TV Plus (Afrikaans)

’n Ekskêrel met ’n missie

Bompie soek Monique terug as sy meisie, en hy sal enigiets doen om sy sin kry!

-

Monique (Robyn Rossouw) het pas ware liefde by haar beste vriend en dansmaat, Anton (Dean Richard Olivier), gevind en nou word dit deur haar ekskêrel, die bose Bompie (Jarrid Geduld), bedreig!

Bompie is die seun van Arendsvlei se grootste bendebaas Desmond Galant (nie op die skerm nie). Bompie het in Junie die aftog geblaas nadat hy die skrik op die lyf gejaag is deur die skurk Steve (Elton Landrew) toe hy en Monique uitgemaak het en Bompie nie wou aanvaar dis verby tussen hulle nie. “Maar nou is Steve is dood en Bompie soek wat aan hom behoort terug. En dis Monique,” sê Jarrid.

’N AAND BEDERF

“Monique is bang vir Bompie,” erken Robyn. Hy het destyds een van sy skelm pelle gekry om haar aan te val om haar in sy arms in te dryf vir troos en beskerming, maar hy het haar net gemanipule­er en seergemaak. “En net toe Monique dink sy is besig om met Anton aan te beweeg, is Bompie skielik terug.”

Maar Monique gaan normaal haar gang en nooi haar vriendinne vir ’n aandjie uit. “Die girl’s night word egter bederf, want niemand anders nie as Bompie daag daar op. Monique is briesend! En die ergste van alles is een van haar vriendinne het ’n ogie op Bompie en maak seker hy bly sommer die hele aand terwyl hulle kuier.”

NÓG ’N KANS

Intussen besluit die arrogante Bompie om Monique nóg ’n kans te gee. “Iemand soos Bompie, wat dink hy het baie mag, dink Monique sal weer vir hom val,” sê Jarrid. Maar Monique laat hom verstaan sy sal nooit weer sy meisie wees nie. Dis ’n dapper verklaring, maar dit vuur Bompie se woede aan. En dinge vererger wanneer Anton vir Bompie waarsku om Monique uit te los. “Niemand sê vir Bompie wat om te doen nie,” vertel Jarrid. “Veral nie die ou wat tans sy hande op die liefde van sy (Bompie se) lewe het nie. Volgens Bompie is Anton net ’n dead man walking.”

GELUK EN HARTSEER Yvette

(Charlene le Roux), Monique se ma, verras haar met ’n spesiale geskenk op haar 18de verjaardag wat Monique in trane het. “Haar ma het elke jaar met Monique se verjaardag vir haar ’n amulet gekoop vir ’n geluksarmb­and en nou gee sy haar al 18 op haar verjaardag vir haar dié armband met al 18 amulette. Dit beteken die wêreld vir haar.” Maar Monique se geluk is van korte duur, want net daarna gebeur iets afgrysliks met haar wat Arendsvlei ruk. Ons mag dit nie verklap nie, maar ná die grudaad verander alles . . .

 ??  ?? Bompie is terug en hy wil met alle mag met sy eksmeisie, Monique (inlas), versoen.
Bompie is terug en hy wil met alle mag met sy eksmeisie, Monique (inlas), versoen.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa