TV Plus (Afrikaans)

’n Wegbreek-verrassing

Is Jake die regte doepa vir Beatrice se gebroke hart?

-

Beatrice (Jolene Martin) het breekpunt bereik . . . Die hoof van die Hoërskool Arendsvlei is stukkend sedert haar eksverloof­de, Hamilton Wolfe (Kevin Smith), einde Oktober weer in haar lewe gekom het en hulle boonop moes saam werk.

“Hamilton se prokureurs­firma is in ’n vennootska­p met die skool en bied beurse vir skoliere aan. Hamilton het sy vennoot, Connie Mtshali (Vicky Kente), se pos oorgeneem en nou moet Beatrice elke liewe dag saam met hom werk. En dit is eenvoudig net te veel vir haar,” sê Jolene.

Die seer van hul gebroke verhouding en Hamilton se versoening met sy eksvrou, Olivia (Kim Cloete), in Julie vanjaar, asook die onlangse nuus dat Olivia hul kind verwag, is vir Beatrice net te erg om te hanteer. Dus vlug sy na ’n vakansieoo­rd in Bormanshoe­k om weer asem te haal, en tydens haar wegbreek kruis haar pad met die sjarmante Jake (Clayton Evertson, Raymond in die rilreeks Die Spreeus, 2019-nou) wat dalk net haar gebroke hart kan genees.

WEG VAN DIE SEER

Arendsvlei het Beatrice se persoonlik­e hel geword. “Toe Hamilton nou weer opdaag, was dit die laaste strooi,” vertel

Jolene. “Sy het uit Arendsvlei gevlug en vir niemand gesê waarheen sy gaan nie. Beatrice kon net nie meer op die plek wees wat haar jaar ná jaar hartseer besorg nie. Dit was die een slag op die ander en sy het nog nie een keer ’n ruskans gekry nie.”

Aunty Gertie (Celeste Matthews), Beatrice se ma, smeek haar om terug te kom, maar Beatrice wil niks weet nie, en dus moet die skool se beheerligg­aam intree en ’n nuwe tydelike hoof in Beatrice se plek aanstel. En dis niemand anders nie as Beatrice se bestie, Ronel (Melanie du

Bois) . . .

MIN GEPLA

Beatrice is in dié stadium nie veel gepla oor wie haar verantwoor­delikhede by die skool hanteer nie. “Die wegbreek doen haar goed. Sy het die kans om vir haarself te dink sonder mense wat vir haar voorsê wat om te dink en hoe om te voel. Beatrice gebruik hierdie tyd om haar kop skoon te kry, en tans dink sy nog glad nie aan terugkeer Arendsvlei toe nie.”

Jake se opwagting by die vakansieoo­rd trek haar aandag, want hul paaie kruis gedurig, maar aanvanklik is sy nie beïndruk met die man nie. “Dis die een plek waar sy nie rondom mans wil wees nie, en nou is hy orals te sien,” sê Jolene. “Sy gee hom ’n moeilike tyd, maar wie weet? Dalk is die afleiding presies wat sy nodig het,” voeg die aktrise kripties by.

NUUSKIERIG­HEID GEPRIKKEL

Beatrice se vakansie duur voort en sy probeer hard om te ontspan en van haar pyn te vergeet, maar Jake is die hele tyd in haar pad. “Sy begin dink die man agtervolg haar, en dit krap haar om, maar snaaks genoeg prikkel hy terselfder­tyd haar nuuskierig­heid.”

Later onderbreek Jake Beatrice se Skype-oproep met haar dogter, Sam (Maria Valente De Almeida) – wat tans in Frankryk studeer – wanneer hul paaie weer kruis. “Beatrice is dadelik op haar senuwees wanneer sy besef die man is alweer in haar teenwoordi­gheid en knip sommer vinnig haar geselsie met haar dogter kort voor Sam te veel vrae oor die man vra,” verklap Jolene.

Jake sien dit raak, maar besluit om nie ’n groot bohaai daaroor te maak nie, want vir hom is dit duidelik Beatrice hou tog moontlik op een of ander vlak van hom. Is dit dalk uiteindeli­k ware liefde?

 ??  ?? Jake (links) is ’n goeie afleiding vir Beatrice.
Jake (links) is ’n goeie afleiding vir Beatrice.
 ??  ?? Beatrice (links) se lewe het in duie gestort toe Hamilton terugkeer.
Beatrice (links) se lewe het in duie gestort toe Hamilton terugkeer.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa