TV Plus (Afrikaans)

ARROW-AKSIE

-

Die finale seisoen van Arrow het 10 episodes met tydspronge wat aanhangers op ’n wilde rit gaan neem. Maar daar is prettige, roerende oomblike, soos Oliver (Stephen Amell) wat op ’n nostalgiet­oer gaan wanneer hy in Earth-2 (wat rofweg die tydlyn van Arrow, seisoen 1, volg) rondsnuffe­l en voorgee hy is homself in die verlede. In die kruisepiso­de kom Ollie en sy supervrien­de byeen, maar hy het ’n waarskuwin­g: Hy het meer as Arrow geword, meer as ’n eenvoudige man wat terugveg. Hy is nou ’n metamens met nuwe vermoëns en magte. Daar is ook sinspeling op ’n moontlike Green Arrow-splinterre­eks wat in 2040 afspeel, genaamd Green Arrow & The Canaries.

KOEL IN ’N KRISIS

Die meeste van die aksie voor die Crisis On Infinite Earths-kruisepiso­des het in Arrow en The Flash gebeur wanneer

(LaMonica Garrett) sewe Paragons Of Hope (of superhelde) bymekaar kry om te verenig op Earth38, ’n ander weergawe van die Aarde in die oneindige aarde-wêreld, waar hulle standpunt gaan inneem om te voorkom dat die Anti-Monitor die werklikhei­d in al die oneindige wêrelde vernietig.

Die Crisis- episodes gaan veral die Arrow-aanhangers skud, want die reeks se tydlyn word heeltemal teruggeste­l, en Oliver Queen kry ’n voorskou van die moontlike vernietigi­ng wanneer ’n vloedgolf antimateri­e Earth-2 voor hom uitwis. “Dit was die ongeloofli­kste reis,” sê Stephen, en erken hy het amper sy aftrede uit Arrow vaarwel geroep. “Om die Crisis-storielyn te verfilm, het my laat onthou waarom ek so graag Oliver wou speel. Jy kry nie elke dag die kans om veelvoudig­e wêrelde te red nie.”

Monitor The KYK CRISIS ON INFINITE EARTHS AANLYN

DStv Now is ’n gratis diens aan alle DStv-intekenare. Teken in en stroom jou gewone kanale op die dekodeerde­r of jou rekenaar met internet, of op jou selfoon met behulp van die DStv-app. Jy kan ook die vorige seisoen op Catch Up sien.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa