TV Plus (Afrikaans)

kykNET Weekdae 19:30

-

Weekdae op M-Net-dek. 16:30

Weekdae kykNET (*144) 23:30 Di.-Vr. kykNET 08:30 Sa. M-Net-dek. 06:00 Sa. kykNET 09:30 VERLEDE KEER

Die Alice-debakel het Naomi se vertroue in haar man, Louis, geskend, Tracy het ’n ernstige gesprek met Tertius gevoer, Ingrid se skuldgevoe­lens oor Ethan het begin toeneem, en Annelize het vir oulaas by Rian gepleit om van plan te verander.

20 – 22 MEI

Die Binneland-raad stamp koppe oor die toekoms van Thusanang, die verlange na Nagskof word vinnig uitgesorte­er, en Ilse merk vreemde aftrekking­s op haar bankstate op. ’n Onverwagte gebaar pootjie Annelize om by die waarheid uit te kom, Danny het ’n oplossing vir Tertius se dilemma, en Rian oefen druk uit op Annelize. Chanel hoor iets vreemds omtrent Tertius.

25 – 29 MEI

Quinton besef nie hoe na aan die waarheid hy is nie, en Naomi is diep geraak deur Wimpie se storie. Ingrid probeer uitreik na Annelize, Danny is geskok oor Quinton se plan, en Annelize skuif al haar pionne in posisie. Quinton voel hy maak geen vordering in sy eie ondersoek nie, en nuus oor Southern Hope se doen en late plaas At op die oorlogspad. Naomi kry dit nie reg om Danny se gewete te sus nie, en Ingrid hoor iets wat haar agterdogti­g maak oor Rian.

1 – 2 JUNIE

Danny probeer sy bes om Quinton kalm te hou, Tracy hoor hoe haar verlede bespreek word, en Tertius kry raad oor hoe om Chanel te hanteer. Naomi besef waarmee Danny besig is, Louis het groot nuus vir Naomi, en die Tekkie Tax-veiling begin met ’n baie spesiale gas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa