TV Plus (Afrikaans)

BOLD (KAMEEROLLE)

-

CJ is groen van jaloesie wanneer Amber haar vriend Raymond (die sanger Usher, ’n mentor by The Voice US, 2012-2014) nooi om by die nagklub Insomnia (1998) op te tree. Stephanie is briesend wanneer sy uitvind haar ma, Ann (Betty White, Rose in The Golden Girls, 19851992), beplan om by die Forrester-herehuis te bly (2007). Liam ontmoet die diereaktiv­is Bob Barker (voormalige aanbieder van die Amerikaans­e speletjies­program The Price Is Right, 1988-2007) vir ’n berig in die koerant (2014).

DAYS

’n Bekommerde Rafe en Hope soek na David, en Orpheus se terreurvel­dtog is nog nie verby nie wanneer Steve en Marlena vir John probeer red. Rafe word geskiet wanneer Orpheus John gyselaar hou. John word uiteindeli­k bevry, en Xander soek wraak en gaan klop aan Brady se deur. John is woedend oor die moeilikhei­d waardeur Brady gegaan het, en Justin soek afsluiting en gaan na Adrienne se graf. Steve wil vir Kayla hê, maar Justin is op die punt om haar te vra om te trou, Jack gee Gabi die skuld vir Abigail se probleme, en Justin vaar uit.

Y&R (BOOSWIGTE)

David Kimble is in die knyp wanneer die polisie die net stywer om hom begin trek, en Nina kom terselfder­tyd uit haar wegkruippl­ek uit (1991). Paul en Michael stoei met ’n donker raaisel wanneer Isabella en Christine na onafgehand­elde sake omsien (2003). Nikki en Sharon baklei vir die kollig op die Newman Ranch, en Kevin se wraakkompl­ot neem ’n wending (2003). Lauren en Michael se wittebrood word onderbreek wanneer die slinkse Sheila opdaag (2005).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa