TV Plus (Afrikaans)

BOLD (KYKERS SE KEUSE)

-

In die heel eerste episode word aanhangers bekendgest­el aan Forrester Creations se modegrootb­aas, Eric Forrester, en sy seuns, Ridge en Thorne (1987). Terselfder­tyd waarsku die mediagroot­baas, Bill Spencer sr., Ridge om weg te bly van sy dogter, Caroline. In 2003 ding Eric en Ridge mee om die hoof van die modeontwer­pers te wees in ’n kragmeting in Portofino, Italië. In dieselfde jaar word Stephanie Forrester en haar nemesis, Sally Spectra, saam dronk en Sally sny Stephanie se hare woes. Hope se maskerpart­ytjie in 2010 word ’n soennagmer­rie weens ’n vergissing.

DAYS

Die jong Allie Horton daag by Eric en Nicole se blykplek op met nuus – sy is swanger. Eric wonder of hy die waarheid aan sy suster moet onthul, en Lucas het slegte nuus vir Kate. Belle en Shawn-Douglas besoek Claire by Bayview, en Ciara is nie seker of Claire gou genoeg gaan herstel nie. Claire ontwikkel ’n vreemde obsessie met Ciara en Ben se komende troue. Jake, Ben en Ciara probeer Gwen vind, en Will en Sonny is bekommerd wanneer Gabi verdwyn.

Y&R (ROMANSE)

Joanne Manning maak ’n indruk op John Abbot, Victor maak Ashley die hof (1986), en Nick wil Sharon beïndruk deur haar op ’n fantasties­e vakansie te neem (2001). Michael wil met Lauren trou en vra om haar hand in die casino (2005). Chloe sê vir Kevin sy het hom lief en hulle soen passievol, en Daniel bring Oujaarsaan­d saam met Abby (2010) deur. Lily en Cane nooi in 2012 familie en vriende na ’n uithanggel­eentheid in Frankryk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa