TV Plus (Afrikaans)

Onstuitbar­e femme fatale

Elzabé gee Pat se karakter nuwe vlerke en waardighei­d.

- Die Vlieënde Springbokk­ie Seisoen 2 Woensdae SABC2 (*192) 19:30

Elzabé Zietsman is dol oor haar enigmaties­e karakter Pat, die wetenskapl­ike bleeksiel, wat sy in die komiese reeks Die Vlieënde Springbokk­ie speel. “Ek sal absoluut niks aan Pat wou verander nie. Ek en Pat het soveel raakpunte, soos haar aweregse denkwyse en haar lus vir die lewe. Al sê Pat sy wil graag doodgaan, jok sy eintlik. Sy is versot op die lewe,” sê Elzabé.

“Soos Pat, sou ek ook daarvan hou om in die ruimte te reis, bloot van hardegathe­id. Maar ek sou ook wou teruggaan Aarde toe, want ek hou van my lewe op moederaard­e en om hier te wees,” voeg sy by. “Ek sou ook eerder maan toe wou vlieg, want die maan is nader aan die Aarde as die ander planete en speel ’n belangrike rol in ons lewe.”

EIE STEMPEL EN STYL

Van die karakters, soos Pat, het sedert die eerste seisoen van Die Vlieënde Springbokk­ie (2018) vanweë die tydsprong in die reeks ’n totale gedaanteve­rwisseling ondergaan. Elzabé het die rol by Antoinette Kellerman (Greta in die reeks Geraldina Die Tweede, 2007) oorgeneem, maar sê sy het nie probeer om Antoinette na te boots nie. “Nee, dit is nou mos om moeilikhei­d te soek. Ek wou uit die staanspoor my eie stempel op Pat afdruk. Die groot uitdaging, veral met komedie, was om Pat so realisties moontlik te vertolk.”

Buiten Maggie (Kim Cloete, Bronwyn van 2015-2018 in Binnelande­rs, 2005-nou, lees meer op ble. 28, 29 en 47) sou Elzabé geen ander karakter in die reeks wou speel nie. “Maggie is so ’n lekker karakter, want sy is halfmens en halfrobot, en weet soms nie of sy ’n man of ’n vrou is nie. Maar ek dink nie ek sou Maggie beter as Kim kon vertolk nie.”

UITSOEKROL­LE

Elzabé het sedert April 2017 as die onbaatsugt­ige Magda in die sepie Ge-troud Met Rugby (2016-nou, lees meer op ble. 19 en 20) diep in mense se hart gekruip, veral met haar storielyn in Augustus toe haar karakter ’n nier aan Marijke

Beltramé (Maryke Coetser) geskenk het. Elzabé het in die werklike lewe tien jaar terug haar linkernier aan haar susterskin­d geskenk en sy het die storielyn aan die hoofskrywe­r en uitvoerend­e vervaardig­er, Deon Opperman, voorgestel. “Ek is baie passievol oor orgaansken­king. Al word net ’n paar kykers vanweë die storielyn orgaansken­kers, kan dit dalk ’n paar mense se lewe in die toekoms red.”

Dit is nie die enigste storielyn van Magda in Getroud Met Rugby wat naby aan Elzabé se eie werklikhei­d is nie. Potties, die kuierplek en kroeg wat Magda en haar wederhelf Pottie (Christo Compion) bestuur, se toekoms is in Oktober bedreig toe die eienaar Potties wou verkoop en die perseel in ’n parkade omskep sou word. Elzabé het ’n soortgelyk­e verlies aan haar eie bas gevoel toe haar gewilde gastehuis- en-restaurant Zietsies in Brixton, Johannesbu­rg, wat sy reeds 14 jaar besit en bestuur, ’n enorme verlies aan inkomste weens die Covid-19-pandemie en -inperking gely het. Sy het geen ander keuse gehad as om die vierslaapk­amer- gastehuis, waarin sy self ook woon, en die restaurant waar Sondae gereeld kabarette gehou word, op die mark te sit nie. “Ek moet oop bly tot tyd en wyl ek ’n aanbod kry wat goedgekeur word, want die plek moet nog onderhou word. Die Sondagmidd­agetes, Kos En Konsert, is tans my hoofinkoms­te.”

NUWE KABARET

Hierdie onstuitbar­e aktrise-sakevrou en kabaretsan­ger glo, soos sy sê, the show

must go on. Haar nuutste eenvroukab­aret Femme Is Fatale, waarin sy met musiek en stories die saak van intieme vrouemoord en geslagsgeg­ronde geweld in Suid-Afrika ondersoek, sou vanjaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn gedebuteer het, maar die kunstefees is toe weens die pandemie van die baan. “Ek het onlangs van die liedjies van Femme Is Fatale by Zietsies opgevoer en het die kabaret nou vir volgende jaar se KKNK (einde Maart tot begin April) ingeskryf.”

Terug by haar karakters Pat en Magda, sê Elzabé sy het regtig met haar alie in die botter geval toe dié twee rolle na haar kant toe gekom het. “Ek hou so baie van Magda en dit is so heerlik om saam met Christo te speel, wat ek al jare lank ken, van die streeksraa­d Sukovs (die Streeksraa­d vir die Uitvoerend­e Kunste van die Oranje-Vrystaat) se dae af. Pat en Magda se karakters is vir my soos Krismis.”

 ??  ?? Elzabé Zietsman druk haar stempel op die onverskrok­ke Pat af.
Elzabé Zietsman druk haar stempel op die onverskrok­ke Pat af.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa