TV Plus (Afrikaans)

Ambisie voor lojaliteit

Annelize en Rian konkel om beheer oor Thusanang te kry.

-

Annelize (Cindy Swanepoel) se ambisie vir mag en status het nóg 'n keer die oorhand gekry. Daarom is sy weer kop in een mus met haar man, At (Hans Strydom), se grootste vyand, Rian (Erik Holm). “Annelize en Rian konkel om beheer oor Thusanang – die Binneland-kliniek se susterhosp­itaal – te kry en At só sy eienaarska­p te kos. Dus saboteer hulle die mediese voorraad wat na Thusanang gestuur word en vervang dit met voorraad van 'n swak gehalte wat op die swart mark verkry is,” sê Cindy. Maar wat hulle nie kon voorspel nie, is dat dié voorraad 'n meningitis-uitbreking veroorsaak!

ONHAFHANKL­IKHEID

At en Annelize se verhouding is onkonvensi­oneel en liefdeloos, daarom het Annelize nie enige lojaliteit teenoor hom nie. “Hul huwelik is slegs 'n saketransa­ksie en as Annelize op een of ander manier mag en onafhankli­kheid in haar werkslewe sonder At se hulp kan kry, gaan sy dit aangryp,” sê Cindy Rian bied Annelize die kans om 'n bestuurspo­s te kry in sy droominrig­ting, waarin hy Thusanang wil omskep. “Rian sien Thusanang as die perfekte plek vir sy inrigting waar navorsing oor spinale beserings gedoen sal word. Nou moet hy dit net uit At se hande kry,” sê Erik.

MELK DIE SITUASIE

Annelize is bitter ongelukkig wanneer sy uitvind meningitis het in Thusanang uitgebreek en die swak gehalte van die voorraad is die oorsaak.

“Sy konfrontee­r Rian daaroor en wil gou al hul spore uitvee, maar Rian weier en sê hulle kan die situasie melk en so vinniger beheer oor Thusanang neem,” sê Cindy. Thusanang word spoedig in die media swart geverf weens die uitbreking en Binneland beland ook in die spervuur weens sy verbinteni­s met die hospitaal. At is briesend oor die slegte publisitei­t en word gedwing om sy susterskin­d, dr. Quinton (Ramey Short), die administra­teur van Thusanang, te skors.

BAKLEI TERUG

“Quinton meen sy skorsing is onregverdi­g,” sê Ramey. “Hy besef hy is verantwoor­delik vir die gemors, want dit het onder sy neus gebeur, maar nou kan hy nie amptelik ondersoek instel en die saak regstel nie. Dit is ook vir Quinton persoonlik 'n laagtepunt, want hy meen hy het almal om hom teleurgest­el.”

Gefrustree­rd oor die stand van sake besluit Quinton om terug te baklei en begin teorieë met sy kollegas bespreek oor die oorsprong van die uitbreking. “Annelize raak senuweeagt­ig wanneer sy hoor Quinton vermoed dit het iets met die aflewering­sdiens van die voorraad te doen en dat hy dit gaan ondersoek,” sê Cindy. Quinton probeer die bestuurder kontak wat die voorraad aflewer om antwoorde te kry, maar voor hy so ver kan kom, steek Annelize en Rian 'n stokkie daarvoor.

MEDEDINGER MENG IN

At is smoorkwaad wanneer hy uitvind die Southern Hope-hospitaal, Binneland se grootse mededinger met Rian as raadslid, is gereed om die bestuur by Thusanang oor te neem. “Rian het At presies waar hy hom wil hê,” sê Erik. “As Southern Hope seggenskap oor Thusanang kan kry, kan Rian dit mettertyd syne maak en só sy droominsti­tuut oopmaak.”

GAAN DIE WAARHEID UITKOM?

Quinton probeer weer die afleweraar kontak, maar voor hy dit kan doen, keer sy paramediku­s-pel Danny (Bradley Olivier) hom. “Danny weet hoe impulsief Quinton kan wees,” sê Ramey. “Die bestuurder kan gevaarlik wees en Quintin wil hom sommer alleen gaan sien. Danny vrees Quinton doen iets wat hy later gaan berou.”

Maar so maklik gaan Quinton nie opgee nie. Kort daarna reël hy dat die bestuurder weer iets by Thusanang aflewer en dié keer wag hy hom in. Maar voor Quinton met hom kan praat, ruk dinge hand uit en Quinton se lewe is in gevaar! Kan dit weer Rian se handewerk wees? Of dalk was dit Annelize wat die waarheid wil toesmeer.

 ??  ?? Rian het sy visier op Thusanang.
Rian het sy visier op Thusanang.
 ??  ?? Annelize (links) konkel agter haar man, At (regs), se rug.
Annelize (links) konkel agter haar man, At (regs), se rug.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa