TV Plus (Afrikaans)

Ruilkuier-avonture

Deelnemers ruil gesinslede uit in die nuwe realiteitr­eeks.

-

Myne Vir Joune Seisoen 1 Dinsdae VIA (*147) 20:30 (begin 26 Mei)

Sien jy kans om vir vier dae by ’n ander gesin te bly en by hul doen en late in te val terwyl iemand anders hul plek by jou gesin inneem? Dis presies wat gebeur in die nuwe program Myne Vir Joune. Buiten dat dit twee gesinslede is wat plekke ruil met twee ander. Boonop is daar geld op die spel. “Elkeen van die gaspare kry R5 000 om die gesin waar hulle kuier se lewe op ’n emosionele, geestelike of finansiële manier te verbeter,” sê Amor Engelbrech­t, vervaardig­er van die reeks.

“Kykers kan ’n hoogs emosionele reeks verwag,” sê sy. “Gesinne maak hul harte oop vir mekaar en ook vir die vreemdelin­ge wat meestal wegstap as nuwe hartsvrien­de. Maar natuurlik somtyds as nuwe aartsvyand­e,” voeg Amor by – want wat sal ’n realiteits­reeks dan nou wees sonder drama?

OORSPRONKL­IK

Internasio­nale reekse, soos Wife Swap (2015-nou), waartydens ’n man se vrou met ’n ander getroude vrou plekke ruil, verskil effens van Myne Vir Joune. “VIA se kanaalhoof, Izelle Venter, wou graag ’n ruilkuier program op VIA sien, maar wou juis ’n oorspronkl­ike SuidAfrika­anse formaat skep pleks van dit op ’n oorsese formaat te grond,” sê Amor. Dus fokus Myne Vir Joune vir 13 episodes op die gesin en hoe twee buitestand­ers ’n impak op die familieeen­heid kan maak en self ook iets uit die proses kan leer.

AANPAS, INSIG EN ERVARING

Die reeks is in die Wes-Kaap verfilm en die ruilkuiers vind van ’n Saterdag tot ’n Dinsdag plaas. “Die Saterdag en Sondag trek die gaspaar by die ruil-familie in en gebruik die tyd om die gesin te leer ken en insig in hul lewenswyse te kry,” verduideli­k Amor. “Maandag en Dinsdag kry die gaspaar die geleenthei­d om vanuit hul ervaring en die kennis wat hulle die vorige twee dae opgedoen het, die gesin by wie hulle kuier se lewe met die R5 000 te verryk.”

Aan die einde van die vier dae los die gaspare ’n video vir die terugkeren­de lede waarin hulle vertel van hul ervaring en in sommige gevalle raad gee oor hoe hulle hul gesin beter kan hanteer en verstaan.

DEELNEMERS VERTEL

Marizaan Bredenkamp (32), ’n menslike hulpbron-praktisyn van die Paarl, sê sy was aangetrokk­e tot die program omdat “dit ’n gunstige bydrae tot mense se lewens wil lewer”. Sy en haar 12-jarige dogter, Irishin, het plekke geruil met twee lede van die Vissergesi­n wat op ’n lusern- en-mielieplaa­s naby Wellington woon. “Ek onthou ek

het juis gehoop ek beland nie op ’n plaas nie, maar toe ek my oë uitvee, was ek op een,” vertel Marizaan laggend.

“Ek was aangenaam verras deur die hele ervaring,” voeg sy by. “Ek het my skootreken­aar saamgevat om te werk wanneer ek ’n kans kry, maar uiteindeli­k het ek skoon van die rekenaar vergeet en net die tyd saam met die Vissers opreg geniet.”

Die belangriks­te les wat Marizaan en haar dogter by die Vissers geleer het, is om jou kinders van jongs af aan te moedig om onafhankli­k te wees en entreprene­uries ingestel te wees. “Die Visser-kroos bestuur reeds op die ouderdom van 13 ’n trekker en ’n motor en help hul pa met die boerdery. Hulle hoef nie gevra te word om sekere take te verrig nie, hulle doen dit net. Ek dink dis ’n goeie begin om jou kind vir die grootmensw­êreld gereed te kry.”

Marizaan het tydens haar kuier opgelet daar is ’n tekort aan kommunikas­ie tussen die Visser- gesin en hul plaaswerke­rs. “Ek het die R5 000 gebruik om ’n groot feesmaal vir die plaas te reël waartydens die Vissers en die plaaswerke­rs om ’n groot tafel kon sit en heerlik saam eet en kuier.

Dit het weer eenheid en kommunikas­ie bewerkstel­lig.” Marizaan het ook ’n deel van die geld gebruik om ’n naweek weg by ’n vierster-lodge vir die Visser- egpaar te reël vir ’n bietjie alleentyd.

Henk Otto (43), ’n opvoedkund­ige uitgewer, en soos hy sê “beroepsdro­mer”, en sy 18-jarige seun Joshua van Somerset-Wes, se ervaring was ’n bietjie anders en dit het hulle weer dankbaar gemaak vir wat die Otto’s het.

“Ons het met die Venter-gesin van Durbanvill­e geruil. Hulle bly in ’n groot huis saam met ander lede van die Shofar-kerk waartoe hulle behoort,” vertel Henk, ’n pa van ses kinders. “Die Venter- gesin leef ’n meer rigiede en streng lewenstyl, terwyl ek my eie kinders ruimte gee om hulself skeppend uit te leef. Die eerste twee dae het ek en Joshua redelik aangepas by die Venters en Joshua het veral gehelp skoonmaak en het selfs brood in die broodmasji­en gemaak.”

Henk het die R5 000 gebruik om meer privaathei­d vir die Venters te skep en ’n deur gehang in die gang in die deel van die huis waarin hulle bly. “Ester, die ma, was veral dankbaar en het genoem dit gaan ’n groot verskil in hul huislewe maak,” sê Henk. Met die res van die geld het Henk ook ’n wegbreekna­week vir die getroudes gereël.

VRIEND OF VYAND?

Soos vroeër genoem, is die ruilkuiers nie vir al die deelnemers aangenaam nie. Van hulle is nie gelukkig met die veranderin­ge en self voorstelle wat die ruillede maak om die gesin beter te laat funksionee­r nie.

Marizaan het lewenslang­e vriende met die Vissers gemaak, maar Henk se ervaring was anders. Sy vrou en die ander vyf kinders het vasgesit met die Venter-ruillede wat saam met hulle in die Otto-huis gebly het. “Ek wil nie te veel daaroor weggee nie, kykers sal moet inskakel om te sien hoe dinge van gesin tot gesin verskil,” sê Henk. “Maar as ek een ding kan sê, is dit dat ek nie spyt is ek het aan die reeks deelgeneem nie. My oë het oopgegaan vir hoe ander mense leef en ek het dit wat ek het, weer van vooraf gewaardeer.”

 ??  ?? Marizaan (regs) en haar dogter, Irishin, het ’n wonderlik ervaring op die Vissers se plaas gehad.
Marizaan (regs) en haar dogter, Irishin, het ’n wonderlik ervaring op die Vissers se plaas gehad.
 ??  ?? Henk (regs) glimlag vir Joshua (links) wat die brood moet maak.
Henk (regs) glimlag vir Joshua (links) wat die brood moet maak.
 ??  ?? Marizaan en Irishin ontmoet die Visser- gesin (regs).
Marizaan en Irishin ontmoet die Visser- gesin (regs).
 ??  ?? Ester Venter (links) is dankbaar oor die deur wat Henk (regs) vir hulle gehang het.
Ester Venter (links) is dankbaar oor die deur wat Henk (regs) vir hulle gehang het.
 ??  ?? Henk (links) en sy seun, Josua, op pad na hul ruilkuier by die Venter-gesin.
Henk (links) en sy seun, Josua, op pad na hul ruilkuier by die Venter-gesin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa