TV Plus (Afrikaans)

Danny word dodelik siek!

René besef wie haar mediese voordele gesteel het.

-

Daar is iewers ’n slang in die gras met verpleegst­er René (Simoné Pretorius) se mediese fonds. “Vreemde transaksie­s het die afgelope ruk daarop plaasgevin­d vir toetse en medikasie waarvan René niks weet nie, en dit laat haar kopkrap oor wat werklik aan die gang is,” sê Simoné.

Bedrog en die steel van ’n mediese identiteit is aan die orde van die dag en speurder René gaan beslis nie agteroor sit en toelaat dat haar mediese fonds leeggetap word nie. “René soek antwoorde en wanneer die polisie hul voete sleep, spring sy in en soek self na die skurk.”

MET INLIGTING GEPEUTER

Dit het alles begin toe René haar aan die begin van Junie beseer het. “René het in ’n spyker getrap en haar hand gebrand en moes behandelin­g by die ongevalle afdeling kry. Tydens die hospitaalb­esoek het sy ’n infeksie opgedoen weens haar beserings en die dokter gee haar toe morfien vir die pyn, maar René is allergies vir morfien,” sê Simoné.

Nadat ondersoek ingestel is, het René en kie. agtergekom daar is met René se hospitaall­êer gepeuter, want dit bevat geen inligting oor haar allergie nie. “Boonop toon René se mediese fondsstaat ook toetse vir MS (veelvuldig­e sklerose) onder haar naam en pynpille wat by die apteek gekoop is.”

TOT HIERTOE . . .

René raak erg gefrustree­rd wanneer die dief weer pille op haar rekening by die apteek koop en besluit om haarself te beskerm deur ’n klag van bedrog by die polisie te lê. Maar dinge verloop nie seepglad by die owerhede nie.

“Die polisie is traag met die ondersoek en René meen hulle neem haar nie ernstig op nie,” sê Simoné. Die situasie is besig om René se konsentras­ievermoë by die werk aan te tas en dit maak haar baie moedeloos.

’N LEIDRAAD

Dr. Quinton (Ramey Short), René se kollega en vriend, het simpatie met haar oor die dilemma waarin sy haar tans bevind, en kry toevallig ’n leidraad wat daarop dui dat die Binneland-kliniek se hoof van administra­sie, Annetjie Strauss (Lorraine Burger), moontlik iets met die mediese bedrog te doen het.

“Ek kan nie te veel uitlap oor wat presies die leidraad is nie, maar dit het te doen met e-pos wat Annetjie aan die dokters stuur,” sê Simoné.

René gee die inligting vir die polisie, maar wanneer hulle Annetjie daaroor uitvra, pleit sy onskuldig. “Annetjie erken wel haar skootreken­aar is onlangs gesteel en sy het dit stil gehou en self vervang. En dis dalk hoe René se mediese inligting gesteel is.”

ANDER BEWYSE

Met Annetjie as verdagte uitgeskake­l, sak René se moed in haar skoene, tot Annetjie self ’n deurbraak in die saak maak wanneer sy ’n transaksie onthou wat met René se mediese fonds te doen het.

“Annetjie gee vir René die inligting en die adres wat sy het, en sonder om twee keer te dink, gaan soek René die adres met die hoop om meer inligting te kry oor die mens wat haar identiteit gebruik om mediesefon­ds-bedrog te pleeg,” sê Simoné.

Wanneer René by die plek aankom, kry sy nie die verdagte wat verantwoor­delik is vir al die drama nie. Maar sy kry wel bewyse dat die skurk nie net háár identiteit gesteel het nie, maar ook dié van verskeie ander mense.

René gee die nuwe inligting aan die polisie, maar tot haar grootste teleurstel­ling en skok ontglip die skurk hulle weer, wat René net meer vasberade maak om die skuldige op te spoor.

Maar dis ’n gevaarlike perd wat René opsaal, en daar lê nog verskeie komplikasi­es voor. René sal versigtig moet wees! Lees meer op bl. 31 en 55.

 ??  ??
 ??  ?? Quinton (links) probeer René (regs) in haar dilemma help.
Quinton (links) probeer René (regs) in haar dilemma help.
 ??  ?? Annetjie Strauss.
Annetjie Strauss.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa