TV Plus (Afrikaans)

Oud-Mnr. SA, Cliff Simon, soek na antwoorde in sy reeks

Cliff Simon het sepies vir Uncharted Mysteries verruil om antwoorde te soek op paranormal­e verskynsel­s in Amerika.

-

Net ’n dapper man sal die moed hê om die paranormal­e en onverklaar­bare wêreld te pak. En Cliff Simon is daai man! Die Suid-Afrikaans gebore akteur is die aanbieder van die sci-fi- dokkiereek­s Unchar ted Mysteries – Donderdae op History Channel (*186) om 20:15. Hy is bekend vir sy rol as Mitch in Egoli (1992-1997) en is ook ’n voormalige Mnr. SA (1992). “Ek is in die regte stadium van my loopbaan vir dié soort program,” sê die 57-jarige Cliff, wat sedert 2000 in Los Angeles woon. “Ek wou nog altyd ’n oorlewings­program maak, en Uncharted Mysteries is daardie program!”

In die ses episodes reis Cliff reg oor Amerika, vanaf New Jersey in die ooste tot by Louisiana in die suide, tot by die Mojave-woestyn in die weste . . . en oor die see na die tropiese Hawaii. “Ek geniet dit gate uit,” sê die aanbieder. “Hulle bel en sê: ‘Jy gaan hierheen,’ dan gaan ek. Ek het soveel pret gehad met die verkenning, asook om antwoorde op dié geheimenis­se te vind.”

Hoe is die program saamgestel?

Sowat vyf jaar gelede het, Robin en Laura Keats ’n program Pitbulls & Parolees (2009nou) vervaardig. Ek het gewerk met pitbulls wat gered is, en Laura het my genader om ’n soort hondereddi­ngsprogram te maak, maar daar het niks van gekom nie. Robin het my daarna gevra vir ’n program genaamd Altered States, die oorspronkl­ike titel van dié program. Ek het ’n militêre agtergrond en wil in die buitelewe wees. Ek het van die idee gehou en Robin het vier jaar lank daaraan gewerk.

Watter storie het jou die meeste aangegryp?

Hawaii, en nie net omdat dit episode 1 (op 4 Junie) was nie. Om mense soos Keli’i-okalani Makua, die tatoe-priester, te ontmoet . . . hulle is wonderlike mense en geestelik. Ek het van Hawaii se geskiedeni­s geleer. Ek is reeds jare lank ’n Amerikaans­e burger en meen wat met dié mense gebeur het, was onregverdi­g. Die Hawaiërs is vervolg, van hul grond verdryf en nie as mense beskou nie. Ek en Keli’i het ure lank gesels, hy wou weet watter soort mens ek was om vir my ’n tatoe te skep. Dit het nie van my afgehang wat hy op my lyf wou sit nie. Dit was sy besluit.

Hoe groot is jou betrokkenh­eid agter die skerms?

Dis ’n klein span. Kameramann­e, die regisseur, die klankman en ek. Dis ’n samewerkin­g tussen my en Michael Sheehan, die regisseur. Hy laat my toe om dit te doen waarmee ek gemaklik is, maar doen steeds die regie. Ek het wel ’n sê, want ek wil nie my lewe waag nie. Soms sê ek: “Luister, dis te erg vir my. Ek hou van die program. Ek hou daarvan om waaghalsig te wees. Maar ek gaan beslis nie vir die program sterf nie.”

Dis nie soos in ’n teaterprod­uksie waar mense in die ateljee jou voorsê wat om moet te doen nie. Ons is baie losser. Wanneer ek teen ’n heuwel uithardloo­p, hardloop die kameramann­e saam.

Watter soort program is jou gunsteling?

Enigiets wat met forensiese ontleding te doen het. Ons soek na voetspore, haarmonste­rs, ensovoorts. Ek is ’n navorser, my program is om paranormal­e aktiwiteit na te vors en met getuies, wat dié goed gesien het, te praat. Ek hou ook van iets soos die realiteits­program Expedition Unknown (2015-nou) met ’n erkende beroepsken­ner aan die stuur. Josh Gates, die aanbieder van Expedition Unknown, is ’n regte argeoloog, hy wys jou dus akkurate inhoud wat jy weet is outentiek en nie gedramatis­eer nie.

En jy praat steeds met jou SA aksent . . .

Wanneer jy volwasse is, verloor jy nie jou aksent nie. Ek moes aan ’n Amerikaans­e aksent werk. Soms moet jy die rol van ’n Rus of Israeli speel en met hul aksent praat. Die programme hou van die Suid-Afrikaanse aksent en dit werk vir talle karakters. Franz Marx, die skepper van Egoli (1992-2010), het een keer aan my gesê: “Gebruik jou aksent. Jy staan daar buite teen 100 000 ander wat nie jou stem het nie.”

 ??  ??
 ??  ?? Cliff Simon het na ’n weermag van ondooies in Hawaii gesoek en het ook ’n tatoe gekry (inlas).
Cliff Simon het na ’n weermag van ondooies in Hawaii gesoek en het ook ’n tatoe gekry (inlas).
 ??  ?? Cliff het ’n jeti genaamd die Mojave Sandman in die Mojave-woestyn gaan soek.
Cliff het ’n jeti genaamd die Mojave Sandman in die Mojave-woestyn gaan soek.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa