TV Plus (Afrikaans)

’n Reeksmoord­enaar in jou midde

Vier episodes van dinamiet wag op kykers in die nuwe sielkundig­e rilreeks.

- Siende Blind Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 20:30 (begin 24 November)

“Dit was nog altyd vir my ’n sterk sêding – siende blind – so ’n lekker oksimoron,” sê Tertius Kapp (skrywer van die reeks Die Spreeus 2019-nou), die skepper en skrywer van die nuwe sielkundig­e riller Siende Blind wat einde November op kykNET begin.

“Dit skakel natuurlik baie goed met die werk van ’n profielsam­esteller (soos die hoofkarakt­er in die reeks), wat soms kan voel hul tas in die donker rond op soek na reeksmoord­enaars,” voeg hy by. En dis presies wat in Siende Blind gebeur wanneer Lena Schoeman (Liezl de Kock, Bianca in die gruwelfilm Lyfstraf, 2012) besef sy is dalk daagliks in aanraking met ’n reeksmoord­enaar . . .

WAAROOR GAAN DIT?

Lena Schoeman is ’n profielsam­esteller by die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns en besluit om die inperking weens die Covid-19-pandemie saam met haar gesin by haar skoonma se huis deur te bring. Daar kyk Lena na ou onopgelost­e sake, en kom danksy ’n reeks leidrade vinnig agter daar is ’n reeksmoord­enaar in haar midde – en hy of sy bly onder dieselfde dak as haar gesin . . .

“Lena leef vir haar werk,” sê Liezl oor haar karakter. “Haar ma was ’n ongeloofli­ke speurder en is tragies deur ’n reeksmoord­enaar vermoor. ’n Deel van Lena het ’n profielsam­esteller geword sodat sy kan wraak neem vir haar ma se dood.

“Sy het van jongs af besef sy sien die wêreld ’n bietjie anders as die gewone mens. As ’n enigste kind het sy ook baie tyd in haar eie geselskap deurgebrin­g en in haar eie droomwêrel­d geleef.”

Lena se missie is om sake op te los en sy sal nie rus vir haar siel kry voor sy die reeksmoord­enaar op wie sy tans jag maak, vastrek nie – maak nie saak wie hy of sy is nie.

GROOT OPWINDING

Die nuwe skepping uit die pen van Tertius is net vier episodes lank, maar “dis vier episodes van dinamiet wat jy nie kan misloop nie,” sê die akteur

Pietie Beyers (die aanbieder van die vasvraprog­ram Blitsbrein, 2018-nou) wat die rol van Roelof Schoeman, Lena se man, speel (lees meer in die kassie hiernaas). “Die verfilming van die reeks was werklik uiters opwindend. Die sielkundig­e raaisel wat geskep word, gaan kykers se aandag prikkel en behou, en jy gaan saam met Lena agter die kap van die byl wil kom.”

DIE INSPIRASIE

Tertius sê hy het die skryfprose­s aangepak soos wat hy gewoonlik doen:

Deur ure en ure se navorsing te doen. “Ek is versot op reekse soos Mindhunter (2017-nou), waar die prooi se sielkundig­e samestelli­ng stukkie vir stukkie ontrafel word uit komplekse leidrade, woordkeuse­s, denkpatron­e, en ander spore wat slegs sigbaar is met die regte oë,” sê Tertius. “Die manier waarop byvoorbeel­d die Unabomber (Ted Kaczynski, ’n anargis en terroris) gevang is (in 1996 omdat hy bomme gestuur het wat drie mense se lewe geëis het), asook die ondersoek na die Zodiac-moordenaar (wat reeksmoord­e in die 1960’s en 1970’s gepleeg het en wie se identiteit steeds onbekend is) was beslis ook ’n inspirasie.”

Tertius het ook van Micki Pistorius, ’n plaaslike forensiese ondersoeke­r en sielkundig­e, se werk gebruik om die reeks te vorm. “Micki se werk is gelyk aan die beste ter wêreld, en haar teorie rondom sielkunde en reeksmoord­e is fassineren­d.”

DIE REEKSMOORD­ENAAR

Lena doop die reeksmoord­enaar Blindemol. “Sy kom agter die persoon was in dieselfde stede as haar skoonma Marinette en haar skoonpa, Ruan

(nie op die skerm nie) terwyl Roelof grootgewor­d het,” vertel Liezl.

Op Blindemol se moordtonel­e is ’n embleem gevind van ’n geheime organisasi­e, die Fakkeldrae­rs, en in ’n skokonthul­ling kom dit aan die lig Ruan was ’n lid van die organisasi­e. “Die meisies wat deur Blindemol vermoor is, was almal jonk – in hul vroeë twintigs – en die liggame was op ’n brutale manier uitgestal asof hy ’n boodskap wou agterlaat.” Die besonderhe­de vang Lena se aandag vas en namate sy meer tyd in Marinette se huis deurbring, kom sy op meer leidrade af wat haar reguit na Blindemol lei. Wie Blindemol is, mag ons nie verklap nie, maar teen episode 4

(15 Desember) sal die karakter se identiteit onthul word “en dit gaan nie net die kykers nie, maar ook vir Lena na haar asem laat snak,” sê Liezl.

 ??  ?? Lena is op die spoor van ’n reeksmoord­enaar.
Lena is op die spoor van ’n reeksmoord­enaar.
 ??  ?? Roelof (links) is bekommerd Lena raak obsessief in haar ondersoek.
Roelof (links) is bekommerd Lena raak obsessief in haar ondersoek.
 ??  ?? Lodewyk, die buurman, dra ’n masker omdat die reeks tydens die inperking verfilm is.
Lodewyk, die buurman, dra ’n masker omdat die reeks tydens die inperking verfilm is.
 ??  ?? Ricky, Lena se kollega, gee vir haar raad via ’n Skype-oproep.
Ricky, Lena se kollega, gee vir haar raad via ’n Skype-oproep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa