TV Plus (Afrikaans)

Mr Robinson

Seisoen 1 SABC3 (*193) 20:30 Komedie

-

Die skerpskert­ser Craig Robinson is die ou wat jy al in talle flieks en reekse gesien het. Jy herken sy gesig, maar weet nie wat sy naam is nie. Hy was Ray in die dramareeks Mr Robot (2015-2019), Doug Judy in die polisiekom­edie Brooklyn Nine-Nine (2014-nou) en Darryl in die VSA se weergawe van The Office (20052013). Craig toon in die enkelseiso­ensitkom Mr Robinson (2015) een van sy ander vaardighed­e. “Ek is ’n opgeleide musiekonni­e, soos my karakter,” sê die 48-jarige ster. “Ek is dol oor musiek en speel so dikwels moontlik. Ek is beter met komedie, maar mal oor musiek.”

1 Craig het die klavier leer bespeel terwyl hy die orrel in die kerk in Chicago bespeel het. Hy het sy graad in musiek in 1994 aan die Universite­it van Illinois verwerf, en sy meestersgr­aad in opvoeding in 1998 by Saint Xavier.

2 Hy maak nou grappe daaroor, maar Craig het gewoonlik ingedut wanneer hy by die Benjamin Franklin Elementary-skool in Indiana klasgegee het. “Ek het bedags gewerk en saans komedie gedoen. ’n Man moet mos sy skoonheids­lapie inkry,” sê hy.

3 Craig se jonger broer, Chris, is ’n musiekonni­e en musikant. Hy het sy vierde album Sound Of Da Struggle in 2016 uitgereik. Hulle speel in jazz-klubs wanneer hulle in dieselfde stad is.

4 Hy het troetelski­lpaaie en -seeskilpaa­ie, wat sy grootste hartseer is wanneer hy toer en hulle agterlaat. “Ek voel skuldig en moet ekstra snoephappi­es vir hulle los om te gaan toer,” sê hy.

5 Craig se grootste blaps was om op ’n mediatoer te probeer Duits praat. Pleks van: “Hoe gaan dit?”, het hy gesê: “Ek het my vrou vermoor.”

 ??  ?? Craig Robinson leef sy regte lewe in sy sitkom.
Craig Robinson leef sy regte lewe in sy sitkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa