TV Plus (Afrikaans)

DOEN MOEITE

-

Kia se passie vir die natuur kom al van kleintyd af. Sy het reeds voor haar betrokkenh­eid by 50/50 ’n opskudding veroorsaak toe sy in 2019 gekroon is as die Mees Invloedryk­e Plastiekvr­ye Mzansi-kampvegter vir die #PlasticFre­eMzansi-inisiatief.

Boonop is Kia ’n ambassadeu­r vir die Wêreldnatu­urfonds (WWF) SuidAfrika en het gehelp om Tafelberg in Kaapstad in 2011 as een van die

Sewe Wonders Van Die Natuur te laat klassifise­er.

“Ek onthou daardie tyd goed,” sê Kia. “Ek was vasberade om Tafelberg op die lys te kry, en het gewonder hoe ek soveel mense moontlik kon kry om daarvoor via SMS te stem. Op ’n dag het ’n vriend van my gesê daar is oor die 1 700 skole in die Wes-Kaap, en dit het my aangevuur om soveel skole moontlik te kontak en te vra of ek ’n praatjie kon lewer en so die kinders aanpor om te stem.”

KYK EN LUISTER

As Kia nie voor die kameras is nie, kan kykers weekdae na haar fluweelste­m luister op Radio Tygerberg 104 FM se ontbytprog­ram tussen 06:00 en 09:00. “Ek is dol oor radio,” sê Kia, wat ook gereeld deel is van gemeenskap­sprojekte vir die radiostasi­es, soos die ondersteun­ing van die Heartlands Baby Sanctuary in Somerset-Wes wat tydens die inperking probleme ervaar het.

Kia is versot op natuurdokk­ies, soos Blue Planet (2001-2019) wat al op BBC Earth (*184) uitgesaai is, en raak meegevoer wanneer sy praat oor die olifant- dokkie, Elephant (2020), wat deur die animasie-maatskappy Disney vervaardig is en in April vanjaar op die Disney+-stroomdien­s uitgesaai is.

“Ek uit wanneer ek na die programme kyk en fokus op niks anders nie. Elephant was vir my inspireren­d, want ek het soveel meer oor die magtige olifant geleer, soos sy vermoë om water onder die grond te ruik.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa