TV Plus (Afrikaans)

Ou spoke uit die verlede

Jordan wil wraak neem op die man wat sy lewe verwoes het.

-

Ses jaar gelede was die hulpafrige­r Jordan (Theodore Jantjies) en sy vrou en kind in ’n motorongel­uk toe Scott Ferreira (Bernard Jacobs), wat onder die invloed van alkohol was, met hul motor gebots het. Jordan het die ongeluk oorleef, maar sy vrou en kind is dood. Nou word die ou wonde weer oopgekrap wanneer Scott, wat aan strafbare manslag skuldig bevind is en tronk toe gestuur is, uit die bloute by Potties opdaag.

“Jordan het onlangs ’n oproep gekry Scott is op parool uit die tronk vrygelaat, maar hy word heeltemal onkant betrap wanneer Scott in Potties sy verskyning maak en hom om verskoning wil vra,” vertel Theodore. En dis nie lank nie of ’n konfrontas­ie met ’n vuurwapen verander albei se lewe vir altyd.

OPGEKROPTE WOEDE

Die saggeaarde Jordan is buite homself van woede wanneer Scott hom nader. “In die eerste plek dink hy die man moes lewenslank in die tronk gesit het, want hy het Jordan se hele lewe verwoes. En tweedens dink hy die man is baie vermetel om sy gesig in ’n openbare plek te wys,” sê hy.

Jordan was verpletter deur sy vrou en enigste kind se dood. “Ná die ongeluk het hy vir sowat vyf jaar Nieu-Seeland toe verhuis om van die werklikhei­d te ontsnap. Jordan het nooit vir berading gegaan nie, en die woede het al die jare net ál hoe meer opgekrop,” vertel hy.

WRAAKGEDAG­TES

Die hand van versoening wat Scott na Jordan uitsteek, laat nie die wrok wat Jordan al jare lank teen hom koester sommer verdwyn nie. “Jordan skaf vir hom ’n rewolwer aan en begin Scott agtervolg. Hy wil hê geregtighe­id moet geskied.”

Maar dan kom ’n groot keerpunt in Jordan se lewe: “Wanneer Jordan Scott prontuit konfrontee­r en die rewolwer op Scott rig, besef hy hy sal Scott moet vergewe. As hy dit nie self doen nie, bly hy wat Jordan is eintlik ook in ’n tronk en gaan vir die res van sy lewe verbitterd wees.”

Dit is ’n aangrypend­e en emosionele oomblik wanneer Jordan tot besinning kom, vertel Theodore. “Dit is asof iets heeltemal in hom oopbreek en al sy woede, frustrasie en die wrok wat al die jare opgebou het, soos ’n sweer oopbars.”

Gelukkig kan Jordan nou uiteindeli­k weer vrede en berusting vind. “Wanneer hy by hierdie kruispad kom, kan hy weer met sy lewe voortgaan.”

 ??  ?? Jordan (links) sukkel om Scott vir sy misstap in die verlede te vergewe.
Jordan (links) sukkel om Scott vir sy misstap in die verlede te vergewe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa