TV Plus (Afrikaans)

Welkom in die Laan!

Drie nuwe akteurs sorg vir hope nuwe drama.

-

Kykers was baie ontsteld toe so baie karakters 7de Laan (2000nou) verlaat het weens die bomontplof­fing begin Oktober. Esti (Reandi Grey) en haar pasgetroud­e man, Rickus (André Lotter), sou op hul wittebrood vertrek, toe sy terugdraai vir iets. Daar was ’n ontploffin­g en sy is onder die bourommel vasgevang. Sy het erge breinskade opgedoen en is na ’n privaat kliniek oorgeplaas, en dit was die laaste sien van haar. Nóg ’n slagoffer van die ontploffin­g was die geliefde Kopano (Thabo Mhlanga) wat omgekom het.

Boonoop het Justin (Dann-Jaques Mouton) besluit hy het genoeg gehad van sy meisie Bonita (Hildegardt Whites) en die misterie rondom wie sy pa is, en laat Oktober sy tasse gepak en Ierland toe gevlieg om by sy seun, Luka (nie op die skerm nie), te wees.

Maar dis weg met die oue en in met die nuwe: Van middel November af sluit drie nuwe karakters by die sepie aan wat gaan sorg vir nuwe drama, romanse en opwinding.

DIE FAMILIE-MEISIE

Die 23-jarige Crushanda

(Shady) Vermeulen (Beáta Bena Green, Kim Claasen vanaf 2018-2019 in die sepie Arendsvlei, 2018-nou, lees meer op ble. 24 en 25) is ’n regte vuurvreter wat nie nonsens vat nie.

“Sy het haar familie in Port Elizabeth afgeskryf en gaan soek na haar tannie Bonita,” vertel die 24-jarige Beáta van die Paarl in die Wes-Kaap.

“Shady het baie drome. Een daarvan is om ’n loopbaan in die skoonheids­bedryf te begin. Sy lyk dalk soos ’n ruwe diamant en tree baie butch op, maar sy is eintlik ’n groot softie. Sy hou daarvan om mooi klere aan te trek en gebruik net die allerbeste skoonheids­produkte.”

Die ander groot rede waarom sy by Bonita aanklop, is om uit te vind waar haar pa, Trigger (Ruben Engel), Bonita se broer, is. “Sy het laas gehoor hy was nog in die tronk weens ’n gewapende rooftog wat skeefgeloo­p het, maar sy het lanklaas met hom kontak gehad en wil nou meer van hom weet,” verklap Beáta.

DIE HARTEBREKE­R

Hoewel daar genoeg hartebreke­rs in Hillside is, is daar altyd plek vir nóg een.

Die 21-jarige Ludwig (Ludo)

Venter (Rubin Wissing) is nog nat agter die ore en hou daarvan om meisies om sy pinkie te draai.

“Hy is vol sjarme en dink baie van homself. Hy is ’n regte hipster en flirt, en het ’n stout kant aan hom,” skerts die 24-jarige Durbaniet, wat ’n nuweling op TV is. “Ludo is oorspronkl­ik van Pretoria, het in Stellenbos­ch gestudeer en na Johannesbu­rg getrek op soek na groener weivelde. Hy beland toe in Hillside.”

Ludo het sy eie besigheid, Ludo

Love, wat pasmaats vir mense soek. “Hy gebruik dit nie self nie, want hy weet hy trek meisies se aandag.”

Aanvanklik het Ludo vriende gemaak met die boetiekbes­tuurder Connie

(Quinne Brown Huffman) en later ontmoet hy die Oppiekoffi­e-kelnerin Gabby

(Blyde Smit). “Hy is dol oor

Gabby,” bieg Rubin. “Hy dink sy is die mooiste meisie wat hy al ooit ontmoet het en probeer haar aandag wen. Of dit gaan werk, sal kykers maar moet wag en sien,” terg Rubin.

DIE MAN VOL GEHEIME

Die amper 40-jarige Byron Bromberg (gespeel deur Ruben Engel, wat ook die rol van Trigger vertolk) het skielik by Hillside ingewaai. “Vanessa (Ingrid Paulus) het een aand laat ’n pap wiel gekry en hy het haar gehelp. Hy was heeltemal onkant gevang deur hoe mooi sy is (lees meer op ble. 22 en 23),” vertel Ruben (hy was Lloyd Delport vanaf 2017-2018, in die sepie Suidooster, 2015-nou, lees meer op ble. 26 en 27). “Hulle begin ’n warrelwind romanse wat vir ’n hele tyd gaan aanhou,” sê die 37-jarige Kapenaar.

Ruben som Byron op as ’n regte heer; ’n ridder op ’n wit perd en altyd reg om iemand in nood te help.

“Hy is een van daardie mense van wie jy dadelik sal hou wanneer jy hom ontmoet. Hy loop altyd met ’n groot glimlag op sy gesig en vind dit moeilik om vir iemand nee te sê. Hy is sy eie beste vriend.”

 ??  ?? Hildegardt Whites (Bonita, links) saam met twee van die nuwe akteurs, Ruben Engel (Byron/ Trigger, middel) en Beáta Bena Green (Shady), wat onlangs by die Laan aangesluit het.
Hildegardt Whites (Bonita, links) saam met twee van die nuwe akteurs, Ruben Engel (Byron/ Trigger, middel) en Beáta Bena Green (Shady), wat onlangs by die Laan aangesluit het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa