TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

Ridge en Brooke het goeie nuus vir Eric, Zoe en Carter slaap saam, en Wyatt is hewig ontsteld wanneer Flo ’n hawelose Quinn nooi om in te trek. Zende begaan ’n groot flater by Forrester Creations, Quinn beplan wraak op Brooke, en Ridge kan nie ontslae raak van die beeld van ’n Steffy onder die invloed van dwelms wat ’n flitsmes rondswaai nie. Steffy gaan vir rehabilita­sie, Thomas se emosies is ’n warboel en hy probeer dr. Finn oor Liam waarsku. Dr. Finn loer ’n intieme oomblik tussen Thomas en Steffy af, en Ridge tree in wanneer sy stiefma, Quinn, Eric om vergifnis smeek.

DAYS

Iemand sinister sluip terug in Salem, en Kate kry rillings wanneer sy ’n eks raakloop wat sy nooit weer wou sien nie. Ben het baie op die hart en hy klop by John aan met die hoop op ’n simpatieke oor. Steve en Roman is bekommerd oor Kayla se gedrag, Nicole en Allie is gespanne wanneer Henry verdwyn, en Marlena is desperaat om Evan uit polisie-aanhouding vrygelaat te kry. Clyde lei Allie om die bos sodat sy hom by haar woonstel innooi, en Jennifer en Jack is verras wanneer hulle ’n brief van Hope kry. Chad raak agterdogti­g oor Gwen, en Rolf onthul sy nuutste wetenskapp­rojek.

Y&R

’n Verpletter­de Elena probeer die stukke van haar lewe optel, en Victoria waarsku Lily. Billy is op die agtervoet wanneer Phyllis om ’n guns vra, en Sharon en Nick is bekommerd oor Faith se vreemde gedrag. Lily probeer vir Billy reëls neerlê, Kevin verlekker hom in Adam se vernederin­g, en Nick reik uit na Phyllis, maar sy plan boemerang. Summer staan voor ’n moeilike besluit, Paul het verrassend­e nuus, en Elena is ontsteld wanneer sy sien Devon en Amanda bring meer tyd saam deur. Adam besluit om alle bande met sy pa te verbreek, en Chloe vertel Chelsea dis tyd dat sy nuut begin.

 ??  ?? Steffy (Jacqueline MacInnes Wood) is ’n gevaar vir haarself en haar geliefdes.
Steffy (Jacqueline MacInnes Wood) is ’n gevaar vir haarself en haar geliefdes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa