TV Plus (Afrikaans)

ONTMOET DIE KARAKTERS

-

Daar is net sewe karakters in die minireeks, wat die storie meer intiem maak. Daar is een huis, ’n buurman, ’n kollega, ’n aflewering­sman en een raaisel wat opgelos moet word. Hier is meer oor die karakters naas Lena: Roelof, Lena se man, is 10 jaar jonger as sy en ’n rekenaaron­tleder. “Hy is geduldig, streng en regverdig, maar daar is donker goed in sy verlede wat hy goed wegsteek,” sê Pietie.

Henry (Christophe­r van der Westhuizen, Willem in die 2020-fliek Vergeet My Nie) is Lena se seun uit haar vorige mislukte huwelik. “Hy is ’n fyngevoeli­ge introvert wat op skool afgeknou word,” sê Liezl. “Soos baie tieners, hou hy homself dikwels besig agter geslote deure, meesal met sy rekenaarsp­eletjies. Dit breek Lena se hart dat hy geboelie word en sy wens hy wil met haar daaroor praat.” Marinette (Hanli Rolfes, Liesl Brand in seisoen 2 van Spoorloos, 2018-nou), Roelof se ma, ’n mooi,

lewenslust­ige en flambojant­e vrou met ’n carpe diem-houding. “Sy maak haar huis oop vir haar gaste en streef altyd na liefde en vreugde – never mind wat die mense sê,” vertel Tertius. “Onder hierdie persona skuil daar egter ook ’n diep hartseer.”

Ricky (Keenan Arrison, Danny in seisoen 1 van Sara Se Geheim, 2017-nou) is Lena se kollega en haar getrouste ondersteun­er in die polisie. “Hy is ’n forensiese deskundige wat heimlik, en al minder heimlik, verlief is op haar,” verklap Tertius.

Lodewyk (Paul Lückhoff, oom Wimpie sedert 2012 in Binnelande­rs, 2005-nou, lees meer op ble. 28, 29 en 47) is Marinette se buurman, ’n sluiper wat dikwels oor die muur loer. “Hy het al jare lank ’n obsessie met haar wat sy van tyd tot tyd tot haar voordeel aanwend,” sê Tertius.

Stuart (Cobus Venter,

Mr. Botha in die reeks Inconceiva­ble, 2020) is ’n aflewering­sman wat hom deur Marinette laat verlei.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa