TV Plus (Afrikaans)

The Last Igloo

Spesiale program BBC Earth (*184) 20:00 Dokkie

-

Die dokkie, wat so lank is soos ’n fliek, The Last Igloo is soos niks wat jy al gesien het nie. En dis nie ’n oordrywing nie – die 2019-dokkie verken die geheime lewe van ’n Eskimo-jagter Julius in die middel van die ysige wildernis. Joe Evans, die uitvoerend­e vervaardig­er, sê: “Dit is hipnoties, stadig, maar leersaam wanneer die dokkie die lewe verken van ’n alleenlope­r wat ’n igloe bou.”

Die verfilming van Julius in die ysige noorde van Oos- Groenland het uiteraard uitdagings gebring. Die temperatuu­r van benede vriespunt het groot eise aan die kameratoer­usting gestel. “Een van ons hommeltuie het feitlik onmiddelli­k gebreek,” vertel Christian Collerton, die regisseur. “En ’n hoëdefinis­ie-kamera het kort daarna die gees gegee. Dis net te koud.”

Ironies genoeg, hitte was ook ’n probleem – aardverwar­ming het veroorsaak dat see-ys nie gevorm word nie en dit is die hoofbouste­en van ’n igloe. Die yshuise raak ál skaarser namate die vriesweer elke winter korter word, en Groenland se ysplaat verdwyn nou vier keer vinniger as in 2003. “Hierdie streke – Groenland en die Pole – verwarm twee keer vinniger as die res van die wêreld en spoedig gaan die hulpbronne te min wees om igloes te bou,” sê Chris.

Maar hoewel Julius steeds sy mense se gebruike handhaaf wat deur geslagte heen oorgelewer is, is hy ’n moderne man, wat die tradisione­le Eskimodrag, soos elk-huide, vir die gewilde windjekker verruil het. “Pyprook is nie nuut vir my mense nie, ons doen dit al geslagte lank. Maar as ek eerlik moet wees, ek verkies moderne pype met tradisione­le tabak,” sê Julius.

 ??  ?? Julius hou sy mense se tradisie lewend met sy igloe.
Julius hou sy mense se tradisie lewend met sy igloe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa