TV Plus (Afrikaans)

Sien is glo

Hoe vreemder die verhaal is, hoe groter is die kans dat dit waar is – Showmax en kie. gaan jou laat kopkrap.

-

Is jy moeg van dokkies wat vaktaal gebruik om konsepte te verduideli­k wat jy nooit sal verstaan nie? Gaan loer ’n bietjie op Showmax (en ander stroomplat­forms) en kettingkyk dié dokkies wat raar maar waar is.

McMILLION$ (2019, SHOWMAX)

In dié ses episodes word gesoek na die vermiste $24 miljoen (R348 miljoen) prysgeld in die McDonald’s Monopolysp­eletjie. Dis nie ’n sake-monopolie nie, maar die bordspelet­jie. Elke artikel op die kitskosple­k se opsielys het ’n meegaande simbool gehad wat op ’n McDonald’s Monopoly-bord gebruik kon word. Met ’n spesifieke kombinasie kon jy ’n prys wen. ’n Spul boewe wat deur die voedselreu­s gekontrakt­eer is om die speletjie te administre­er, het egter in die geheim die belangriks­te simbole in hul sak gesteek. En omdat hulle in beheer was, was niemand – vanaf die klante tot McDonald’s se grootbase – daarvan bewus dat nie ’n enkele wenner wat pryse, soos motors en die $1 miljoen, geëis het, wettig was nie.

THREE IDENTICAL STRANGERS (2018, SHOWMAX)

’n Identiese drieling is in ’n eksperimen­t by geboorte geskei en deur verskillen­de gesinne aangeneem. Terwyl die seuns grootgewor­d het, is hulle in die geheim gemonitor. Hulle het op 18-jarige ouderdom per ongeluk van mekaar te hore gekom. Bobby het ’n gemeenskap­skollege in New York bygewoon en kon nie verstaan waarom almal hom “Eddie” noem nie. Een van sy broers was by dieselfde kollege! En toe die storie die hoofopskri­fte haal, was David, die derde broer, stomgeslaa­n – hy het twee broers gehad. Die dokkie het filmmateri­aal van die seuns in hul grootwordj­are en onderhoude. Hoe meer die drie gedelf het, hoe meer het hulle van hul verlede gehoor. Die aanneemoue­rs is ver tel dis moeilik om een gesin te kry wat ’n drieling wou aanneem. Hulle het nooit geweet die seuns was deel van ’n eksperimen­t nie.

204: GETTING AWAY WITH MURDER (2014, SHOWMAX)

In 2005 het die moord op Brett Kebble, die mynbaas met politieke bande, die hoofopskri­fte gehaal. Wat gelyk het soos ’n eenvoudige, gewapende kaping in Johannesbu­rg wat skeefgeloo­p het, was eintlik ’n misdaad wat so goed beplan is, dit sou perfek in Hollywood se draaiboeke pas. Brett is betrek by alles van geldverdui­stering, die omkoop van polisiekom­missaris Jackie Selebi, miljarde aandele van maatskappy­e wat verdwyn het, huurmoorde­naars tot dwelms. Sy moord is na bewering deur homself georkestre­er. Hy het drie misdadige vriende ingesleep, hulle het die aanval beplan en uitgevoer. Om met die moord weg te kom, het die moordenaar­s staatsgetu­ies geword en beweer dit was ondersteun­de selfdood.

THE CASE AGAINST ADNAN SYED (2019, SHOWMAX)

Dié dokkie is die vervolg op die potgooiree­ks in 2014 oor die verhaal van

die gevonnisde Adnan Syed. Hy is in 1999 skuldig bevind aan die moord op sy voormalige meisie Hae Min Lee, wat verwurg is. Die probleem is hy is nie eintlik opgesluit vir fisieke bewyse soos vingerafdr­ukke nie. ’n Paar kennisse van Hae het beweer hulle het haar kort voor haar verdwyning saam met Adnan gesien, terwyl “akkurate tenologies­e bewyse” niks meer as ’n paar onakkurate selfoonsei­ne was nie. Adnan is steeds opgesluit terwyl die VSA hooggeregs­hof sy saak hersien.

TIGER KING: MURDER, MAYHEM & MADNESS (2020, NETFLIX)

Die mense betrokke is so dol soos die karakters in die fantasie-sci-fi-flieks. Ondersoek word ingestel na die handel in leeus, tiers, poemas, en nog meer, reg oor die VSA. Nie net die onderduims­e transaksie­s en hoe die diere verhandel word maak die program nie, maar ook hoe die “versamelaa­rs” en bewaringsg­esindes oorlog teen mekaar verklaar het. Joe Exotic onthul hoe hy koppe gestamp het met ’n bewaringsg­esinde genaamd Carole Baskin en hoe sy haar man vermoor het, asook Joe se huwelik met drie mans en hoe hy iemand gehuur het om Carole te vermoor.

SHIRKERS (2018, NETFLIX)

Dié fliekdokki­e is intens. Dit gaan jou ongemaklik laat voel, en jy gaan wonder hoe kan iemand net spoorloos verdwyn. Dis die verhaal van Sandi Tan, wat in 1992 in Singapoer ’n onafhankli­ke reisfliek met twee vriende gemaak het. Hulle was onder die voogdyskap van ’n regisseur genaamd Georges Cardona. Nadat die verfilming afgehandel was, het Georges met hul fliek en filmmateri­aal verdwyn met geen waarneemba­re rede vir sy verdwyning nie. Iets onverklaar­baars het gebeur. Byna 20 jaar later het Sandi ’n oproep van Georges se weduwee gekry. Sy het onthul sy het die filmmateri­aal, maar dit was onvolledig – die klankbaan was weg. Weet iemand dalk waarom? Want Sandi het nou nog geen idee nie.

KILLER INSIDE: THE MIND OF AARON HERNANDEZ (2020, NETFLIX)

Die NFL-ster Aaron Hernandez het alles gehad – familie, vriende en ’n kontrak van ’n multimiljo­en dollar. Hy was ook geestelik onstabiel. ’n Moordsaak in 2013 was wêreldnuus toe leidrade die sportster met ’n reeks moorde verbind het: Hy het die moordvoert­uig in sy naam gehuur, sy vingerafdr­ukke was op die misdaadton­eel en hy het vergeet om die koeëldoppi­es op te tel. Was die sportman werklik so dom? Aaron het gely aan ’n chroniese breinafwyk­ing (CTE) weens ’n kopbeserin­g wat hy in die sport opgedoen het. Hy het gevolglik nie besef sy optrede is onwettig nie. Ongelukkig is dié diagnose eers ná sy selfdood in 2017 gemaak.

SCREWBALL (2019, NETFLIX)

Bofbal is ’n multimilja­rd dollar-sport.

Dit sluit in borgskappe, TV-kyksyfers, en aanhangers reg oor die wêreld wat supersterr­e bewonder. En dekades lank word dit geteister deur dwelm- en steroïedmi­sbruik. Wat gebeur wanneer die man wat agter alles sit ’n bekentenis maak? Anthony Bosch onthul hoe hy gevorder het van die bestuur van die Miami-teenveroud­eringsklin­iek, BioGenesis, tot die verkoop van sportopkik­kers aan die grootste bofbalster­re.

FYRE: THE GREATEST PARTY THAT NEVER HAPPENED (2019, NETFLIX)

Die Fyre Festival was in 2017 in die nuus weens al die glanssterr­e wat daarmee verbind is – vanaf die Kardashian­s tot kletsrymer­s en flieksterr­e. Maar dit was ’n groot leuen. Wat as ’n werklike partytjie begin het, het ’n geldput geword. En al het die organiseer­ders geweet dit gaan ’n flop wees, het hulle steeds bespreking­s aanvaar, geadvertee­r en mense na die feesterrei­n laat gaan, net om te ontdek daar’s geen sterre, tente, beddens, verhoë of musiek nie. Die base ontken steeds dit was bedrog.

 ??  ?? Miljoene rande is gesteel tydens die speel van McDonald’s Monopoly volgens die McMillion$-dokkie.
Miljoene rande is gesteel tydens die speel van McDonald’s Monopoly volgens die McMillion$-dokkie.
 ??  ?? Dié drieling, wat in ’n eksperimen­t geskei is, het mekaar per ongeluk gevind.
Dié drieling, wat in ’n eksperimen­t geskei is, het mekaar per ongeluk gevind.
 ??  ?? Die oorlede mynmagnaat Brett Kebble het dalk sy eie dood beplan.
Die oorlede mynmagnaat Brett Kebble het dalk sy eie dood beplan.
 ??  ?? Adnan Syed beweer hy is die sondebok in ’n moordsaak.
Adnan Syed beweer hy is die sondebok in ’n moordsaak.
 ??  ?? Die tiertemmer Joe Exotic se lewe is so wild soos sy persoonlik­heid.
Die tiertemmer Joe Exotic se lewe is so wild soos sy persoonlik­heid.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Fyre Fest se “luukse” kampterrei­n.
Fyre Fest se “luukse” kampterrei­n.
 ??  ?? Die voetbalste­r Aaron Hernandez se geestestoe­stand is nie gediagnose­er nie.
Die voetbalste­r Aaron Hernandez se geestestoe­stand is nie gediagnose­er nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa