TV Plus (Afrikaans)

Uit die bloute

Hennie Jacobs groet die Laan en gryp ’n werksgelee­ntheid oorsee aan.

-

Die Afrikaanse sepie 7de Laan (2000-nou) se ou gesigte raak al hoe minder. Die ikoniese inwoners van Hillside het een vir een sedert verlede jaar óf besluit om te waai, soos Theodore Jantjies wat die prokureur Xander Meintjies gespeel het, óf is soos Vinette Ebrahim, wat die Oppiekoffi­e-eienaar Charmaine Meintjies was, aangesê om haar tasse te pak.

Nou het die geliefde Diederik (Hennie Jacobs) ook die sepie verlaat. Diederik het uit die bloute sy werk by Bruynwaves, die reklame-en-bemarkings­maatskappy gelos om sy pa, Attie (Robin Smith), op Prieska te help boer. Al het Diederik aanvanklik getwyfel of hy sy lewe in Johannesbu­rg kon agterlaat, het hy die opoffering gemaak.

STRENG PRIVAAT

Hennie Jacobs (39) se laaste dag op stel was in Februarie en dis onbekend wat hy nou doen. Kayleen Bessit, skakelbeam­pte van die sepie, sê Hennie het ’n werksgelee­ntheid oorsee aanvaar. “Ongelukkig kan ek nie meer hieroor sê nie. Hennie het gevra om dit privaat te hou.”

Hennie het vir 13 jaar die rol van Diederik vertolk, wat verskeie uitdagende storielyne gehad het, insluitend sy MIV- diagnose verlede jaar en sy onlangse egskeiding van sy vrou, Olivia (Nadia Herbst). “Hy was ’n spesiale mens. Hennie is hardwerken­d, betroubaar en profession­eel – eienskappe waarvoor enige produksie vra,” voeg Kayleen by.

MEER AS ’N KOLLEGA

Francois Lensley, wat die rol van Diedie se neef Marko speel, en Quinne Brown Huffman as Connie, die boetiekbes­tuurder en die vrou met wie hy onlangs ’n affair gehad het, was baie na aan Hennie.

“Hennie was my vriend en broer op die stel; iemand wat ek werklik kon vertrou,” sê Francois.” Quinne sê: “Hennie het ’n wonderlike sin vir humor en het my altyd laat lag.” Nie Quinne óf Francois wou uitbrei oor wat Hennie nou doen nie, buiten dat hy bedank het ter wille van sy familie se welstand.

Redakteurs­nota: Hennie het kommentaar geweier. Dis onduidelik of hy reeds oorsee is of weens die korona-virus steeds plaaslik gestrand is.

 ??  ??
 ??  ?? Diederik se pa, Attie (links), en sy neef Marko (regs).
Diederik se pa, Attie (links), en sy neef Marko (regs).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa