DAS BOOT
SHOWMAX | 2018 | PERIODEDRAMA | SEISOEN 1 | KETTINGKYK VANAF WO. 1 JULIE
Dié vervolg op Wolfgang Petersen se fliek Das Boot van 1981 is gegrond op Lothar- Günther Buchheim se gelyknamige boek van 1973 en sy vervolg in 1995, Die Festung. Dit handel oor die bemanning aan boord van ’n Duitse duikboot tydens WO2 en die weerstandsbeweging in die besette Frankryk wanneer woede begin oorkook toe hul lojaliteit bevraagteken word.