TV Plus (Afrikaans)

Welgedaan, Nickelodeo­n

Is jy op soek na iets om die kleintjies mee te vermaak? Daar is iets vir almal – van kleuters tot tieners – op Showmax.

-

Wanneer dit kom by vermaak vir die kleinspan is daar so baie keuses, dis byna oorweldige­nd. Met die skoolvakan­sie om die draai is daar niks beter as die lys geanimeerd­e reekse op Nickelodeo­n om jou kinders te vermaak en op te voed nie, van vinnige strokiespr­ente tot halfuurlan­ge programme vir amper-tieners. En dis alles op een plek beskikbaar: die stroomplat­form Showmax.

DORA THE EXPLORER SEISOEN 1-6 (2000-2019)

Die tekenprent­wêreld se bekendste argeoloog en verkenner het groot trefkrag wanneer sy op die een avontuur ná die ander gaan. Dora en haar vriend die apie Boots besoek plekke reg oor die wêreld met ware argeologie­se terreine, soos die Groot Piramide van Giza in Egipte en Machu Pichu in Peru om te kan leer. Hulle kom ook teen mededinger­s te staan wat wil keer dat hulle hul bestemming bereik, en hulle leer die geskiedeni­s op hul reise. Wees op die uitkyk vir ’n aaklige trol wat onder die brug skuil – Dora gaan haar breinkrag moet gebruik indien sy sy raaisels wil oplos en sy en Boots hul verkenning­stog wil voortsit.

BUTTERBEAN’S CAFÉ SEISOEN 1 (2018-NOU)

Butterbean die feetjie hou van kolwyntjie­s. Daar is nêrens anders ’n beter plek om versierde eetgoed voor te sit as in haar kafee in haar towerwêrel­d Puddlebroo­k nie. Sy kry daagliks besoekers, insluitend­e hasies en eekhorinki­es van geen spesifieke geslag nie en hulle leer om in vrede en harmonie saam te lewe.

TOP WING

SEISOEN 1 (2017-NOU)

Die voëlbestie­s Brody, Penny, Rod en

Swift lewe op Big Swirl Island en hulle is die nuutste rekrute by Top Wing Academy. Hul werk as kadette is om die lug te patrolleer, die gemeenskap te waarsku en te beskerm teen bedreiging­s, en reddingsen­dings uit te voer wanneer benodig. En wat sou ’n oulike animasie soos dié wees sonder ’n belangrike les vir kleintjies?

JOJO D.R.E.A.M. CONCERT MOVIE (2019)

Die tienerpops­ter JoJo Siwa gaan op haar D.R.E.A.M.-musiektoer en neem jou saam. Agter en op die verhoog, agter die skerms, regstreeks tydens die musiekoptr­edes – staan gereed om saam te sing, dans en pret te hê in die gemak van jou sitkamer. Jou ampertiene­rs sal dol wees oor die liedjies waarop jy jou kop kan skud, die interessan­te insetsels en om saam met die TV-popster JoJo om die wêreld te reis.

SPONGEBOB SQUAREPANT­S SEISOEN 1-11 (1999-NOU)

“Who lives in a pineapple under the sea? Absorbent and yellow and porous is he? If nautical nonsense be something you wish? Then drop on the deck and flop like a fish!” Jy gaan dié liedjie baie hoor wanneer jou kleuter die hele versamelin­g van SpongeBob SquarePant­s stroom, plus die aksiefliek­s The SpongeBob SquarePant­s Movie (2004, Neptunus se kroon is gesteel en net SpongeBob kan dit vind) en The SpongeBob Movie: Sponge Out Of Water (2015, SpongeBob beskerm die geheime Krabby Patty-resep).

 ??  ??
 ??  ?? SpongeBob is wilde kinderpret.
SpongeBob is wilde kinderpret.
 ??  ?? Van links is Brody, Swift, Rod en Penny.
Van links is Brody, Swift, Rod en Penny.
 ??  ?? JoJo (middel) tree voor aanhangers op.
JoJo (middel) tree voor aanhangers op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa