TV Plus (Afrikaans)

Se jou se

- Denise Newman as die gefolterde Bridgette in Suidooster.

Arme Bridgette in Suidooster. Sy sukkel so om oor die dood van haar seun, Jerome, te kom dat sy haarself aan drank oorgee. Ek dink ook sy moet versigtig wees vir die medium Glenda wat sy ingeroep het omdat sy dink Jerome spook by haar. – HELENA, FACEBOOK

Wie sou ooit kon raai Hamilton in Arendsvlei se vrou, Olivia, leef steeds. Ek het lekker gelag toe sy skielik haar opwagting maak, want dit het gelyk asof Hamilton ’n spook gesien het. – MELANIE, FACEBOOK

Geluk, 7de Laan met jou 20ste verjaardag. Hoop jy gaan ons nog vir baie jare vermaak. En vir die mense wat jou so kritiseer, kyk iets anders! – BEA, SMS

Wat gaan met 7de Laan aan? Ivy lyk asof sy ’n spook gesien het. Sy en Marvin is irriterend. Om nie van Alexa en Fikani te praat nie. Ek wens hulle vier wil die sepie verlaat. – CHANELLE, SMS

Ek wil weet wie agter DeWet aan is in 7de Laan. – SESINYANA, FACEBOOK

Binnelande­rs se storielyn is deesdae baie swak. Ek hoop dit raak gou beter. – NETTA, FACEBOOK

Ek hoop ’n nuwe nagklub gaan uit Nagskof se as herrys nadat Alice dit afgebrand het. – TOEKS, FACEBOOK

Die hipnose-storielyn van Koekie in Getroud Met Rugby het my lekker laat lag. – SARIE, FACEBOOK

Ek is dol oor Bittersoet en hoop daar kom nóg ’n seisoen. – TOKKA, FACEBOOK

Boniswa in Scandal!, maak jou oë oop voor dit te laat is. – @KELEBON379­6014, TWITTER

Geluk aan Kgomotso Christophe­r van Scandal! met haar Safta-prys! Sy verdien dit. – STHABISO, FACEBOOK

Rene in Rhythm City het vinnig hulp h nodig! – @MBALLISTOD, TWITTER

Nontle en Mpho lyk so oulik saam s in Generation­s. – THEMBI, FACEBOOK

Generation­s is my gunsteling-sepie. Dit pak netelige kwessies en kry kritiek nie omdat hy verkeerd is nie, maar omdat hy die lewe in SA weerspieël. Dit is die mees diverse sepie in Suid-Afrika met karakters op alle vlakke van die lewe. Ek waardeer ook die sepie omdat hy gedurig nuwe belowende akteurs en aktrises aan die bedryf bekendstel. – MILA, FACEBOOK

Wat Thokozile vir MaZulu in Imbewu is, is wat MaZulu vir Donsi is. Ek hoop regtig Thokozile wen Ngcolosi se hart, selfs al is dit deur toorkuns, want MaZulu het geen probleem om die ander vrou in die Shongololo-huis te wees nie. – GUGU, FACEBOOK

Thokozile moet wegbly van MaZulu se huis in Imbewu. Sy is net slegte nuus. – BEVERLEY, FACEBOOK

Ek hou baie van die onnutsige Gizara in Muvhango. – DUDU, FACEBOOK

Azwindini verdien om weer op die troon te sit in Muvhango. Hy is die uitverkore­ne, niemand anders nie. – FRANK, FACEBOOK

Kan iemand asseblief vir SABC2 sê hy moet dadelik die nuusuitsen­dings in Afrikaans om 18:00 en Sesotho om 18:15 oor naweke staak. Ons het die volle 30 minute of ’n uur nodig vir nuusbullet­ins in óf Afrikaans óf

Sotho. – EDWARD, FACEBOOK

Kan SABC Encore tog kyk na sy Maplotters episodes? Dieselfde episodes word oor en oor gewys. Daar is mos meer as net twee episodes in die reeks. – GERDA, SMS

 ??  ?? Coenie de Villiers bied Stories Wat Saak Maak aan.
Coenie de Villiers bied Stories Wat Saak Maak aan.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa