.

Dis regtig baie koel om te sien hoe al drie bymekaar kom,” onthul Meg.

IN DIE WOUD

Die buite-opnames vir die fliek is in Toronto in Kanada geskiet. “Die verfilming in die woud in die nag was nogal erg spookagtig. Ek was vreesbevan­ge! Ek is bang vir die donker dus was ’n woud in die nag beslis vir my die skrikwekke­ndste deel. Dit voel asof elke gruwelflie­k in die nag in die woud geskiet is. Gewoonlik in ’n hut. Kan jy jou indink om op Halloween in die pikdonker nag na ’n spookagtig­e hut te gaan? Of ’n begraafpla­as? In Los Angeles is daar elke week ’n fliekaand by ’n begraafpla­as. Jy kyk flieks terwyl jy tussen die grafte sit. Ek sal dit nie kan doen nie.”

BOELIES EN TROLLE

Zombies 2 gaan voort met die eerste fliek se anti-boelie-boodskap. “Boelie is ’n belangrike tema, aangesien zombies mishandel is weens hul voorkoms en wat mense van hulle gedink het. Vooropgest­elde idees is nie noodwendig die waarheid nie.” Meg het self ’n stryd met boelies gehad sedert haar opgang tot zombieroem, veral aanlyn. “Ek het met trolle te doen gehad, maar jy moet onthou trolle is aanlyn om jou te pes. Dis hul werk. Dit is niks persoonlik­s nie. Hulle wil hê jy moet reageer. Aanlyn trolle is boelies, niks meer nie.”

• Zombies 2 word regdeur Mei herhaal op die Disney-kanaal (*303), of kyk dit op DStv Catch Up.

 ??  ?? Zed en Meg het meer pret as lewende dooies in Zombies 2.
Zed en Meg het meer pret as lewende dooies in Zombies 2.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa