TV Plus (Afrikaans)

Die groen monster

Wesley keer terug na Arendsvlei met ’n nuwe kêrel aan sy sy.

-

Die Hoërskool Arendsvlei se voormalige hoofseun, Wesley Rossouw (Craig Adriaanse), is terug op die dorp en hy is in ’n baie beter gemoedstoe­stand as toe ons hom laas (in Januarie) gesien het. “Wesley was in ’n donker gat toe hy nie sy matriek geslaag het nie,” erken Craig. “Hy moes wegkom om aan sy probleme te werk, soos sy selfdoodpo­ging en dat hy sy kêrel Lee-Roy (Roberto Kyle) verneuk het.”

Wesley het by familie in die fiktiewe omgewing van Pearson stadig maar seker weer rus en vrede gevind, en ook sommer nuwe liefde by die jong plaaswerke­r Sebastiaan (vertolk deur die nuweling Zhuander Amerika).

Nou is Wesley terug in Arendsvlei om sy laaste twee vraestelle, wiskunde en wetenskap, vir sy matriekser­tifikaat te skryf, met Sebastiaan aan sy sy om hom te ondersteun.

’N SAGTE PLEKKIE

Lee-Roy is uit die veld geslaan wanneer hy by sy niggie Claudia (Ann Jurles-May) hoor Wesley is terug en hy het ’n nuwe kêrel. “LeeRoy is ontsteld, want hy het nog nie aanbeweeg nie. Hy vind dit dus aaklig dat Wesley sommer net so van hom vergeet het en nou iemand anders het,” sê Roberto.

Craig sê Wesley sal altyd ’n sagte plekkie vir Lee-Roy hê. “Maar vir nou is Sebastiaan die regte ou vir Wesley, want hy het Wesley deur sy moeilike tyd gehelp en hom help groei.”

WAT SOEK JY MET MY OUTJIE?

Dinge is baie ongemaklik wanneer Sebastiaan homself ewe nonchalant aan Lee-Roy voorstel wanneer hy en Wesley ’n soetdinget­jie by Anton Se Bakkery gaan koop. “Lee-Roy is groen van jaloesie,” sê Roberto. “Hy hou dadelik niks van Sebastiaan nie, maar probeer hard om dit weg te steek en maak asof alles oukei is, terwyl dit duidelik nie is nie.”

MAAK OOP

Lee-Roy sukkel om die idee van Wesley en Sebastiaan as ’n paartjie te aanvaar en kruip al hoe meer in sy dop, tot Claudia ingryp en hom oorreed om Wesley oor sy werklike gevoelens vir hom in sy vertroue te neem. “Diep in sy hart sal Lee-Roy met Wesley wil versoen raak,” erken Roberto. “Maar of Wesley dieselfde voel, mag ek nie sê nie.”

Nou gaan Wesley moet kies: Sy ou liefde Lee-Roy of sy nuwe hartedief, Sebastiaan?

 ??  ?? Sebastiaan (links) het Wesley (regs) se hart gesteel en Lee-Roy (inlas) voel diep seergemaak.
Sebastiaan (links) het Wesley (regs) se hart gesteel en Lee-Roy (inlas) voel diep seergemaak.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa