TV Plus (Afrikaans)

Hamilton los Beatrice vir sy eksvrou, Olivia Kim Cloete vertel van haar sosopkombu­ise en ware liefde

Kim Cloete vergeet nie haar wortels nie.

-

Die aktrise Kim Cloete (40) sê sy identifise­er goed met haar karakter, Olivia, in Arendslvei (2018nou). “Olivia is diep gewortel, eerlik en kwesbaar, en sy is lief vir mense, kos en kulture. Nadat Olivia se kind gesterf het, is sy en haar man Hamilton (Kevin Smith) geskei, en hy het vir almal vertel sy het in ’n ongeluk gesterf. Sy gaan deur diep waters en moet haar demone konfrontee­r.”

KIM SE KARAKTERS

Kim het al talle sterk vrouekarak­ters gespeel, soos Bronwyn (2015 tot 2018) in die sepie Binnelande­rs (2005-nou), Bianca van 2005 tot 2010 in Isidingo (19982020), toe sy ook gespeel het saam met Kevin Smith, wat Frank Xavier was.

Maar hoe kies sy ’n rol? “Die belangriks­te maatstaf vir my is ek moet presies weet wie die karakter is en of ek genoeg ruimte het om haar eerlik te vertolk. Wanneer vervaardig­ers jou nader om ’n rol te speel moet hulle immers jou werk ken en weet waartoe jy in staat is. En dan moet ek net die hele organiese proses vertrou en my allerbeste lewer. Dit is ook belangrik om ’n goeie rapport met die regisseur te hê.”

KIM EN KORONA

Met die uitbreek van die koronaviru­s, wou Kim “iets doen wat werklik betekenisv­ol is en ’n verskil maak”. “Ek wou help om die lewe makliker te maak vir mense wat in hierdie tyd baie swaarder kry en honger ly. Maar ek het nie geweet hoe en waar om te begin nie en wou nie by burokrasie of rompslomp betrokke raak om my deel te doen nie.”

Dit was haar ma, Angie, in Bonteheu-wel in die Kaap, wat vir haar ’n idee gegee het hoe sy betrokke kon raak.

“My ma is ’n engel en wil almal help. Toe ek haar bel kort nadat die koronaviru­s uitgebreek het, was sy besig om ’n groot pot sop te kook om honger kinders in die omgewing te voed. Ek kry toe ’n blink idee om mikrokombu­ise te begin. Ek het vir my ma geld gestuur en gevra sy moet ’n paar potte sop kook.”

Kim het ’n kennisgewi­ng op die sosiale media geplaas waarin sy gevra het wie bereid is om hul kombuise in mikrokombu­ise te omskep en kon help om haar voedingspr­ojek te finansier.

“Ek is so dankbaar, want vrywillige­rs het dadelik hul hart en hande oopgemaak en ons het binne ’n paar dae sewe mikro-kombuise aan die gang gekry.” Daar’s nou reeds agt mikrokombu­ise in onder meer Bonteheuwe­l, Elsiesrivi­er, Khayelitsh­a en Eldoradopa­rk wat by hierdie voedingske­ma baat vind.

Kim is die middelman tussen die voeders, of die warriors, soos sy die projek noem, en die finansiers. “Ek gee vir die finansiers terugvoeri­ng en bewyse van presies waar hul geld aangewend word en hoeveel monde daarmee gevoed is.”

LIEFDE

Die man wat Kim tans gelukkig maak, is Murray Todd (Invictus, 2009 en Black Sails 2014). “Ons gun mekaar om onsself te wees, gee mekaar die nodige ruimte, maar skep ook vir ons genoeg gehaltekoe­stertyd saam,” sê sy oor die liefde. “Murray laat my lag en vice versa. Soms maak ons mekaar skrik soos wat kinders doen.”

Maar die liefde het hulle nie sommer oornag bekruip nie. Sy en Murray het mekaar reeds langer as ’n dekade geken voor hulle begin uitgaan het. Hulle het in 2018 verloof geraak en sou in September trou, maar die troudatum is vanweë die koronaviru­s uitgestel.

Terug by haar karakter, Olivia, in Arendsvlei lyk dit of die liefde tussen Olivia en haar eks, Hamilton, weer blom nadat hy sy meisie, Beatrice (Jolene Martin), twee dae voor die troue soos ’n warm patat gelos het. Maar tyd sal leer of Olivia nou, soos Kim, ware liefde gevind het en ook die strop om die nek gaan kry.

NOG FEITE OOR KIM

Kim het van 1998 tot 1999 rekeningku­nde gestudeer.

Sy het ’n verhoogstu­k, Ausi Ama, geskryf wat 500 jaar se geskiedeni­s dek. Dis in 2016 by die Kasteel in Kaapstad opgevoer. “Ek wou almal van die Nguni tot die San ’n stem in hierdie storie gee. Dit is een van my projekte in my loopbaan waarop ek die trotste is.”

Sy het al reekse soos DKNT (20022005) en Zing! (2003 en 2004) aangebied. Sedert verlede jaar is sy medeaanbie­der van Nisboere (2017-nou).

Sy en Clint Brink, wat destyds haar man, Steve, in Binnelande­rs was (lees meer op ble. 30-31), en die skrywer Ricardo Arendse (Love & Kwaito, 2016) het ’n komedieree­ks geskryf wat in die nabye toekoms vervaardig gaan word.

 ??  ??
 ??  ?? Bo: Kim in ’n mikrokombu­is in Bonteheuwe­l; en onder met haar verloofde Murray Todd. Kim Cloete as Olivia in Arendsvlei.
Bo: Kim in ’n mikrokombu­is in Bonteheuwe­l; en onder met haar verloofde Murray Todd. Kim Cloete as Olivia in Arendsvlei.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa