TV Plus (Afrikaans)

GEEN VERTROUE

-

Later luister Nazeem uiteindeli­k na Joy se idee vir haar klub en is beïndruk. “Nazeem sien die potensiaal en dink sy het dalk iets beet,” sê Irvine. “Maar hy weet dit gaan dalk baie makliker gesê as gedaan wees om dit aan die gang te kry, en erken aan Joy hy het nie vertroue in haar dat sy dit wel kan doen nie.”

Intussen moet Joy kos op die tafel sit, en met Nazeem se hulp kry sy werk as ’n ontkleedan­seres by ’n twyfelagti­ge ontkleeklu­b. “Joy voel of sy heeltyd met haar planne in ’n baksteenmu­ur vasloop en wil amper moed opgee,” sê Monique. Maar (Irshaad Ally), Nazeem se neef, wat sy on-langs ontmoet het, vertel haar hoe hy ook gesukkel het om sy toerisme-ondernemin­g, Atlantic Adrenaline, op die been te kry, en dat sy nie moed moet opgee nie.

Rhafiek DAAR IS HOOP

Met Rhafiek se inspireren­de woorde besluit Joy om nie die werk as ontkleedan­ser te aanvaar nie, en gaan klop by die bank om ’n lening aan. “Tot Joy se teleurstel­ling keur die bank haar aansoek af, maar daar is hoop,” sê Monique. Nazeem het tot ander insigte gekom oor haar besigheid en besluit om haar vennoot te word, wat Joy in ekstase het.

Nazeem stuur Joy na Suidooster­Eiendomme om die eiendom te kry wat hulle vir die klub kan gebruik, maar sy loop haar vas in die eiendomsag­ent (Lauren Joseph) wat haar neus vir Joy optrek. “Zoe dink Joy mors haar tyd en is te kommin om met hulle sake te doen,” verduideli­k Monique.

Maar Zoe gaan spoedig ’n ander deuntjie sing wanneer Nazeem ingryp. “Dis immers sy bloedfamil­ie se besigheid,” sê Irvine (lees meer op bl. 29). En ’n mens help mos familie.

Zoe

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa