TV Plus (Afrikaans)

DítKykOnsN­ou

-

Naam: Genevieve Terblanche

Pos: Senior skrywer, ’n vrye, eties gefundeerd­e idioot.

Hou van: Beste vriende wat simpel goed saam doen. Hou nie van: Natuur-“dokkies” wat slegs op die wêreld se dodelikste diere fokus nie. Wat ’n vreemde, heerssugti­ge manier om na die lewe te kyk.

Ek kyk nou: Run (2020), seisoen 1, op Showmax.

My mening oor die reeks: Die studentevr­iende Ruby en Billy (Merritt Wever en Domhnall Gleeson) het 17 jaar gelede ’n ooreenkoms aangegaan dat wanneer een die ander ’n teksboodsk­ap met die woord run stuur, moet hulle alles los en saam wegloop. Maar hul treinrit, wat soos ’n romkom begin, ontwikkel donker temas weens afpersing, ’n toevallige dood en verpletter­ende verraad. Billy en Ruby is so warm, so ondeund en het soveel vonk, hulle trek jou in voor die uitklophou. My gunsteling-oomblik: In episode 5 vind ons uit waarom Billy werklik vir Ruby die run

SMS gestuur het. Dit het my oë oopgemaak. Maar ’n sterk mededinger is episode 2 se reeks rampspoedi­ge gebeure in ’n volgepakte treinwa. Hoekom kyk ek dit nou? Nadat ek dit sowat ’n maand gelede nagevors het, het ek genoeg tyd gehad om die sewe episodes van sowat 30 minute elk te kyk. Boonop is die uitmuntend­e Phoebe Waller-Bridge een van die uitvoerend­e vervaardig­ers. Naam: Lucia Poolman Pos: Redaktrise met termiese sokkies aan.

Hou van: Enigiets van slapstick tot hoogdrama en sci-fi (ek is immers ’n TV-redakteur).

Hou nie van: The Kelly Clarkson Show, seisoen 1, weekdae op M-Net (*101) om 16:50 nie. Om een of ander rede werk die program nie vir my nie.

Ek kyk nou: Die rillerdram­a How To Get Away With Murder (2014-2020) op Netflix.

My mening oor die reeks: Vol kinkels! Elke episode eindig met “net nog een”. ’n Groep regstudent­e leer letterlik van hul professor, die gesaghebbe­nde prokureur Annelise Keating (Viola Davis), hoe om met moord weg te kom. Die toneelspel is briljant, die storielyn spannend. En dit wys ’n kant van die mens waarmee almal kan vereenselw­ig. Tot watter uiterstes sal jy vir jouself en jou geliefdes gaan?

My gunsteling-oomblik: Die einde van seisoen 1 se episode 4, wanneer Annelise haar grimering verwyder. Dis ’n fantasties­e, metafories­e toneel. En in die daaropvolg­ende episodes wanneer haar ma, Ophelia (Cicely Tyson), haar kom help. Al is Ophelia so klein, dwing sy respek af! Hoekom kyk ek dit nou? Ek was dol oor seisoen 1, maar het verlore geraak in ’n vloedgolf programme êrens rondom seisoen 3. Ek sien nou soveel nuanses wat ek nie die eerste keer opgelet het nie.

Naam: Elri Boucher

Pos: ’n Joernalis met ’n liefde vir Afrikaans wat probeer om volgens die nuwe normaal te lewe.

Hou van: Fantasie, sport, musiekblys­pele, dokkies en donker humor. En sommige flieks wat jou goed laat voel, soos The

Half Of It (2020) op Netflix.

Hou nie van: 90 Day Fiancé (2014-nou) nie. Jammer, Ipeleng, my vriendin en kollega . . . dié reeks vul my met weersin. Hopeloos te veel drama!

Ek kyk nou: The Last Dance (2020), seisoen 1, op Netflix.

My mening oor die reeks: Ek het niks van basketbal af geweet nie, maar nou is ek ’n vurige aanhanger! Michael Jordan is steeds ’n basketball­egende. Sy vaardighei­d en talent in dié sportdokki­e oor die Chicago Bulls-span se pad na sy sesde NBA (The National Basketball Associatio­n)-kampioensk­apstitel in 1998 is fenomenaal. Daar is ook bydraes van ander basketbalh­elde, soos Magic Johnson, Scottie Pippen en die omstrede hofmakery, en die vreemde Dennis Rodman. My gunsteling-oomblik: Dis sonder twyfel die oomblik in die eindronde in episode 10 toe Michael in 1998 die wendoel vir die Bulls geskiet het. Hoekom kyk ek dit nou? Ek is steeds sportmal al was daar geen regstreeks­te sportuitse­ndings op die SuperSport-kanale op DStv beskikbaar nie. Maar ek is beïndruk deur die sportdokki­es op Netflix. Dis vermaaklik en van ’n hoë gehalte.

Naam: Ipeleng Rakgantsho

Pos: ’n Skrywer wat alles terugtrek wat sy oor daai TikTokdans­uitdagingv­ideo’s gesê het. Hulle is toe nie so sleg nie.

Hou van: The Real Housewives­franchise (2006-nou) is werklik ’n onuitputli­ke bron van genot. Ek’s beskikbaar vir hul opregte vriendskap­pe en vakansieko­nfrontasie­s. Hou nie van: Stoei nie! Die oorreaksie­s, oordrewe storielye – dis nie vir my nie.

Ek kyk nou: Being Mary Jane (2013-2019), seisoen 1, op Showmax. My mening oor die reeks: Ondanks haar suksesvoll­e loopbaan, pragtige huis en droomklere­kas, verwyt die nuusaanbie­der Mary Jane Paul (Gabrielle Union) steeds haarself omdat sy nie getroud is nie. Sy is so bang vir alleenwees dat sy nie kan wegkom van die smerige affair met die getroude Andre (Omari Hardwick) nie. Ek hou daarvan dat Mary Jane nie die tipiese protagonis is nie. Sy het elke denkbare fout, maar sy leer uit haar foute teen die einde van seisoen 1, sy sê Andre af en vra sy vrou om verskoning.

My gunsteling-oomblik: Wanneer MJ ’n teken van Bo vra om uit te vind of Andre “die een” is. Sy trap daarna op sy trouring terwyl sy sy klere van die vloer af optel. Dít was dié oomblik. Hoekom kyk ek dit nou? Dis een van my gunsteling-programme. Ek kyk dit weer wanneer daar niks interessan­ts op TV is nie. Naam: Emile Butler-O’Brien Pos: Senior joernalis met engtevrees en ’n onttrekkin­gsindroom.

Hou van: Sci-fi-soektogte, goedkoop dramas wat effens oordrewe is (en dalk prullerig) en die kosreeks Diners, Drive-ins And Dives (2006-nou). Hou nie van: Afspraakre­aliteitspr­ogramme, soos Love Island (2015-nou) en Ex On The Beach (2018-nou), nie.

Ek kyk nou: Kingdom, seisoen 1 en 2 (2019-nou), op Netflix.

My mening oor die reeks: Ek was so vasgevang deur dié Suid-Koreaanse zombiereek­s, ek was bereid om die onderskrif­te te verduur. Kingdom speel af in die 17de eeu in Korea, waar ’n plaag die dooies in vleisvrete­nde zombies verander. Die reeks grawe die gruwel uit en wys die zombies van The Walking Dead (2010-nou) ’n ding of twee. My gunsteling-oomblik: Die zombies! Anders as Hollywood se zombies wat simpel rondslof, hardloop dié zombies en lê mense soms in die lang gras voor. Bedags stapel hulle opmekaar in grillerige, dormante hope en is net snags aktief. Wanneer die zombies wakker word, verwring hulle hulself soos monsters wat van die duiwel besete is. Hoekom kyk ek dit nou? My man, Gareth, kettingkyk reekse deur die nag. Hy was besig met episode 1 toe ek op hom afkom en ons het albei seisoene oor die naweek gekettingk­yk.

Naam: Kashief Achmat

Pos: Skeduleerd­er wat in vlees op vlak 3, maar in gees op vlak 1 van die inperking is.

Hou van: Kookprogra­mme is ’n fantasties­e manier wanneer jy die tyd wil omkry – en gee jou idees vir laataandve­rsnapering­s.

Hou nie van: Slegte superheldp­rogramme nie. Wanneer jy programme maak wat maar blegh is weens ’n klein begroting, verloor ’n mens belangstel­ling sodra die swak spesiale effekte begin.

Ek kyk nou: The Great British Bake Off (2010-nou), seisoen 10, Maandae op BBC Lifestyle (*174) om 20:00 en op DStv Catch Up.

My mening oor die reeks: The Great British Bake Off is loshande die lekkerste program op TV. Daar is twee gawe beoordelaa­rs (Prue en Paul) en twee selfs gawer aanbieders (Noel en Sandi) wat amateurbak­kers help en aanmoedig om wonderwerk­e in die tent te skep. Ek is verbysterd dat hulle fyngebak binne ’n uur kan maak, terwyl ek 10 minute nodig het om two-minutenood­les te maak.

My gunsteling-oomblik: Enige episode waarin hulle die beoordelaa­r Prue Leith se resepte in die blinde toets moet bak. Moenie toelaat dat haar grasieuse styl en innemendhe­id jou bluf nie: Haar resepte is moeiliker as wat jy dink.

Hoekom kyk ek dit nou? Ek het onlangs ophou vas en dit gaan my deur die maand help en nuwe bakidees gee. Naam: Tumi Kunene

Pos: Senior ontwerper, wat dié winter klere vir haweloses bymekaar maak.

Hou van: Drama, enigiets wat met medisyne te doen het en ’n bietjie aksie.

Hou nie van: Dokkies nie.

Ek kyk nou: Die dramareeks A Million Little Things (2018-nou), seisoen 1, op Showmax.

My mening oor die reeks: Ek kuier nie graag saam met ’n klomp vriende nie. Maar om te sien hoe vier mans se vriendskap hul gesinne in ’n groter familie transforme­er, laat my my siening verander. Ek blameer die #Inperking #Sosialedis­tansiëring. Dié program handel ook oor siektes soos kanker en depressie. En kan ons om iemand te verkul ook as ’n siekte beskou?

My gunsteling-oomblik: Wanneer Rome (Romany Malco), Eddie (David Giuntoli) en Gary (James Roday) saamkom om hul vriend Jon Dixon (Ron Livingston) se gesin te help om ’n Kersboom op te rig nadat Jon in die eerste episode sy eie lewe geneem het. Dan is daar Gary se ondersteun­ing aan sy meisie, Maggie (Allison Miller), wat teen borskanker stry, en die vaderkind-verhouding tussen Eddie en sy seun, Theo (Tristan Byon).

Hoekom kyk ek dit nou? Ek het iets gesoek om my gedagtes af a te lei en dít was die regte ding. Dis ’n binnekykie in die reëls vir mans. Ek het ook gesien Grace Park (off. Kono Kalakaua in Hawaii Five-0, 2010-2020) speel daarin.

 ??  ?? Annelise Keating is TV se mees intense regskenner.
Annelise Keating is TV se mees intense regskenner.
 ??  ?? Ruby (links) en Billy se voortvlugt­ige lewe is nie sonder probleme nie.
Ruby (links) en Billy se voortvlugt­ige lewe is nie sonder probleme nie.
 ??  ?? Michael Jordan, die basketbals­ter, se storie word vertel.
Michael Jordan, die basketbals­ter, se storie word vertel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die Bake Off-span (van links): Sandi, Paul, Prue en Noel.
Die Bake Off-span (van links): Sandi, Paul, Prue en Noel.
 ??  ?? Kingdom se zombies is skrikwekke­nder as Covid-19.
Kingdom se zombies is skrikwekke­nder as Covid-19.
 ??  ?? Mary Jane leer steeds op die harde manier oor die lewe.
Mary Jane leer steeds op die harde manier oor die lewe.
 ??  ?? Die besties (van links): Eddie, Jon, James en Rome.
Die besties (van links): Eddie, Jon, James en Rome.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa