TV Plus (Afrikaans)

Gesoek: ’n kuur

Die National Geographic-dokkie Virus Hunters ondersoek die skakel tussen mense se gesondheid en ’n gesonde omgewing.

-

Ons het in 2020 die geweldige skade gesien wat ’n globale pandemie kan veroorsaak. Nou is die bio- ekoloog en epidemiolo­og, dr. Chris Gold, op die spoor van die volgende dodelike pandemie. In die dokkie Virus Hunters (Woensdag 25 November, National Geographic, *181, om 21:00), reis hy en ’n span die wêreld vol om veldwetens­kaplikes te ontmoet wat virusse bestudeer en hoe om die verspreidi­ng daarvan te beperk. Hulle maak die skakel tussen die siekte, die kultuur en die omgewing. Hul doel: Om uit te vind hoe om die volgende pandemie te voorkom voor dit nog uitbreek.

Chris sê: “Die hoofdoel vir my was om mense te kry om beter te verstaan hoe die omgewing en menslike gesondheid onlosmaakl­ik verbind is. Jy kan nie een in ag neem sonder die ander nie.

“Wanneer ons die oppervlak van die aarde herskep en verander – soos ons die afgelope 50 tot 100 jaar doen met die veranderin­g van onderligge­nde natuurlike stelsels – gaan dit ’n reuse-impak hê op, en gevolge vir, ons eie gesondheid. Ons moet werklik daaraan dink hoe ons paaie vorentoe kan ontwikkel wat omgewingsb­ewaring, sowel as die menslike gesondheid, ondersteun. En ons moet daaraan dink hoe die twee mekaar kan ondersteun. Virus Hunters wil oplosssing­s daarvoor gee.”

En dit was nie maklik om ’n dokkie te maak wat in verskillen­de lande – vanaf Amerika tot in Turkye en Liberië – tydens die inperking verfilm is nie.

JAAG ’N VIRUS

SONDER OM DIT TE KRY

“Ek het ook as ’n konsultant gedien, so ek was nogal betrokke by die beplanning,” sê Chris. “Die vervaardig­ers het ’n paar verskillen­de streke in gedagte gehad, en ons het aan idees gedink waar ons die storie kan verfilm. Ons het toe die liggings beperk gegrond op waarheen ons as Amerikaner­s tydens die pandemie kon reis – en dit was maar ’n handjie vol lande. Daar was ander opsies om te werk in Thailand, Madagaskar en Australië, maar al die lande was steeds toe vir ons [weens die inperking] . . . met goeie rede.”

“Die grootste hinderniss­e met die reis was ons eie vrees om aan die virus blootgeste­l te word, ons het dus vreeslike veiligheid­smaatreels getref tydens die reisproses. Ek het basies nie my huis voor die verfilming verlaat nie. Ons het nie eers daaraan gedink om winkels toe te gaan tydens daardie fase nie. Ons het elke oppervlak skoongevee waarmee ons in aanraking kon kom, ons het die heel dag maskers gedra tot ons in ons eie, geïsoleerd­e kamers was. Ons het ’n (veilige) borrel geskep met ons filmspan sodat ons kon skiet en reis. Ons het alles gedoen wat ons kon om besmetting te beperk,” sê Chris.

BESKERMING

Die Virus Hunters-span het nie net hulself beskerm nie. “Diere kan ook ’n risiko vir mense inhou wat oordraagba­re siektes betref, en andersom,” verduideli­k Chris.

“Ons het die sjimpansee-toevlugsoo­rd in Liberië besoek en was nie toegelaat om aan die sjimpansee­s te vat of kontak met hulle te maak nie. As hulle na jou toe gekom het om aan jou te raak en jou te ondersoek, moes ons stil staan en nie reageer nie.”

RED DIE OMGEWING EN ONS RED ONSSELF

Om die omgewing te beskerm vereis nie net dat mense minder kontak met diere het wat moontlik oordraagba­re siektes kan hê nie, maar dit verminder ook die druk op die diere self en maak hulle minder vatbaar om siektes te kry. “As ons dink aan die maniere waarop mense ’n impak het op byna elke ekostelsel in die wêreld – van ontbossing tot seevlakke wat styg, verstedeli­king en al die verskillen­de maniere waarop die omgewing verander – het dit alles ’n verwoesten­de invloed. Nie net op mense nie, maar ook op die wildlewe,” sê Chris.

“Wanneer ons die wildlewe skade berokken en diere verdere spanning veroorsaak, skep dit nóg kanse vir die virale oordrag van siektes. Deur te fokus op bewaring en kwessies van wildhandel, asook die interaksie tussen mense en diere, kan ons die volgende pandemie keer.”

 ??  ?? Dr. Chris Golden probeer die volgende pandemie in die toekoms vandag bestry.
Dr. Chris Golden probeer die volgende pandemie in die toekoms vandag bestry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa