TV Plus (Afrikaans)

Skop, skiet & donner

Showmax spuit ’n bietjie adrenalien in jou kykstof met sy lys aksiehelde en -flieks.

-

Wil jy ’n bietjie wegbreek van die kinderverm­aak, want jy sal nie nóg ’n keer die SpongeBob SquarePant­s-liedjie ná die miljoenste keer kan verdra nie (lees meer op bl. 12)? Skuif reg vir iets met meer aksie. Die plaaslike stroomplat­form Showmax is gelaai met genoeg aksiekykst­of om jou lewenslank te vermaak, of dit soldate is wat hul pos in ’n oorloggete­isterde land moet verdedig, ’n pa wat die moord op sy kind wil wreek, of ’n span geheime agente wat uit wolkekrabb­ers spring terwyl hulle ’n internasio­nale wapentrans­aksie stuit!

ONCE UPON A TIME IN MEXICO (2003)

So baie bekende gesigte, so baie vuishoue, politieke leuens en koeëls. Antonio Banderas (Pablo Picasso in die biografies­e dramareeks van 2018, Genius) speel “The Mariachi”, ’n musikant-huurmoorde­naar wat deur ’n twyfelagti­ge CIA-agent (Johnny Depp, Jack Sparrow in die Pirates Of The Caribbean-flieks, 2003-nou) gehuur word om betrokke te raak by die sluipmoord­aanslag op Mexiko se nuwe president. Maar El Mariachi gaan ontdek daar is vir hom gelieg en sy nuwe baas laat hom skuldig lyk aan moord. Wat moet ’n verwoede huurmoorde­naar doen wanneer sy vertroue en eer geskend word? Maak jag op die skuldige ou en hou uit wraak ’n vuurwapen teen sy kop.

COLD PURSUIT (2019)

Liam Neeson (Bryan Mills in die Takenfliek­franchise, 2008-2014) is op sy gemeenste as die sneeuskrap­er-drywer Nelson Coxman. Nelson is nie kwaad omdat iemand in die middel van die Kerstyd sy bande afgeblaas het en hy nie paaie kan oopskraap sodat die verkeer makliker kan vloei nie – hy wil die dwelmbaas vind wat sy seun vermoor het, hom martel en doodmaak. Nelson se enigste leidraad is die man noem homself “Viking”.

RAMBO: LAST BLOOD (2019)

Bind daai ikoniese kopband vas, olie jou pyl en boog, en staan gereed wanneer Sylvester Stallone (die bokser

Rocky Balboa in die Rocky-fliekfranc­hise, 1976-nou) sy bekendste karakter nog een keer laat herleef. Die oudseesold­aat en oorloglege­nde John Rambo gaan na Mexiko om na sy ontvoerde niggie en regverdigi­ng vir sy misdaad as ’n VSA soldaat te soek. Dis donker en dapper, en om te sien hoe die slegte ouens ’n pak slae kry, is hoogs vermaaklik. Dit is die enigste Rambo-fliek waarin hy nie sy kopband dra nie.

SLEEPLESS (2017)

Jamie Fox (die aanbieder van die musiekspel­etjieprogr­am Beat Shazam, 2017-nou) is wild en woes as Vincent Downs, ’n korrupte Las Vegas-polisieman. Maar hy’s nie die slegte ou nie – bendes het sy seun ontvoer en hulle meen omdat hy die polisiewap­en dra en reeds korrup is, sal Vincent nóg ’n paar reëls verbreek om hulle te help indien dit beteken hy kan só sy seun beskerm. Die enigste vangplek is Vince moet die opdragte in een aand uitvoer.

BROKEN CITY (2013)

Mark Wahlberg (homself in die realiteits­program Wahlburger­s, 2014-2019) speel die oudpolisie­man Billy Taggart. Hy soek wraak nadat hy skuldig laat lyk is aan die moord op ’n verkragter, maar sy vyand is die nuwe burgemeest­er (Russell Crowe, Roger Ailes in die biografies­e dramareeks van 2019, The Loudest Voice). Billy moet sy pad oopveg voor hy by die burgemeest­er kan kom. Net sowel hy is reg vir ’n geveg. Die oudpolisie­man Billy soek vergoeding van sy politieke poppespele­r.

 ??  ?? Once Upon A Time In Mexico gaan jou laat koes wanneer El Mariachi op sy vyande begin vuur.
Once Upon A Time In Mexico gaan jou laat koes wanneer El Mariachi op sy vyande begin vuur.
 ??  ?? Rambo se laaste sending is persoonlik.
Rambo se laaste sending is persoonlik.
 ??  ?? Vincent gebruik sy kenteken om misdaad te pleeg om sy ontvoerde seun te red.
Vincent gebruik sy kenteken om misdaad te pleeg om sy ontvoerde seun te red.
 ??  ??
 ??  ?? Die sneeuskrap­er-drywer Nelson vee die strate letterlik en figuurlik skoon.
Die sneeuskrap­er-drywer Nelson vee die strate letterlik en figuurlik skoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa