TV Plus (Afrikaans)

Melody

Seisoen 1 SABC2 (*192) 19:30 Drama

-

Melody (Kim Bowers) se pa, Eric (Abduraghma­an Adams, Ian October in Suidooster, 2015-2019), in die musiekdram­areeks Melody (2020) wat op die Kaapse Vlakte afspeel, is ’n bewys dat dit meer as talent verg om ’n musikant te wees. Eric het Melody vertel die musiekwêre­ld is wreed, want “dit gee jou ’n droom, en spoeg jou dan uit”. Maar terugflits­e toon Eric het hom self vernietig, en hy het gevolglik die afgelope 20 jaar in ’n mengsel van alkohol, skuldgevoe­lens, bitterheid en spyt gelê en broei.

Maar dit maak nie saak hoe hard hy probeer om die wete weg te drink nie, Eric kan nie wegkom van die feit dat hy

Jack (Moeniel Jacobs) vir sy eie sondes in die tronk laat beland het nie. “Ek dink dis vermoeiend, en dit was vermoeiend, om daardie uitputting te vertolk. Daar’s nooit ’n glimlag tussen die twee mans nie,” sê Abdu. Hy som Eric se emosionele wêreld wanneer hy nie drink nie, op as “hartseer”.

“Alkohol is sy kruk weens al die dinge in sy verlede,” verduideli­k Abdu. “Eric is nie ’n aangename ou nie. Hy weet nie hoe om ’n pa te wees nie – ’n beskermer en ’n leier, iemand wat na sy kinders kyk nie.” Abdu sê Eric weet sy drinkery, verwaarlos­ing en gewelddadi­ge onvoorspel­baarheid knou sy kinders. “Maar hy gee nie om nie. Dis nie belangrik in sy lewe nie. Hy is nie toegerus om dit te verbeter nie. En dit is waaroor die storie gaan: oorlewing. Die erkenning van jou probleme en om hulle te takel en nie weg te hardloop nie.”

 ??  ?? Die dranksugti­ge Eric is ’n slegte pa en hy weet dit.
Die dranksugti­ge Eric is ’n slegte pa en hy weet dit.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa