TV Plus (Afrikaans)

kykNET Weekdae 18:00

-

Di.-Sa. kykNET (*144) 09:00 Weekdae kykNET 22:30 VERLEDE KEER

Blitz en Julia se huwelik was op die rotse ná Julia se operasie om enige verdere swangerska­ppe te voorkom, Liam en Candice het hul saamwoonoo­reenkoms geteken, en die liefdesdri­ehoek tussen Wynand, Chrissie en Anna het verdiep.

20 – 22 MEI

Simon raadpleeg Liam oor sy liefdeslew­e, Ilse kyk of sy nog vir Bart om haar pinkie kan draai, en skuldgevoe­lens oor Wynand knaag aan Chrissie se gewete. Die Stryders is bekommerd oor hul toekoms, Mia werk op Bart se senuwees, en Blitz en Julia is onseker of hul huwelik gered kan word. Bart plaas Schalk se toekoms by die Stryders in gevaar.

25 – 29 MEI

Simon is ’n wrak oor sy afspraak met Lulu, Fafa en Schalk stamp steeds koppe, en Bart het ’n nuwe plan vir Fafa se loopbaan. Chrissie konfrontee­r Anna oor Wynand, Jana probeer Schalk in sy werkskrisi­s ondersteun, en Renate worstel met Simon wat aanbeweeg het. Anna voel skuldig nadat sy weer met Wynand gevry het, en Fafa wroeg oor die besluit om die nuwe pos te aanvaar. Johan vind uit van Blitz en Julia se egskeiding, en Mia is oortuig Ilse voer iets in die mou.

1 – 2 JUNIE

Die Stryders se nuwe hoofafrigt­er word aangekondi­g, Chrissie vind uit van Anna en Wynand, en Mia en Ilse baklei om Bart se aandag. Fafa se gewete ry hom oor sy nuwe pos, Lulu het slegte nuus vir Simon oor hul verhouding, en Reitz is agterdogti­g oor Chrissie en Wynand.

 ??  ?? @GETROUDMET­RUGBYKYKNE­T @GMR_KYKNET
@GETROUDMET­RUGBYKYKNE­T @GMR_KYKNET

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa