TV Plus (Afrikaans)

IMRAAN: DIE MAN AGTER DIE NUWE INWONER

AB is soek ’n nuwe aptekersas­sistent, en Imraan en Justin staan gereed.

-

Sedert sy aptekersas­sistent, Michelle (Greta Pietersen), en haar gesin einde April verhuis het, het AB (Cedwyn Joel) sy hande vol by die Aalwyn Apteek. Dis hoog tyd om ’n nuwe assistent aan te stel, maar die proses gaan nie so glad verloop soos AB hoop nie. Twee kandidate, die Oos-Wes-kelner Justin (Eden Classens), en Imraan (Marlo Minnaar, Aiden in Sara Se Geheim 2017-nou), is gretig om die pos te vul. Maar ’n misverstan­d tussen AB en Imraan, wat Mr. J (Theresa Sedras) se niggie se seun is en dus verlangs familie is, versuur die proses.

DIE VERKEERDE DATUM

Imraan is omgekrap en kla by Mrs J. dat AB hom weggewys het toe hy vir sy onderhoud opgedaag het. “Daar was duidelik ’n misverstan­d en Imraan het die verkeerde datum vir sy onderhoud gehad, maar AB het klaar ’n slegte indruk van hom en vind hom nie betroubaar as hy nie eers vir sy onderhoud kan opdaag nie,” sê Marlo. Mrs J. pleit by AB om Imraan ’n twee kans te gee, en wys aan hom daarop dat dit bloot ’n fout was, wat AB tot ander insigte bring. Maar nou sit AB met ’n probleem: Justin is onder die indruk die werk is so te sê syne omdat Imraan aanvanklik weggewys is.

OM DIESELFDE VUUR?

AB en Imraan ontmoet vir die onderhoud en met Imraan se kwalifikas­ie as ’n apteektegn­ikus, bied AB tog maar vir hom die werk aan. Maar Imraan aanvaar dit nie sommer dadelik soos AB gedink het hy sou nie. Marlo bieg Imraan twyfel skielik oor die wysheid van die keuse. “Hy weet nie of hy en AB langs dieselfde vuur sit nie, en is bang AB het hom dalk net die werk aangebied weens Mrs J. se inmenging.” Imraan wroeg oor die aanstellin­g, maar sê tog hy sal dit aanvaar – tot Justin se groot teleurstel­ling.

’N VURIGE KONFRONTAS­IE

Nadat Imraan sy besluit geneem het, loop hy homself in ’n woedende Kaashifa (Jawaahier Petersen) vas wat hom lelik uittrap oor hy die werk by die apteek onder Justin, haar vriend, se neus gesteel het. “Kaashifa se direktheid skok Imraan, maar hy vind haar terselfder­tyd aantreklik (lees meer op bl. 25),” sê Marlo.

Die res van die Ruiterbosc­h-inwoners is ook nie te vriendelik met Imraan nie, dus gaan klop hy by Mrs J. aan om hulp. “Imraan sê almal in die gemeenskap het hul mes in vir hom nadat hy die werk bo Justin gekry het, en hulle gaan iets moet doen om dit aan Justin te vergoed.”

IMRAAN WORD ’N HELD

AB en Mrs J. besluit om dinge reg te maak met Justin deur om verskoning te vra omdat hy nie die werk gekry het nadat hy gedink het hy het dit in die sak nie. En hulle bied ook sommer aan om sy handboeke vir sy studie in klank-ingenieurs­wese te dek. “AB voel sommer baie beter want hy weet hoe erg teleurgest­el Justin was toe hy nie die werk gekry het nie,” sê Cedwyn.

Intussen lyk dinge ook beter vir Imraan wanneer hy ’n twyfelagti­ge ou in sy spore stuit wanneer die skelm Carmen (Desiré Gardner) se handsak in die Suidooster-Sentrum probeer steel. Almal is beïndruk met Imraan se dapper optrede en noudat dinge tussen hom en Justin uitgestryk is, verwelkom die gemeenskap hom met ope arms.

Imraan is dankbaar vir die ommekeer en maak gou vriende, maar eintlik is daar net een mens vir wie hy sy volle aandag wil gee: Kaashifa. “Daar is beslis ’n spark tussen hulle,” sê Marlo. En wie weet, dalk raak dinge nog vinnig ernstig tussen dié twee.

 ??  ??
 ??  ?? Imraan (links) en AB (inlas) is nou kollegas in die apteek.
Imraan (links) en AB (inlas) is nou kollegas in die apteek.
 ??  ?? Mrs J. (links) en Imraan is verlangs familie.
Mrs J. (links) en Imraan is verlangs familie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa