TV Plus (Afrikaans)

‘Aftrede is aan my opgedwing’

Covid-19-regulasies dwing Freek Robinson om af te tree.

-

Die veteraannu­usleser, radio-enTV-persoonlik­heid Freek Robinson het einde Mei nog gereed gemaak om kantoor toe te gaan om nuus te lees, toe hy ’n oproep van sy redakteur by eNuus (2010-nou) kry en hoor sy kontrak is beëindig. “Ek kon dit nie glo toe hy sê om nie in te kom nie,” sê Freek somber. “Die besluit om af te tree is namens my geneem,” voeg hy by.

Dis die laagtepunt van sy loopbaan van 45 jaar, sê die 67-jarige Freek. “Die korona-pandemie se regulasies, wat aanraai dat mense ouer as 60 weens gesondheid­srisiko’s eerder van die werkplek moet wegbly, het ook die aftrede aan my opgedwing – al is ek gesond,” sê Freek.

DAAR IS ONDERSTEUN­ING

Sedert die aankondigi­ng van Freek se aftrede, is hy oorlaai met boodskappe van alle kante wat hom voorspoed toewens, asook hom prys vir sy rol in die media. “Dis oorweldige­nd,” sê Freek.

“’n Mens besef soms nie watter impak jy maak nie, en ek wil dankie sê aan elkeen wat ’n boodskap van ondersteun­ing gestuur het. Dit beteken baie vir my,” sê Freek met waardering.

Tans hou Freek hom besig met sy konsultasi­emaatskapp­y, Freek Robinson Consultati­ons, waar hy bestuurder­s van organisasi­es leer hoe om TV-onderhoude te behartig en vrae voor die kameras reg te beantwoord. “Ek doen dit al die afgelope 15 jaar. Ek tree ook op as ’n motivering­spreker by gesellighe­de.”

Freek hoop hy sal weer op ’n manier voor die kamera wees. “Ek gaan nie die pandemie se slagoffer wees nie.”

’N ANDER KANT VAN FREEK

“Ek is ’n ernstige mens,” sê Freek op die vraag hoe hy is wanneer hy nie nuus lees nie. “Ek lees baie en maak seker ek bly ingelig oor die jongste nuus en gebeure, maar daar is ook ’n ligter kant aan my,” voeg hy by en raak nostalgies.

“Ek onthou in my jonger dae het ek op my kitaar in restaurant­e getokkel en liedjies gesing. Ek het selfs liedjies geskryf wat later deur die sangeres Laurika Rauch opgeneem is (As Jy Kan en Kon Jy Raai in 1995). Noudat ek daaraan dink, ek het jare laas aan ’n kitaar geraak.”

Die skrywer en sanger wyle Koos du Plessis (Kinders Van Die Wind, 1979), is een van die mense wat sy liefde vir Afrikaans aangevuur het. “Koos was in 1975 my hoofsubred­akteur in die nagkantoor by die Oggendblad waar ek as sub gewerk het,” onthou Freek. “Hy sou spontane partytjies in die kantoor begin en dan sy kitaar nader trek en begin sing. Koos het my liefde vir die Afrikaanse taal aangewakke­r en my gewys hoe jy besonderse Afrikaanse woorde in liedjies kan gebruik.”

SINONIEM MET NUUS

Freek is sinoniem met die ondersoeke­nde joernaalpr­ogram Fokus (1995nou) op SABC2 en die nuusprogra­m Robinson Regstreeks (2010-2015) op kykNET waarin hy ernstige gesprekke met mense gevoer het. “Die meeste mense herken my vir Fokus en verwys daarna as Fokus Met Freek, wat wel vir ’n ruk die program se naam was (van 2008-2010). Ek het goeie tye met die reeks gehad en dit geniet om in die veld uit te gaan vir stories.”

Op Robinson Regstreeks kon Freek moeilike vrae aan politici vra en sê hy onthou in 2010 toe sy gas, die destydse direkteur-generaal van arbeid, Jimmy Manyi, gal gebraak het oor die getal bruin mense wat in die WesKaap bly en nie na ander provinsies wil trek nie. “Ek was geskok oor sy uitlatings en hoe hy vir die bruin gemeenskap wou sê waar hulle moet bly,” onthou Freek.

SIEN DIE MENSWAARDI­GHEID

Vra jy Freek oor ’n hoogtepunt in sy loopbaan, sê hy sonder twyfel sy betrokkenh­eid as fasiliteer­der by die 1994-debat tussen oud-presidente Nelson Man

dela en FW de Klerk. “Daar was baie vlinders in my maag voor ons regstreeks uitgesaai het, spesifiek omdat daar 30 sekondes voor uitsaaityd in my oor gefluister is die uitsending gaan regoor die wêreld deur meer as 800 miljoen mense gesien word.”

Om neutraal te wees in sy werk is ’n les wat Freek in sy loopbaan geleer het. “Ek wou nog altyd die nuus eerlik oordra en ek glo dis wat ek gedoen het. Dis vir my belangrik om elke mens se waardighei­d sonder enige oordeel raak te sien.”

Ons hoop Freek stof sy kitaar af, maak musiek wat sy voete laat jeuk en is binnekort weer in ’n program te sien.

 ??  ??
 ??  ?? Freek Robinson is ’n nuuslegend­e.
Freek Robinson is ’n nuuslegend­e.
 ??  ?? Freek het nie veel verander nie – dié foto is in 2010 geneem.
Freek het nie veel verander nie – dié foto is in 2010 geneem.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa