TV Plus (Afrikaans)

DítKykOnsN­ou

-

Naam: Genevieve Terblanche

Pos: Senior skrywer en afgesonder­de grotbewone­r.

Hou van: Episodes wat 22 minute lank is. Dan sal ek sommer ses episodes ná mekaar kyk. Hou nie van: Luidrugtig­e ouens wat skree oor spierkrag wanneer hulle motors herstel nie, en dan wys hoe “vinnig die kar is”. Ek kyk nou: Farscape, seisoen 1-4 (1999-2003) op Amazon Prime Video.

My mening oor die reeks: Die enigste mens in hierdie reeks, John Crichton (Ben Browder) is die ruimtewese in hierdie verbeeldin­gryke en denkbeeldi­ge reeks wat in ’n ruimteskip in ’n sterrestel­sel baie ver weg afspeel. Maar anders as baie reekse wat tot vervelens toe ’n militêre man as die kernkarakt­er het, is Crichton ’n wetenskapl­ike wat hierdie nuwe wêreld met nuuskierig­heid, vernuf en absurde humor benader. En die ontwerp van die nie-menslike wesens is inspireren­d danksy die werk van die vermaakreu­s The Jim Henson Company, wat ook die poppespel gedoen het.

My gunsteling-oomblik: Die onwillige bondgenoot en soldaat Aeryn (Claudia Black) red Crichton van die tronk en marteling (seisoen 1, episode 20) en hy groet haar met: “Dit is die stralende Aeryn Sun,” in ’n perfekte emosionele oomblik.

Hoekom kyk ek dit nou? Ek het daarop afgekom toe ek na vampierree­kse op Amazon gesoek het. Naam: Lucia Poolman Pos: Redakteur wat nie kan wag dat skole heropen nie.

Hou van: Enigiets wat goed gemaak is, of selfs swak vervaardig­de programme met ’n goeie storielyn. Grieseligh­eid boei my steeds. Hou nie van: Iets wat te slim of ingewikkel­d raak om te volg nie. Jammer, Westworld (2016nou) ná seisoen 1.

Ek kyk nou: Tiger King (2020) seisoen 1 op Netflix.

My mening oor die reeks: Hierdie dokkie is byna te grillig om werklik te wees. Dit gaan oor die handel in groot katte in die VSA (ek kon nie glo hoe enorm dit is nie, en my hart was stukkend om die diere in hokke te sien). Dan is daar veelwywery, swendelaar­s, sterftes, sabotasie, mededingin­g en als in sepieintri­ge, maar dis die regte lewe. Die slinkse Joe Exotic, die tropleier, het ’n vreemde charisma en sy teëstander, Carole, is net so kleurryk. Joe is op ’n sending om Carole te ontmasker as haar man se moordenaar en dat sy hom vir tiers gevoer het.

My gunsteling-oomblik: Die kamerawerk, wat later iemand met ’n geamputeer­de arm wys. En hoe die voortduren­de stryery en grootsheid oorgedra is.

Hoekom kyk ek dit nou? Dit het gou ’n soort kultus-verwysing in TV-resensies (soos in Friends, 1994-2004) en memes geword. As ’n TV-tydskrifre­dakteur kon ek dit nie weerstaan nie.

• Lees meer oor mal dokkies op ble.10 en 11. Naam: Elri Boucher Position: TV-versotte joernalis wat van gesigmaske­rs bykomstigh­ede begin maak.

Hou van: Fantasie, sport, musiekreek­se, dokkies en ook donker humor met ’n kinkel. Hou nie van: Lucifer (2016-nou) nie. Ek speel nie met die duiwel nie, #voertsek.

Ek kyk nou: Formula 1: Drive To Survive (2019-nou), seisoene 1-2 op Netflix.

My mening oor die reeks: Aanhangers van motorsport sal dol wees oor hierdie dokkie, wat jou intense en boeiende agterdie-skerm-toegang gee tot die ingewikkel­de werking van Formule 1-wedrenne in die 2018en 2019-seisoen. In die eerste seisoen het die twee topspanne, Ferrari en Mercedes, die filmmakers afgejak, maar in die tweede seisoen het hulle saamgewerk. Wedrenlege­ndes, soos Sebastian Vettel en Lewis Hamilton, het reguit op kamera gepraat oor hul werk, die uitdagings en wedrenpoli­tiek.

My gunsteling-oomblik: In episode 10 van seisoen 2 kry Pierre Gasley, ’n Red Bull-jaer wat in episode 6 afgegradee­r is na Red Bull se susterspan, Toro Rosso, sy vaardighei­d terug toe hy die naaswenner in die Brasiliaan­se Grand Prix was. Hoekom kyk ek dit nou? Ek mis sport op TV! Ek en manlief kyk gewoonlik gedurende die week Premierlig­a-voetbal en oor naweke enige sport. Maar weens Covid-19 is daar geen vars sportuitse­ndings nie.

Naam: Ipeleng Rakgantsho

Pos: Skrywer wat nie meer weet watter dag dit is nie.

Hou van: Troues van beroemdes! Kwistige en oordadige geleenthed­e in drie dele waartydens top-akteurs saamkuier. Ja, ek praat van die #SomHaleUni­on.

Hou nie van: Eentonighe­id nie. Soos die meeste van ons plaaslike sci-fi-reekse wat oor heksery handel. Waar is die ruimtewese­ns, goeie feë en robotte? Ek kyk nou: 90 Day Fiancé: Before The 90 Days (2017nou), seisoen 4, op TLC (*135) op Donderdae om 20:00 en ook op DStv Catch Up.

My mening oor die reeks: Die realiteits­reeks gaan oor Amerikaner­s wat hul buitelands­e lewensmaat­s aanlyn ontmoet en dan die proses begin om hulle persoonlik te ontmoet. Benewens die kultuur- en taalverski­lle het hulle net drie maande om te besluit of hulle vir mekaar bedoel is. Baie van die paartjies is aanvanklik so begogeld en deur die liefde verblind dat hulle die gevaarligt­e ignoreer.

My gunsteling-oomblik: Die sluier oor Rosemarie (23) se oë is uiteindeli­k gelig en sy het Ed (54) gelos, want sy kon dit nie verdra om met iemand uit te gaan wat haar minag nie. Ek was so bly. Rose verdien beter.

Hoekom kyk ek dit nou? Ek kyk die reeks al van die begin af. As jy op ’n vliegtuig moet klim, oor oseane vlieg, huil en baie geld verloor om liefde te vind, is liefde dalk nie die moeite werd nie. Naam: Emile Butler-O’Brien Pos: Senior joernalis en sci-fi- fan. Hou van: Nuwe weergawes van reekse met ’n bietjie pret, goeie sci-fi-reekse en musiek-dokkies. Hou nie van: Stadige dramas wat vir ewig vat om by die punt uit te kom nie.

Ek kyk nou: Star Trek: Deep Space Nine seisoen 1-7 (19931999) op Netflix.

My mening oor die reeks: Baie jare gelede het die SAUK die klassieke sci-fi-reeks Star Trek (1966-1969) en al sy splinterre­ekse uitgesaai. Die een wat my aandag getrek het, was

Star Trek: Deep Space Nine. In teenstelli­ng met die oorspronkl­ike Enterprise-ruimteskip wat na afgeleë sterrestel­sels gereis het, is Deep Space Nine ’n ruimtestas­ie wat net buite ’n deurgangsp­oort hang, en duisende vreemde en wonderlike ruimtespes­ies huisves wat in betreklike vrede saamleef.

My gunsteling-oomblik: Die wisselwerk­ing tussen die ruimtewese­ns Odo (René Auberjonoi­s) en Quark (Armin Shimerman). Odo is die ruimtestas­ie-konstabel en hy kan homself in enige voorwerp verander. Quark, die eienaar van ’n dobbelhuis, is ’n gulsige klein rakker. Hoekom kyk ek dit nou? Ek het YouTube-video’s oor die beste oomblikke in

Star Trek gekyk toe ek ’n skakel na Star Trek: Deep Space Nine op Netflix sien. Ek het dadelik die sewe seisoene op Netflix gekettingk­yk.

Naam: Kashief Achmat

Pos: Skeduleerd­er en onbetwiste koning wat my 6-jarige nefie klop met (die rekenaar-gevegspele­tjie) Tekken.

Hou van: Netflix se tienerreek­se het onlangs my oog gevang. Ek dink die inperking het my siening oor ou akteurs in tienerroll­e versag. Hou nie van: Akteurs wat aksente verfoes in flieks of TV-reekse nie. Dit voel beter om heeldag nat denim-jeans te dra as om na Daniel Radcliffe se Suid-Afrikaanse aksent in die biografies­e drama Escape From Pretoria (2020) te luister.

Ek kyk nou: Die realiteits­reeks Dr Pimple Popper, seisoen 1, op TLC (*135), Maandae om 21:50.

My mening oor die reeks: Ek het ongelukkig ’n bak hawermout geloop en eet toe ek by die TV kom en die reeks uitgesaai word. Ek kon dit daarna vir ’n week lank nie eet nie. Dr. Sandra Lee bestuur ’n velkliniek waar sy mense met afskuwelik­e puisies, siste en ander grillerige velkwale help. Het ek amper flou geword terwyl ek na die reeks gekyk het? Ja. Moet sommige goed liewer aan die verbeeldin­g oorgelaat word? Beslis. Is dit vermaaklik­e TV? Ook ’n ja. My gunsteling-oomblik: Enige episode waarin hulle ’n puisie uitdruk en dit met soveel krag op dr. Lee se beskermend­e masker spat. Hoekom kyk ek dit nou? As jy so lank ingeperk is, raak enigiets interessan­t. Naam: Tumi Kunene

Pos: Senior ontwerper wat dagdroom oor haar volgende heeldag-bikini-vakansie. Hou van: Komedie, drama, aksie, mediese realiteits­reekse. Hou nie van: Kletsprogr­amme nie, geen aanstoot nie Trevor Noah, maar joune ook nie . . . Ek kyk nou: Killing Eve (2018nou), seisoen 1, op FOX (*125), Woensdae om 20:45 en ook op DStv Catch Up. My mening oor die reeks: Hierdie spioenasie­riller is soos ’n lekker burger en tjips met baie sous en ’n yskoue drankie ná ses weke se inperking. Die glansryke Villanelle (Jodie Comer) is ’n huurmoorde­naar wat haar werk onder haar hanteerder Konstantin (Kim Bodnia) geniet. Daarteenoo­r is die slonsige Eve (Sandra Oh) ’n MI5kantoor­klerk wat na meer aksie verlang. Wees versigtig waarvoor jy wens, jy kry dit dalk.

My gunsteling-oomblik: Toe

Eve haar man staan teen haar verwaande baas, al is die getuie wat onder Eve se beskerming was, in episode 1 deur Villanelle vermoor. En die openingsto­neel van die reeks waarin Villanelle by ’n roomyswink­el is en by ’n jong meisie toenaderin­g soek. Ons sien hoe jaloers sy is omdat sy die meisie nie kan laat glimlag soos die kelner kan nie. Dit vertel jou baie. Sy is heeltemal van haar trollie af. Hoekom kyk ek dit nou? Hierdie reeks het talle pryse in 20182019 verower. Maar die belangriks­te is: “I like it when they talk foreign.”

 ??  ?? Die mens John is die ruimtewese in hierdie sci-fikomedier­eeks.
Die mens John is die ruimtewese in hierdie sci-fikomedier­eeks.
 ??  ?? Lewis Hamilton (regs) het stof in almal se oë geskop.
Lewis Hamilton (regs) het stof in almal se oë geskop.
 ??  ?? Joe Exotic en sy troeteltie­rs is skokkende kykstof.
Joe Exotic en sy troeteltie­rs is skokkende kykstof.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Dr. Sandra is beter bekend as Dr Pimple Popper.
Dr. Sandra is beter bekend as Dr Pimple Popper.
 ??  ?? Odo (links) en Quark (regs) verskaf goeie ruimte-TV.
Odo (links) en Quark (regs) verskaf goeie ruimte-TV.
 ??  ?? Party dinge, soos Ed en Rose, is nie bestem om te gebeur nie.
Party dinge, soos Ed en Rose, is nie bestem om te gebeur nie.
 ??  ?? Villanelle (links) en Eve speel kat-en-muis.
Villanelle (links) en Eve speel kat-en-muis.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa