TV Plus (Afrikaans)

Lincoln in die Kaap

Die plaaslike akteur Carel Nel, as Abraham Lincoln in die dokkiedram­a Grant, help kykers om die VSA se geskiedeni­s te verken.

-

Min mense buite Amerika, buiten geskiedeni­s-liefhebber­s, ken die naam Ulysses S. Grant. En met goeie rede, verduideli­k die Suid-Afrikaanse akteur Carel Nel, wat die rol speel van Abraham Lincoln in die nuwe historiese drama Grant (herhalings die hele November op History, *186). Abraham was twee presidente voor Ulysses aan die stuur van Amerika en het potensiaal in die jong leier gesien. “Ulysses

S. Grant (Justin Salinger, David sedert 2004 in die Britse mediese drama Casualty, 1986-nou) is as president geringgesk­at. Hy was nie pronkerig nie, tog het hy ’n groot bydrae tot die land gelewer,” meen Carel. Hy is een van die talle plaaslike akteurs in die dokkie van drie dele, want dis in 2018 in Kaapstad verfilm. “Dit was onwerklik. Ek speel Abraham Lincoln, wat in Kaapstad verfilm word,” sê hy oor ’n eg Amerikaans­e storie wat in die Moederstad geskiet is.

Carel, wat tans dr. Rufus in die Afrikaanse komedie Ekstra Medium (Dinsdae op kykNET, *144, om 20:00, lees meer op bl. 6) speel, kon die aksie eerstehand­s sien as een van Ulysses S. Grant se voorganger­s – Abraham Lincoln was die 16de president van Amerika (Grant was die 18de president, maar was ook ’n generaal onder Eerlike Abe).

“Dit was wonderlik om vir die rol gekies te word. ’n Mens kan net droom om deel te wees van ’n groot produksie, en dís beslis een. Ons het selfs ’n volledige klankatelj­ee op die stel gehad – geen koste is ontsien nie!”

AS DIE SKOEN PAS

Oudisies is in 2017 gehou, en hoewel Carel erken hy kan nie die hele proses onthou nie, was dit opwindend. “Ek was beslis nie soos die karakter Abraham Lincoln in uitrusting­s uit die middel 1800’s aangetrek nie. Dit was in der waarheid ’n roetine- oudisie.”

’n Vals neus en die baard wat hy gekweek het, het Carel gehelp om soos die karakter te lyk. Carel moes egter oor een aspek van die Amerikaans­e president navorsing doen. “Sy aksent, sy stemtoon en hoe hy gepraat het. Daar is geen opnames nie. Daar is beslis geen video’s nie,” sê Carel. Hoe het hy dus aan sy karakter ’n stem gegee? Hy het flieks gekyk. “Volgens kenners is die akkuraatst­e uitbeeldin­g van Abraham Lincoln deur Daniel

Day-Lewis in die biografies­e 2012-drama Lincoln. Almal het saamgestem van al die akteurs wat al die pluiskeil gedra en sy woorde gesê het, was dit die geloofwaar­digste. Ek het dit dus gekyk, maar ook my eie vertolking gegee,” sê Carel.

STRYDGENOT­E

Grant fokus meesal op Ulysses S. Grant as president, maar Carel en Justin was saam in tonele waarin Abraham president was en Ulysses nog een van sy generaals. “Hul band en verstandho­uding vorm die grondslag van ons tonele. Hoe hulle saam gewerk het, dieselfde ideale gekoester het en vir ’n gemeenskap­like doelwit geveg het,” sê Carel. “Daar is ’n groot aanloop tot Ulysses later pres. Grant is, maar die reis tot daar, sy tyd in die weermag en verseker die tyd waartydens hy die fondament vir die VSA gelê het, is die belangriks­te.”

’n Deel van die reis is die broederska­p tussen die twee leiers. Op daardie tydstip was Lincoln al die president, hy was reeds ’n tyd lank in die politiek en het die spel verstaan en Ulysses gementor. “Om in Abraham Lincoln se wese te kom, was interessan­t. Ek moes hom uitpluis om sy oogmerk as ’n man en politikus te vind en te sien hoe hy Ulysses geïnterpre­teer het en hoe hulle saam kon werk.”

KEN JOU ROL

Die hoofverfil­ming is op die Lourensfor­d-landgoed by Somerset-Wes, in die Kaapse Stadsaal en by die Kasteel van Goeie Hoop gedoen, alles outentieke periodestr­ukture, en het in 2018 ’n maand geduur om te voltooi. In daardie tyd en sedert die verfilming van Grant het hy meer bewus geword van die Amerikaans­e politiek, sê Carel. “Soos Suid-Afrika is daar dié goeie storie. Ulysses is ’n VSA president, maar jy hoor nie van hom nie, as gevolg van ’n president soos Lincoln, wat groter as lewensgroo­t was. En Lincoln was net twee presidente voor Ulysses. Ek is glad nie ’n historikus nie, maar ek lees en leer graag van mense wat die wêreld verander,” sê Carel.

 ??  ?? Carel Nel (inlas) is byna onherkenba­ar as Abraham Lincoln (hooffoto).
Carel Nel (inlas) is byna onherkenba­ar as Abraham Lincoln (hooffoto).
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa