TV Plus (Afrikaans)

KOORTJIES MET JOHNATHAN RUBAIN: GEWYDE MUSIEK IN AFRIKAANS

Gospelmusi­ekster Jonathan Rubain bring hoop en geloof na kykers in sy musiekreek­s Koortjies Met Jonathan Rubain.

-

Koortjies Met Jonathan Rubain

Seisoen 1 Sondae kykNET& kie (*145) 18:00

Daar is min dinge in die lewe wat die 35-jarige gospelmusi­ekster Jonathan Rubain soveel genot gee as om musiek te maak. “Ek het met musiek in my ouerhuis in Hanover Park, buite Kaapstad, grootgewor­d. Musiek het voortduren­d deur die huis weerklink en daar was altyd saamsingaa­nde,” vertel die aanbieder van die eerste Afrikaanse gospelmusi­ekreeks, Koortjies Met Jonathan Rubain (2020nou).

Hy leef tans sy droom om gospelmusi­ek met TV-kykers te deel in die reeks met musiek- en- gesels- elemente.

PINKSTERMU­SIEK

Die term “koortjies” is bekend in Pinksterke­rke, vertel Jonathan. “Die koortjies is gewoonlik vier tot ses reëls uit ’n lied. Dit is die koorgedeel­te van die lied wat ons sing.”

In elke episode sing Jonathan en ’n musiekgroe­p ’n paar van dié koortjies voor daar met die gaste gesels word, en sluit die episode met nog ’n koortjie af.

Tussen die singery deur, vertel gaste hul lewensverh­ale en lig van die hoogtepunt­e in hul lewe uit.

Gaste sluit in van bekende TV-sterre tot Jan Alleman wat ’n verskil in hul gemeenskap maak.

Voor die uitbreking van die Covid19-pandemie is die eerste seisoen van die reeks voor ’n gehoor opgeneem. “Maar met seisoen 2, wat later vanjaar uitgesaai gaan word, sal ons die styl van die program moet aanpas tydens die grendeltyd. Ek is nog nie seker hoe ons dit gaan doen nie.”

ONVERWAGS GEBORE

Jonathan vertel die reeks is onverwags gebore. “Die jazz-musikant Kyle Shepherd het my eendag uit die bloute gebel en gevra of ek sou belangstel in my eie reeks op kykNET. Hy het van my YouTube-musiekvide­o’s gesien en gewonder hoekom ‘die ou’ nog nie sy eie reeks het nie. Ons het die konsep bespreek, ’n loodsepiso­de opgeneem en dit aan kykNET voorgelê, wat dadelik daarvan gehou het. En so is die reeks gebore.”

GRENDELTYD

Jonathan is ook agter die kameras besig. “Ek het my eie gospelmusi­ekloopbaan en ek hou gereeld konserte landwyd. Met Covid-19 het ek nog nie weer voor ’n gehoor opgetree nie, maar ek laai gereeld ’n musiekprog­ram op my YouTube-kanaal sodat mense dit daar kan kyk,” sê Jonathan wat al twee CD’s op die rak het, My Testimony en Praise Worship & Koortjies #1, albei in 2018 beskikbaar gestel.

PA-WEES

Wanneer hy nie werk nie, speel hy graag sport saam met sy drie kinders, Mingus (13), Malachi (9) en Micah (3). As ’n geskeide ouer wat toesig oor sy kinders deel, probeer hy soveel moontlik dinge saam met sy kroos doen. “Ek speel goed tennis en krieket. My belangstel­ling in sport kom al van my kinderdae af.”

Sy kinders kom altyd eerste. “My kinders is baie belangrik vir my en ek streef daarna om die beste moontlike pa vir hulle te wees. Hulle moet eendag trots wees op hul pa.” Jonathan leer ook sy kinders verskeie musiekinst­rumente bespeel, van tromme tot kitaar en klavier. “Ek het op 6-jarige ouderdom tromme begin speel, op 10 die kitaar en op 13 die baskitaar.” Hy speel deesdae net die baskitaar.

BOODSKAP VAN HOOP

Met sy reeks wil hy graag ’n boodskap van geloof en hoop verkondig. “Dit is vir my lekker dat ek dit in my huistaal, Afrikaans, kan doen. Ek is baie trots daarop,” erken Jonathan. En koortjies sing darem baie lekker in Afrikaans!

 ??  ?? Jonathan Rubain leef sy passie vir gospelmusi­ek uit. Jonathan saam met een van sy gaste, Desiré Gardner, wat Carmen Samsodien in die sepie Suidooster speel.
Jonathan Rubain leef sy passie vir gospelmusi­ek uit. Jonathan saam met een van sy gaste, Desiré Gardner, wat Carmen Samsodien in die sepie Suidooster speel.
 ??  ?? Jonathan (middel) by Craig Adriaanse (links) en Kay Smith, Wesley en Debra in Arendsvlei, wat ook gaste op die program is.
Jonathan (middel) by Craig Adriaanse (links) en Kay Smith, Wesley en Debra in Arendsvlei, wat ook gaste op die program is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa