TV Plus (Afrikaans)

Goeie smaak

Die beoordelaa­r Prue Leith toets die Bake Off-resep.

-

The Great British Bake Off Seisoen 10 Maandae BBC Lifestyle (*174) 20:00 (begin 25 Mei)

Ná ’n lang gewag voor die TV het die tydklokkie uiteindeli­k gelui! Die smaaklike seisoen 10 van The Great British Bake Off (GBBO, 2010-nou) is gereed om uit die oond te kom. Dis een van die aanbieders, Sandi Toksvig, se laaste seisoen, want sy het die reeks verlaat om haar op ander projekte toe te spits. En terwyl ons wag om met gebak bedien te word, sit die beoordelaa­r Prue Leith 10 bestanddel­e bymekaar om GBBO se nuwe seisoen smaaklik te maak. Wie dink jy kan Sandi vervang? Daar is ’n paar vroulike komediante wat ek dink baie snaaks, is soos Roisin Marcella Conaty

(skepper en ster van GameFace, 2014-2019). Intussen is aangekondi­g Matt Lucas

(Little Brittain, 2003-2005) gaan Sandi se plek inneem. Hoe het jy verander sedert jou eerste GBBO-seisoen (seisoen 8, 2017)? Ek is meer ontspanne. Ek’s dol daaroor.

Kyk jy GBBO? Nee. Ek is so verwaand, al waaraan ek kan dink, is hoe ek lyk. Ek kyk na myself en dink: “Hoekom?” En ek bestraf myself en sê: “Jy moenie jou ken afbuig nie, jy het 18 kenne daar.” Dis belaglik!

Wat besef mense nie van GBBO nie? Die bakkers maak die program. Hulle skryf die atmosfeer voor. Hulle is merkwaardi­g. Ek veronderst­el ons moenie verbaas wees nie, want duisende mense doen aansoek. Ek dink die laaste keer het 17 000 mense aansoek gedoen. Wat doen die aanbieders en beoordelaa­rs

terwyl hulle nie op die skerm is nie? Paul is dol oor luukse motors en motorfiets­e en sulke goed, en hy kyk ’n bietjie sokker. Sandi brei wonderlike klein diertjies wat sy aantrek. Hulle word uitgeloot en vir liefdadigh­eid opgeveil. En Noel skets, want wanneer jy (die komediant) Noel vra wat hy doen, sê hy hy is ’n skilder, ’n kunstenaar.

Hoe is Paul agter die skerms? Paul is baie kundiger as ek. Dis ’n plesier om hom dop te hou. Ek het baie van hom begin hou. Soms is ek jaloers, want hy het mooi hemde. Ek het een van sy hemde gesteel. Dit was skelpienk, met swart kraaie oral oor. Hoe berei julle jul uitrusting­s voor vir ’n

seisoen? Ek het Jane Galpin en haar vennoot, Claire, ontmoet – hulle het ’n maatskappy genaamd How To Look Good – toe ek op My Kitchen Rules (2014-2017) was, ’n program wat ek nie geniet het om te doen nie. Jane het presies verstaan waarvan ek hou, toe ek dus na Bake Off oorgaan, het ek haar saamgeneem. Hoe voel dit om te sien ’n deelnemer maak

’n rampspoedi­ge keuse? Dis so, so moeilik om nie in te meng nie. Soos wanneer hulle iets ingevou het (soos beslag) en dit was genoeg, maar hulle hou aan invou en klop al die lug daaruit. Dit maak my mal. Wat is die ware uitdagings vir GBBO-deel

nemers? Dit moet in die begin vir hulle werklik angswekken­d wees. Hulle kan niks vind nie en alles is onbekend en hulle weet nie hoe die oond werk nie. En dan hang ek en Paul nog oor hulle.

Is daar geure waarvan jy nie hou nie? Ek is so gulsig ek hou van alles. Maar ek onthou hulle moes een keer maamoul maak – Midde- Oosterse, harsgebase­erde (mastik-) koekies. Ek het vergeet ek hou nie van die smaak nie, dis nie hulle skuld nie.

 ??  ?? Sandi, Paul, Prue en Noel is terug om weer die Bake Off-tentpenne in te slaan.
Sandi, Paul, Prue en Noel is terug om weer die Bake Off-tentpenne in te slaan.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa