TV Plus (Afrikaans)

PRONK IN AFRIKAANS

-

“Ek is versot op Afrikaanse reekse,” sê Marlo. En 'n mens kan dit sien, want hy pronk in 'n rits van hulle, soos Die Boland Moorde (as Japie Loots, 2013-nou), Sara Se Geheim (as Aidan Cloete, 2017nou), en Die Spreeus (as Antjie Somers, 2019-nou).

Marlo sê hy het 'n sagte plek vir 'n

in 'n storie. Daarom was sy vertolking van Antjie Somers in die rilreeks Die Spreeus (episode 12, die reeks is op die stroomdien­s Showmax beskikbaar) vir hom groot pret. “Ek onthou hoe ek almal in die produksiep­an van Die Spreeus tydens verfilming geflous het toe ek in my volle fopdosuitr­usting – hoë hakke en pruik – op die stel kom vir die tonele waartydens Antjie die kinders gaps. Almal het my snaaks aangekyk en kon nie verstaan wie die ‘vrou' is wat hulle groet nie.”

En omdat Marlo so baie daarvan hou om 'n skurk te speel, was die slinkse sakeman (Abduragmaa­n Adams, 2015

2019) sy gunsteling­karakter in Suidooster. “Ek is goed bevriend met Abdu en dis merkwaardi­g hoe hy Ian met soveel lae gespeel het.”

Ian October PELLE IN DIE REGTE LEWE

Suidooster is nie die eerste sepie waarin Marlo sy gesig wys nie. Tussen 2015-2019 het hy soms die skelm tronkbewaa­rder Tony in 7de Laan (2000-nou, lees meer op bl. 19) gespeel – ook die karakter van 'n boef. “Die rol is die een waarvoor ek die meeste in die publiek herken word,” sê Marlo.

“Sommige van die aanhangers kan nogal kwaad raak vir my en my uittrap oor hoe ek die arme (Hildegardt Whites) ingedoen het. Maar in werklikhei­d is ek en Hildegardt groot tjommies, so ek laat nie toe dat dit my onderkry nie.”

Marlo hoop mense sal hom nou as Imraan herken en nie met hom raas oor dinge wat Imraan aanvang nie. Maar die Suidooster waai hom dalk net weer in 'n skurk-rol in.

Bonita

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa