TV Plus (Afrikaans)

Wynand: Net die kuur vir Renate

Die Stryders se Wynand is baie meer as net ’n rugbyspele­r.

-

Die 23-jarige Hanno Hattingh, Wynand in Getroud Met Rugby (2016-nou), se treffende groenblou oë dans vol lagduiwelt­jies. Wanneer hy glimlag, maak kuiltjies harte week! Maar moet hom nie onderskat nie. Hanno is ’n jong akteur met ’n missie, groot drome en aspirasies.

SJARMANTE WYNAND

Hanno, wat sedert April as ’n lid van die Styderspan in die sepie te sien is, vertel hy het darem tyd gehad om sy lyf in die gimnasium te beitel voor hy sy eerste tonele in Januarie verfilm het. Hy geniet nie net die oefening nie, maar ook die uitdagings wat Wynand bied. “Wynand is nie ’n rokjagter nie en is eintlik onbewus van sy sjarme. Maar wat die meisies betref, mis hy nie ’n geleenthei­d wanneer dit na sy kant toe kom nie! Hy is eintlik ’n ordentlike ou en bedoel nie om iemand seer te maak nie,” skerm hy vir sy karakter. “Wynand is eintlik ongeërg oor Chrissie (Melissa Willering) en Anna (Kate Roothman) wat katgevegte oor hom het.”

BOERSEUN SE KUNSLIEFDE

Hy is ’n boerseun en dit was vir hom swaar om vroeër vanjaar Johannesbu­rg toe te trek. Hy het op ’n plaas in die omgewing van Senekal en Marquard in die Vrystaat grootgewor­d, maar sy kop het vroeg reeds drama toe gestaan. “Nadat ek op 11-jarige ouder- erdom die rolprent High School ool Musical (2006) gekyk het, het ek geweet ek wil akteur word,” vertel hy.

Ná matriek het hy van 2015 tot 2017 film- en verhoogdra­ma in Kaapstad gestudeer. Hy het ook ’n kursus om draaiboeke te skryf aangepak en in 2016 sy eerste teks vir ’n rolprent, Broken Pain, begin skryf. “Ek het dié teks die afgelope paar jaar oorgeskryf en hoop dit kan eendag verfilm word. Die inspirasie vir die rolprent kom gedeelteli­k uit my verlede. Die tema is selfvergif­nis en hoe jou emosies jou in ’n plek erger as ’n tronk kan toesluit.”

Tydens sy studie het hy ’n teken van Bo gevra hoekom dit so belangrik is dat hy sy passie vir toneelspee­l moet uitleef. “Twee weke daarna het ek die geleenthei­d gekry om in Neill Blomkamp van District 9-faam (die 2009-sci-fifliek) se wetenskapf­iksie-riller Lima (die kortfliek is in 2017 uitgereik) in te staan vir die Amerikaans­e akteur Kellan

Lutz (Emmett Cullen in die Twilight Saga-reeks 2008-2011). Dit was beslis ’n teken.”

Kort ná sy studies het ’n groot geleenthei­d opgeduik: Hy het ’n rol in die eerste Christelik­e komedieree­ks, Noupadfm (2018), as Danny G. losgeslaan, saam met ander bekendes soos Albert Maritz (Derik in Alles Malan, 2019).

’n Maand nadat Noupadfm se vervaardig­ing afgehandel is, het hy sy tasse gepak en is hy Amerika toe. “Ek het eers drie maande lank in ’n somerkamp in Noord- Carolina gewerk waar ek kinders opgepas het en toe is ek vir ’n maand Los Angeles toe om werksgelee­nthede te ondersoek,” maar hy het ’n bloutjie in Hollywood geloop.

HARTSEER EN BLYDSKAP

Terug in Kaapstad het sy ma, Rista, laat weet sy pa, Hansie, is baie siek. Hy het toe besluit om terug te gaan plaas toe. “My pa het limfkanker gehad en ek het heeltemal verlore gevoel toe ek die slegte nuus hoor. Ek het vir 9 maande gaan boer tot my pa weer op die been was. Hy is genadiglik ge genees.”

Hanno moes reeds op ’n j jong ouderdom emosion nele uitdagings trotseer. S Sy biologiese ma is dood in ’n motorongel­uk toe hy ne net ouer as ’n jaar was en hy is aangeneem. Hy het sy biologiese sussie die eerste keer ontmoet toe hy 18 jaar oud was. “My biologiese ma was kunssinnig en ek het beslis haar gene geëerf. En hoe beter ek my biologiese suster leer ken het, hoe meer het ek besef ons het baie gemeen.”

Hy praat met groot waardering van sy aanneemoue­rs. “My aanneemma is ’n maatskapli­ke werkster en ’n ongeloofli­ke sterk vrou en sy was nog altyd daar vir my.”

TERUG BY WYNAND

Nes Wynand ken hy rugby, maar hy is nie ’n ekstrovert soos sy karakter nie. “Benewens visvang en skryf, is ek ook op my gelukkigst­e wanneer ek saam met familie of vriende kuier.”

En het hy ’n meisie? “Nee ek is nie in ’n vaste verhouding nie,” vertel hy skamerig. Maar Hanno weet presies wat hy in sy droomvrou soek: “Sy moet die Here dien, passievol oor haar beroep wees en my liefhê net soos ek is.”

 ??  ??
 ??  ?? Wynand gooi sy flikkers vir Renate.
Wynand gooi sy flikkers vir Renate.
 ??  ?? Van links Hanno, sy ma, Rista, sy pa, Hansie, en sy suster, Verika.
Van links Hanno, sy ma, Rista, sy pa, Hansie, en sy suster, Verika.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa