TV Plus (Afrikaans)

Twee manne wil vlerksleep

Imraan is terug in Ruiterbosc­h en wil hê Kaashifa moet weer sy meisie wees, maar Junaid is hom een voor.

-

Daar is vuurwerk in die lug, want twee van Kaashifa (Jaawahier Petersen) se ekskêrels, Imraan (Marlo Minnaar) en Junaid (Hein Poole) wil met haar versoen! Die sjef by die Oos-Wes-restaurant het probeer vrede maak met haar lewe as enkelloper nadat haar en Imraan se verlowing in September verbreek is omdat Imraan koue voete gekry het. Maar nou is hy terug en maak dit duidelik hy het nog gevoelens vir haar. En net wanneer dit lyk of Kaashi ook weer vir Imraam val, daag Junaid, nóg ’n ekskêrel van haar, uit die bloute op en vra haar ook vir nog ’n kans! Wie gaan sy kies?

ONGEMAKLIK­E ONTMOETING

“Imraan het ná sy verhouding met Kaashifa gely en het besluit om eerder Ruiterbosc­h vaarwel toe te roep en na sy tuisdorp, Beaufort-Wes, terug te keer,” sê Marlo. “Maar hy het besef hy wil na die stad teruggaan, want dit is nie net voordelig vir sy loopbaan as apteektegn­ikus nie, hy mis ook vir Kaashifa.”

Toe hy dus hoor AB (Cedwyn Joel) het sy dienste by sy apteek nodig (lees meer op bl. 26) het hy hom na Ruiterbosc­h gehaas.

Kaashifa is geskok om Imraan weer te sien. “Sy loop hom in die apteek raak en dinge is ongemaklik, maar heimlik is dit lekker om hom weer te sien,” verklap Jawaahier. Die man laat Kaashi se hart bokspring, maar omdat sy nie weer wil seerkry nie, wil sy haar nie oorgee aan haar gevoelens nie. Sy besluit om eerder te vlug wanneer Imraan by hul vriend Ty (Maurice

Paige) se braai-kuier opdaag.”

DIE VONKE SPAT

Intussen besluit Ty om Kupido te speel en nooi sy vriende – insluitend­e Imraan en Kaashi – na ’n speletjies­aand. “Ty dink dis simpel dat Imraan en Kaashi net vriende wil wees wanneer daar duidelik meer is tussen hulle,” sê Marlo. Daarom maak Ty seker hulle is saam in ’n span wanneer hulle 30 Seconds speel en die vonke tussen die twee begin spat.

Imraan vra Kaashifa daarna op ’n afspraak. “Hy maak vir haar aandete, maar dis ’n bietjie van ’n flop. Tog blus dit nie die chemistry tussen hulle nie,” sê Marlo.

MEDEDINGIN­G VIR IMRAAN

Kaashifa se voete word egter kort daarna weer onder haar uitgeslaan wanneer Junaid onverwags in Oos-Wes opdaag en haar uitvra. “Junaid maak dit nie maklik om nee te sê nie,” sê Jawaahier. “Hy is sjarmant en lyk soos ’n nuwe mens, want weg is die vaal weergawe van hom – hy het ’n nuwe lus vir die lewe en dit vind Kaashifa baie aantreklik.”

Imraan is nors wanneer hy uitvind Junaid sleep ook vlerk by Kaashifa. Maar hy gaan nie opgee nie. “Imraan gaan baklei vir Kaashifa en hul liefde,” sê Marlo en klink sommer vasberade.

 ??  ?? Junaid (links) en Imraan (inlas) het hul oog op Kaashifa (regs).
Junaid (links) en Imraan (inlas) het hul oog op Kaashifa (regs).
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa