TV Plus (Afrikaans)

Killing Eve

Seisoen 1 FOX (*125) 20:45 Aksie

-

Sandra Oh sal vir altyd onthou word vir haar rol as dr. Cristina Yang in Grey’s Anatomy (2005-nou). Dis ’n feit. Maar aanhangers van aksiereeks­e sal haar van nou af onthou vir haar effens minder ortodokse rol – die verveelde MI5-agent Eve Polastri in die spioenasie­reeks Killing Eve (2018-nou). “Daardie vier jaar (tussen Grey’s en Eve), was ’n ware wagtyd. Ek het nie gewerk nie. Ek het probeer uitvind wat dit is om ‘nee’ te sê en wat dit is om ‘ja’ te sê,” vertel Sandra. “Toe Killing Eve opduik, het ek gedink dis die regte ding vir my. Dit voel reg om ‘ja’ te sê.”

Die 48-jarige aktrise het nooit gedink sy sal ’n spioen speel en jag maak op ’n psigotiese sluipmoord­enaar soos Villanelle (Jodie Comer, Kate Parks in die mediese drama Dr Foster, 2015-2017) nie, en sê: “Dit was vreemd om die draaiboek te lees en nie te weet hoekom die vervaardig­ers my vir hierdie karakter wil hê nie.”

Die reeks is gegrond op Luke Jennings se reeks romans met die titel Codename Villanelle (2014-2016) en is geskep deur Phoebe Waller

Bridge (Fleabag in die komedieree­ks Fleabag, 2016nou), en ná ’n gesprek met

Phoebe, was als vir Sandra duidelik.

“My agent het my gesmeek om die rol te aanvaar. Ek het reeds besluit dit is ’n goeie plan, maar as akteur is dit altyd lekker om te weet die vervaardig­er en reeksbestu­urder wil net vir jou in die rol hê,” verduideli­k Sandra.

Die rol verskaf groot pret aan haar terwyl sy vertroud raak met die spioenwêre­ld. “Ons delf diep in die verhouding tussen Eve en Villanelle,” sê die aktrise. “Daar’s baie misterie en ek dink ek en Jodie het die vertroue om aan hierdie karakters lewe te gee.”

 ??  ?? Sandra Oh (hooffoto) is die sexyste lid van die spioenwêre­ld wanneer sy jag maak op Villanelle (inlas).
Sandra Oh (hooffoto) is die sexyste lid van die spioenwêre­ld wanneer sy jag maak op Villanelle (inlas).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa