TV Plus (Afrikaans)

MARVIN EN IVY SE TWEELING WEER HAWELOOS

Ivy en Marvin baklei om hul tweeling terug te kry.

-

Die rede hoekom Ivy (Nazli George) en Marvin (Duncan

Johnson) Peterson ouerskap van hul 10-jarige tweeling, Eddie (El-Kody

Langeveldt) en Vee (Zoey

Volkwyn), verloor het, is uiteindeli­k bekend – en dit het te doen gehad met ’n voorval waarby Marvin as polisieman betrokke was. Die voorval was só ernstig, dit het post-traumaties­e stres by Marvin veroorsaak en hy het sy werk verloor.

Marvin het onlangs weer ’n kwaai terugslag beleef en in die hospitaal beland, maar dit beteken nie hy óf Ivy gaan ophou baklei om hul tweeling weer onder hul dak te kry nie. Inteendeel, hulle “sal veg tot die bitter einde”, sê Nazli.

En dis tyd vir Ivy om reg te maak vir baklei, want die tweeling se huidige pleegouer, Karla Malan (Liese Prinsloo, verpleegst­er Lisa Krynauw in 2015 in Binnelande­rs 2005-nou), word in ’n inrigting opgeneem. Karla se man (nie op die skerm nie) is in Mei in ’n skietvoorv­al by die klub oorlede en sedertdien probeer Karla vroualleen alles bymekaar hou. Maar dinge het te veel geraak en sy het geknak. “Die tweeling beland dus weer in die stelsel en moet by nuwe pleegouers geplaas word omdat Ivy en Marvin nog nie gereed is om hulle weer in te neem nie,” sê Nazli.

HERSTELPAD

Duncan sê Marvin is baie gefrustree­rd sonder sy kinders, veral omdat hulle weer ontwrig gaan word. “Die familieeen­heid beteken alles vir die Petersons. Die verlange na hul babies tesame met magteloosh­eid is ’n stryd wat hy en Ivy elke dag stry, maar dit gee hulle ook ’n doel om hul gesin te herenig.” En met daardie doel voor oë vorder Marvin stadig maar seker op die herstelpad.

’N NUWE TUISTE

Daar is intussen ontwikkeli­nge ten opsigte van Eddie en Vee se nuwe pleegouers − ’n Hillside-paartjie, Aggie (Mimi Mahlasela) en Vince (Jacques Blignaut), kan dalk die verantwoor­delikheid aanvaar en sorg dat Ivy en Marvin se kinders naby hulle bly en nie êrens anders ver weg in pleegsorg geplaas word nie. “In Ivy se woorde: ‘Better the devil you know, than the one you don’t.’ Dis waarom sy dink Aggie en Vince sal ’n goeie keuse wees,” sê Nazli. En hopelik duur dit nie lank voor Eddie en Vee uiteindeli­k met hul biologiese ouers herenig word nie.

 ??  ??
 ??  ?? Ivy en Marvin (inlas) sal enigiets doen om hul kinders terug te kry.
Ivy en Marvin (inlas) sal enigiets doen om hul kinders terug te kry.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa