TV Plus (Afrikaans)

kykNET & kie Ma. – Wo. 20:00

-

h Di.-Do. kykNET & kie (*145) 11:00 o Sondae kykNET & kie 16:00

VERLEDE KEER

Yvette het uiteindeli­k werk gekry, Woelag het Zane sy dwelmsmous by die skool gemaak, Janice was bang Steve het iets te doen gehad met die diefstal by Mitchell’s Plein, en Monique het Anton bekommerd gemaak.

20 MEI

Dis die dag van Olivia se boekbekend­stelling en die dorp is mal oor haar, en Saartjie is bekommerd oor Laetitia se veiligheid.

25 – 27 MEI

Monique neem ’n moeilike besluit oor Bompie en haar gesin, Wesley kuier op Arendsvlei, en ’n onverwagte besoeker daag op. Daniel probeer na Hoesie uitreik, Olivia maak ’n driegangma­al vir Beatrice-hulle maar dinge raak ongemaklik, en Lee-Roy is ontsteld wanneer Claudia hom van Wesley se nuwe ou, Sebastiaan, vertel. Lionel lig Thys oor Ronel se pa in, Beatrice soek gerusstell­ing dat sy en Hamilton op dieselfde bladsy is, en Anton kry ’n onverwagte besoeker.

1 – 2 JUNIE

Hamilton en Olivia ervaar albei konflik ná ’n onbeplande oomblik, almal is ontsteld omdat Anton so erg beseer is, en Bompie is ontevrede omdat Monique so baie vir Anton omgee. Claudia probeer Lee-Roy oorreed om Wesley in sy vertroue te neem. Zane word amper gevang terwyl hy nóg ’n pakkie aflewer, en Olivia stem in om by die bakkery uit te help terwyl Anton herstel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa